Afrikaner

6 SEPTEMBER 1966. 'N POLITIEKE RUKWIND IN SUID AFRIKA!

Bloedplas op die vloerIn 'n Bloedplas op die vloer van die parlementsgebou was die getuienis op 6 september 1966 onuitwisbaar vasgelê. Getuienis van die moord op die beleidsrigting waardeur vreedsame naasbestaan, vooruitgang en voorspoed vir die volkere verskeidenheid in Suid Afrika, en as voorbeeld vir die wêreld daarbuite, sigbaar, suksesvol en uitvoerbaar soos wat dit was, in die doofpot gestop is. 

 

Die voorspelde verval, chaos en anargie indien daardie beleid vervang moes word deur die teenhang daarvan, is vandag getuienis van sy begrip en insig. 'n Dolk in die hart van die voorspoed wat Suid Afrika beleef het, wat nou bloei en bloei en bloei! Die magdom van samesweringshande wat daadie dolk gedryf het, nou oorgegee aan ander jonger dwase hande wat dit Dr. H. F. Verwoerdverder draai en dieper dryf, beneweld deur postmoderne humanisme en liberale drogredenasies van rassisme en "wit nasionalisme".

 

Laat ons Afrikanervolk nugter kennis neem van die dwaalpad wat gekies is na sy moord en tot besinning kom! Die geskiedenis maan ons!QUO VADIS AFRIKANERS?