1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7037236

Besoekers aanlyn

Ons het 46 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

DIE OES WAT ONS OPLEWER

BybelMatt. 21:33-46

En toe die vrugtetyd nader kom, stuur hy sy diensknegte na die landbouers om sy vrugte te ontvang. Maar die landbouers het sy diensknegte geneem en een geslaan en n ander een doodgemaak en n ander een gestenig. (:34&35).

Daarom sê Ek vir julle: Die koninkryk van God sal van julle weggeneem en aan n volk gegee word wat die vrugte daarvan sal dra. (:43).

Dit is interessant hoedat God in verskillende tye deur n soortgelyke gelykenis tot Sy kinders spreek. Hy het in die tyd van Jesaja Sy volk oor hul vrugtelose geloofslewe aangespreek. En Hy het dit omgespit en die klippe daar uitgehaal en dit beplant met edel wingerdstokke; en Hy het n toring daar binne-in gebou en ook n parskuip daarin uitgekap; en Hy het verwag dat dit druiwe sou dra, maar dit het wilde druiwe voortgebring. (Jes. 5:2). En baie jare later stuur God Sy geliefde Seun om hierdie selfde boodskap weer by Sy volk in te skerp. LUISTER na n ander gelykenis: Daar was n sekere huisheer wat n wingerd geplant het; en hy het n heining daarom gesit en n parskuip daarin gegrawe en n wagtoring gebou, en hy het dit aan landbouers verhuur en op reis gegaan. (Matt. 21:33).

Ons het in ons dae ook nodig om weer hierdie gelykenis op n gereelde grondslag te hoor. Ons raak so vasgevang in ons gejaagde roetines dat daar in ons lewens weinig tyd ingeruim word om oorweging te skenk aan dit wat God van ons verwag. Dit is selfs al te veel moeite vir die meerderheid van ons volksgenote om net een dag in die week af te staan om genoegsame tyd aan God te wy laat staan nog dat ons elke dag vir God tyd sal inruim. Ons bring eerder op die Sabbat ons tyd in winkelsentrums, restaurante en pretparke deur. En baie ander mense bring dalk n rustiger dag sommer by die huis deur rustig voor die televisie besig om motorsport, krieket of tennis te kyk. Dalk word selfs die sport n bietjie vermy, maar vermaaklikheid films (lasterlike taalgebruik en al) is darem rustig genoeg.

Ons wil onsself deesdae al te maklik troos met maar ek doen niemand kwaad nie. Snert, jy doen jouself kwaad aan deur nie jou siel te versorg en jou verhouding met jou Skepper te koester nie. Sal n boer met sy voorman tevrede wees wat nie die jaar geplant het nie omdat hy te lui was en dan die volgende verskoning probeer aanvoor - "ons het ten minste niemand skade aangedoen nie - ons het nie 'n misoes gehad nie?" En wat meer is, is dat jy jou volk skade aandoen. Ons besef dit dalk nie omdat ons totaal en al individualisties geraak het. Is ons nie veronderstel om in hierdie benoude toestand waarin ons volk verkeer te besef dat dit tyd is om dalk eerder op ons knieë voor God te staan in plaas daarvan om my met een of ander ligsinnige vermaak besig te hou nie?

Ons wil gedurig goeie dinge spreek oor die land en sy mense en elke tweede Jan-Rap matig homself of haarself die reg die aan om seënwense uit te spreek. En hierdie mense belowe elke jaar dat hierdie jaar die jaar is waarin die goddelose nuwe Suid-Afrika se Utopia gaan aanbreek. Elke jaar sien ons in teenstelling met hierdie uitsprake (beloftes?) meer staatinstellings bankrot speel, groter chaos met betogings en plundering as die vorige jaar, meer belasting fondse wat verkwis word en nog meer onskuldige bloed wat in die land se strate vloei. En weet u wat ons ken die Woord van God só sleg dat ons nie eers kan sien dat hierdie profete wie se woorde en voorspellings nooit uitkom nie eerder God se grimmigheid wek as wat dit seën bring. Laat al die ballinge weet: So sê die HERE aangaande Semája, die Nehelamiet: Omdat Semája vir julle geprofeteer het sonder dat hy deur My gestuur is, en hy julle op leuens laat vertrou het, daarom, so sê die HERE: Kyk, Ek doen besoeking oor Semája, die Nehelamiet, en oor sy geslag; hy sal niemand hê wat onder hierdie volk woon nie, en hy sal die goeie nie sien wat Ek aan my volk sal doen nie, spreek die HERE; want hy het teen die HERE afval verkondig. (Jer. 29:31-32).

Dit is tog duidelik dat die Here oor die groter deel van ons volk Sy grimmigheid en verwoesting uitgiet eerder as n seën wat mense wat uit hulself spreek so graag wil voorhou. En Ek sal hulle agtervolg met die swaard, die hongersnood en die pes; en Ek sal hulle n skrikbeeld maak vir al die koninkryke van die aarde: n voorwerp van vervloeking, van verbasing, van bespotting en van smaad onder al die volke waarheen Ek hulle verdryf het; omdat hulle na my woorde nie geluister het nie, spreek die HERE, waarmee Ek my knegte, die profete, na hulle gestuur het, vroeg en laat, sonder dat julle geluister het, spreek die HERE. (Jer. 29:18&19).

God bring nie hierdie straf oor ons omdat Hy liefdeloos is of tot leedvermaak nie. Hy motiveer die rede vir hierdie tug omdat ons nie luister na die Woorde van die HERE, of na Sy knegte wat vroeg en laat gestuur word nie.

Ons moet dalk n volgende keer wanneer ons so deur ons land ry en die vuil, verwoesting en verval gade slaan onsself die vraag afvra of dit ook die haglike toestand is waarin my geloofslewe voor God se oë is? En is dit vir Hom aangenaam om dit te sien eerder as n mooi bewerkte land met n belowende oes daarop?

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie