Garret Geer skryf onder die opskrif, Beware the usefull idiots, ‘n interressante vereenvoudiging van Saul Alinsky, van die oorspronklike plan vir wêrelddomminansie van Vladimir Stalin, onder Kommunistiese heerskappy.
Dit was Stalin wat na sy “bekeerdes” as usefull idiots verwys het. Saul Alinsky is nagenoeg 47 jaar gelede dood op 12 Junie 1972. Sy geskrifte, volgens Greer, beïnvloed egter vandag nog die Amerikaanse politici wat die VSA beheer en bestuur. Hillary Clinton se tesis berus bv. op Alinsky se geskrifte en ook Obama verwys na hom in die boeke wat hy skryf. Twee van Alinsky se boeke is “Rules for Radicals en Reveille for radicals.” Volgens Greer is al agt voorskrifte in Alinsky se boeke reeds in Amerika van toepassing!
Wat interressant is vir Suid Afrika, is dat dit opmerklik is dat al agt maatreëls of voorskrifte waarna Garret Geer verwys, ook by ons al aangewend en in werking is! In Alinsky se “How to create a social state: There are eight levels of control that must be obtained before you are able to create a social state. The first is the most important.
1 GESONDHEIDSORG:--Beheer gesondheidsorg en jy beheer die mensdom
2 ARMMOEDE:--Verhoog die vlak van armmoede so hoog moontlik; arm mense is makliker om te beheer en hulle veg nie terug as jy alles aan hulle voorsien wat vir hulle nodig is om te leef nie.
3 SKULD:--Verhoog skuld tot ‘n onhanteerbare vlak. Sodoende is jy instaat om belastings te verhoog wat armmoede in die hand werk
4 WAPENBEHEER:--Verwyder die vermoë van selfbeskerming teen die regering. Dit stel jou instaat om ‘n polisiestaat te vestig
5 WELVAART:--Neem beheer oor elke aspek van hulle lewe. (Voedsel, behuising en inkomste)
6 ONDERWYS EN OPVOEDING:--Neem beheer oor wat mense lees en na luister en beheer wat kinders op skool leer.
7 GELOOF:--Verwyder die geloof in God van die regering en skole.
8 KLASSESTRYD:--Verdeel die mense in ryk en arm dele. Dit sal meer ongelukkigheid veroorsaak en dit makliker maak om van die rykes te vat (te belas) met ondersteuning van die armes
Stem u saam dat hierdie agt maatreëls reeds in Suid Afrika in werking is?
Die “Usefull Idiots” is aangewend om elke volk en nasie waar hulle in beheer gekom het te vernietig. Die noodsaaklike voorbereiding vir die “Nuwe Wêreld Orde” van Een Regering, Een Geldstelsel, Een godsdiens. Dit begin met die “onskuldige” Humanisme, Sosialisme en afbreek van rasverskille om uit te kom by rasseintegrasie waar alle verskille van ras, geslag, godsdiens, taal en kultuur verwyder moet word.
‘n Oorkoepelende organisasie is daarvoor op die been gebring in 1951 in London Engeland, met die titel Socialist International wat reeds wêreldwyd funksioneer met 153 permanente lede en ‘n begroting van 1.4 miljoen pond.
‘n Uittreksel uit ‘n boek van mnr. Jaap Marais dui duidelik aan die hand van Alinsky se riglyne, hoe die sosialisme aangewend is om die Afrikanervolk te verkneg onder die swak leierskap van “Usefull Idiots”
Omdat dit Afrikaners is wat die politieke mag het en ter wille van "vrede" die oorlog staak wat gewen kon word, roer daar in baie van die Afrikanervolk die verontrustende vermoede dat hulle verraai word.
Die geskiedenis wat gelei het tot die huidige vredesonderhandelings tussen die NP-regering en die ANC-SAKP, is die verhaal van inboeting deur die De Klerk-regering van een beginsel na die ander, en die versinsel van een verskoning na die ander om elke onreg wat die Afrikanervolk aangedoen word, as reg voor te stel.
Om hierdie gevaarlike punt te bereik, het meer as twintig jaar geduur, en het aangevang met die sluipmoord op dr. HF Verwoerd. Dit het 'n proses geword van vernietiging van die Afrikanervolk se geestelike grondslae, van ondermyning van sy moreel, van verwerping van sy waardes, en van verwarring van sy denke. Deur alles van die Afrikanervolk in twyfel te trek en af te breek, is 'n leegte gelaat waarin 'n gemoedstoestand, 'n dampkring vir 'n skuldgevoel geskep is om Afrikaners aanhoudend en oor elke strydvraag in die beskuldigdebank te plaas.
Die aanspraak is dat verandering van alles moet geskied — niks is blywend en duursaam nie; alles is blootgestel aan twyfel. Alle waardes en standaarde van moraliteit en gedrag moet bevraag, betwyfcl, verander en vervang word. Elke afwyking van beginsel is gerasionaliseer deur 'n berocp op veranderde omstandighede, en elke aandrang op handhawing van beginsel is afgemaak as versteuring van eenheid, as weiering om die werklikheid te erken en as wantroue in die bedoelings van leiers wat uit 'n Afrikaans nasionale agtergrond kom.
As alles betwyfel word, vir niks ontsagbetoon word nie, alles verander moet word, dan is die slotsom onvermydelik: 'n volk wat niks geldigs het nie, wat niks heilig ag nie, waar alles hervorm moet word, het niks om voor te veg nie en word die prooi van sy vyand. Solank 'n volk vervul is met selfrespek, met eerbied vir sy geskiedenis, met trots op sy heldedom, sal sy koers op die regte weë bly. Maar wanneer die leiers en beleidmakers die grondslae van 'n volk vernietig, word nasionale selfrespek vernietig, saam met die wil om die vyand te stuit.
En vandaar word die vyand toenemend nie meer beveg nie en groei vyandigheid teen dié van die volk wat nog teen die vyand veg. Dít Ís waar die Afrikanervolk te staan gekom het na twintig jaar van leierskap wat onder liberale invloed stap vir stap ons volk se selfrespek en selfvertroue afgetakel het, sy denke verwar, sy geloof ondermyn, sy beginsels verloën en sy idealisme verknoei het.
Die revolusie wat sedert Februarie 1990 baie aan momentum gewen het, is nie soseer die werk van revolusionêre nie, as van liberale nie soseer van Swart aktiviste nie as van Blanke passifiste; en bowe-al van 'n Afrikanerleierskap wat nie opgewasse was nie en politieke verraad gerasionaliseer het deur die verskoning van "verandering". In plaas van die oorlog te veg en te wen, het die Regering Suíd-Afrika in 'n binnelandse krisis gedompel, wat aan die revolusionêre ANC/SAKP die geleentheid gegee het om die liberale binne die "Nasionale" Party ter wille van vrede aanvaar te kry. Die regering het "die vrede" aan ons vyande toevertrou.
Waar in die geskiedenis die ineenstorting van die Afrikanervolk se politieke mag díe staat tevore laat verval het, het die Afríkanervolk nie daarmee saam verdwyn nie. Afrikanernasionalisme het onder begeestering van sterk leiers die volk se gees opgehef en hom besiel met die besef dat sy eie aard en waardes sy kosbaaste besit is waarvoor geen prys te hoog is om te betaal nie.( Uit Afrikanernasionalisme en die nuwe Suid Afrika van mnr. Jaap Marais)