Afrikaner

DIE KORRUPTOKRASIE VAN PIK BOTHA, CONSTAND VILJOEN EN DE KLERK

Pik BothaUittreksels uit twee onlangse koerantberigte dien as onbetwisbare voorbeelde van die onverpoosde voortgang in die feitlik openlike berowing van Suid Afrika se finansiële en ander bronne, tot die punt waar selfs diegene wat vanjaar se matriekvraestelle moes merk, nie betaal kan word en aan die ende van Januarie, steeds skole is wat nie boeke het om hulle nuwe skooljaar te begin nie.

ferdie en constandEskom dreig om munisipaliteite se kragtoevoer af te sny omdat hulle miljoene rande skuld, die moorde op blankes neem toe in onmenslike wreedheid, die land se infrastruktuur verval en van die “mees moderne democracy” in die wêreld se verbetering op die “euwele” beleid van apartheid, is daar niks, maar niks sigbaar nie.

 

F.W. de Klerk en die ANCDie oorsprong van die voortsnellende rampspoed het beslag gekry in die veragtelike en korruptiewe optrede van Pik Botha, die destydse Minister van Buitelandse sake in sy onderhandelings ten koste van die Afrikanervolk se politieke beheer oor Suidwes en Suid Afrika. Sy korrupte en koverte optredes is voortgesit deur Constand Viljoen met behulp van ‘n rits ander generaals en weermagoffisiere en afgerond deur FW de Klerk en genote se verraderlike politieke spel met die blanke kieser van Suid Afrika.

‘n Korrupte begin wat in momentum feitlik daagliks toeneem met geen politieke vooruitsig vir verbetering ten spyte van al die samesprekings, kommisies van ondersoek of welke vorm van samewerking, toegewings, of selfs afstaan van eiendom en aandeelhouding in dit wat met sweet en opoffering oor jare opgebou is nie.

Dit is weereens die oproep van dr. D.F. Malan wat voor die Afrikanervolk kom staan en uitroep: “Keer terug na jou God, keer terug na jou land, keer terug na jouself, Afrikaner!” Hierdie aanhoudende geknoei in die donker, agter geslote deure, in geheime byeenkomste sodat die volk dit net nie moet hoor nie, “want ons tree in hulle beste belang op!” Watter ongelooflike klomp snert!!

Die betekenisvolle opskrif op die voorblad van Wynand du Toit, (voormalige verkenner), se boek “JUDASBOK, VERRAAD TERWILLE VAN OORLEWING” en die inhoud daarvan wat bevestig wat ons al sedert die moord op dr. Verwoerd verkondig, naamlik dat die Afrikanervolk uit ons land verraai word en verraai is!

Die AVP roep u op Afrikaner! Kom verenig nou weer soos in dr. Verwoerd se tyd dat ons een van siel en een van sin kan word. Kom help ons herstel aan die verdeelde Afrikanerhuis sodat ons weer uit innerlike oortuiging bymekaar kan bring wat by mekaar tuis hoort! Moet u nie verder laat mislei deur “slim” sogenaamde politieke kenners, akademici en predikante wat afwyk van die gebaande suksesvolle weë, wat nou in elke geval deur elke bedreigde inheemse volk in Europa, nagestreef word terwille van beskerming en behoud van identiteit en eie waardestelsels.

Laat 2017 dié jaar word waarin die Afrikanervolk weer heel word, weg van die korruptiewe, verknoeide en Godlose nuwe Suid Afrika.

FREE STATE SPENT R631M ON HOUSES THAT WERE NEVER BUILT

Bloemfontein - About 106 building contractors are being sued along with controversial ex-SABC boss Hlaudi Motsoeneng and Nozuko Mbalula, Sports Minister Fikile Mbalula's wife, over a housing scandal in the Free State involving hundreds of millions of rands.

According to court documents in the possession of Netwerk24, the Free State department of human settlements spent about R631m on housing between 2010 and 2011, with no houses to show for it.

Department head Ntimotse Mokhesi provided details of the transactions in a sworn affidavit submitted to the High Court in Bloemfontein.

GAUTENG EDUCATION SHORT OF FUNDS TO PAY MATRIC EXAM MARKERS

JOHANNESBURG – The Gauteng education department on Tuesday, apologised to all 2016 matric examination markers who have not received their payment, citing a financial shortfall.

“The department is experiencing delays due to financial shortfall. However, a partial payment which included a 32 percent tax was effected based on the available budget,” the Gauteng provincial government said in a statement.

“An approval for additional funds has been sought and the balance will be paid before the end of March 2017. Funds are available but the Department has applied to Treasury for approval to reprioritise from other programmes.”