Afrikaner

OPPORTUNISME IN DIE POLITIEKE ARENA IS ‘N GEVAARLIKE INSTRUMENT!

Donald Trump USA PresidentGELD WORD INGESAMEL SODAT STEVE BY TRUMP KAN GAAN PLEIT.

‘n Organisasie met die naam, Kommando Sorg wat op die been gebring is deur ‘n John Rudman, met die oog op die bekamping van volksmoord op witmense, maak geld bymekaar om Steve Hofmeyr (hy is ‘n anker in wit geledere volgens Rudman) en Henk van der Graaf, voormalige redakteur van die Afrikaner, voormalige hoofbestuurder van TLU SA, lid van Boere Volksraad, ens., ens., VSA toe te stuur om by Donald Trump te gaan hulp soek .

Opportunisme:

Dit het die neiging om verwagtings gaande te maak wat nege uit tien keer in die sand uitloop. Die afgelope nagenoeg vyftig jaar na die sluipmoord op dr. Verwoerd,het die opportunisme van toegee, onderhandelings en saamwerk met internasionale magte, die sogenaamde voordele wat daaruit moes voortspruit, alles in die stof van die nuwe Suid Afrika waar dit vertrap word, laat uitloop!

Die beginsels van beleid wat in ruil vir die opportunistiese dobbelpraktyk van politieke randeiers prysgegee is, is die oorsaak van die Afrikanervolk se benouing van vandag! Om hulp by enige buitelandse moondheid te vra, is om hom in te nooi in jou volk se binnelandse aangeleenthede en daarby ‘n openlike verklaring van ongeloof en onvermoë wat spruit uit verdeeldheid waarmee Trump self sy hande gaan vol hê.

Dit is wel verblydend dat Trump put uit die voorbeeld van ons voormalige Afrikanerleiers se beginselstandpunte en in die openbaar verklaar dat hy dit in Amerika gaan toepas! Suid Afrika Eerste, was Genl. Hertzog se slagspreuk rondom 1914, wat geweldige patriotisme onder Afrikaners gaande gemaak het en waarskynlik tot die Nasionale party van 1924 gelei het.

Ook die standpunt van Trump in sy inhuldigingstoespraak: “From this moment on, it’s going to be America First! We will seek friendship and goodwill with the nations of the world – but we do so with the understanding that it is the right of all nations to put their own interests first. We do not seek to impose our way of life on anyone, but rather to let it shine as an example for everyone to follow.”

Dit is juis laasgenoemde beginsel wat Rudman van Trump wil vra om te versaak. Dat ons volk hulp nodig het is onbetwisbaar. Indien ons geloof in God egter dermate getaan het dat ons eerder op Trump wil staatmaak, nouja, dan moet die wat só glo maar weer en nog ‘n keer hulle ywer en geld in die sand uitgooi! Ek is oortuig dat Henk en Steve die uitstappie sal geniet!

Terwyl hulle op die vliegtuig sit en jenewers geniet wil ek voorstel dat hulle ‘n Bybel by ‘n lugwaardin vra en twee Kronieke 20 lees. Die héle hoofstuk! Dit sal goed wees indien elke Afrikaner, die wat daar bydra, maar ook elke ander gelowige die genoemde gedeelte gaan lees en opnuut kragtig versterk word in geloof! Daarna bid u saam met ons en Jósafat en ervaar die waarde van geloof!