1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
8406113

Besoekers aanlyn

Ons het 40 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

WAAROM HET ONS VOLK SO LIBERAAL GEWORD?

Een van die kommerwekkendste dinge om vandag van kennis te neem is die nuwe lewens- en wêreldbeskouing van Afrikaners. Dit verskil drasties met dit wat twintig jaar gelede aan die orde van die dag was. Waarvan praat ek? Van ‘n liberale lewensuitkyk wat nou sy beslag binne ons volk gekry het.

 Die RGN het in 1986 ‘n opname gemaak wat getoon het dat meer as 80% van alle Blankes ten gunste  van apartheid was. Dus, die oorgrote meerderheid van die Blankes was beslis nie liberaal nie, want apartheid en konserwatisme loop immers hand-aan-hand. Vandag lyk die situasie heelwat anders. Meeste Afrikaners wil nie meer iets van apartheid hoor nie en het ‘n baie meer “verligte” uitkyk op sake. Die vraag is: Wat het verander in twintig jaar?

 Om die vraag te beantwoord, is eintlik heel eenvoudig. Die liberalisme het met FW de Klerk se verraad in 1994 ‘n groot deurbraak in Suid-Afrika gemaak. Liberalisme is nou verskans in die nuwe Grondwet. Menseregte is liberale opvattings oor sake. Die liberale idee het dus ‘n groot oorwinning behaal deurdat hierdie regte nou in die Grondwet vervat is. ‘n Mens sou selfs kon sê, ‘n eenmalige finale oorwinning, synde liberale dogma en opvattings nou wet is. Talle Blankes se persepsie oor sake het in die proses verander. Hoe het dit gebeur?

 Deur breinspoeling en indoktrinasie. Breinspoeling is ‘n proses van kondisionering (“sagmaking”) en indoktrinasie (“oorreding”) waardeur mense se persepsies oor sake verander word, terwyl hulle meestal onbewus is dat dit gebeur. Breinspoeling word ook geheuemoord (“menticide”) genoem. Afrikaners is eers vertel dat sekere aspekte van apartheid (“klein apartheid”) onaanvaarbaar is. Daarna is die geheel van die beleid van apartheid as “moreel onverdedigbaar” beskou. Toe is apartheid tot “sonde” verklaar en vandag is apartheid “misdadig”. Soos Edward Hunter dit in sy boek Brainwashing stel:

 “Any human activity, from the flow of salivo to an embrace or a murder, could be clinically predetermined in politico-medical labarotories by connecting it with a shouted or written slogan, a hand-signal, a smear word or the color of a man’s skin”.

 Dit word soos ‘n sneller (“trigger”) of ‘n stimulus. Soos die klok vir Pavlov se honde die stimulus tot aksie was, het apartheid die sneller tot ‘n reaksie van verwerping geword. Dit kon net gebeur as mense stelselmatig ryp gemaak is daarvoor.

 Wanneer mense wat vertrou was om die volkseie te bewaar en uit te bou, hulle rug op hulle eie mense draai, is dit soos ‘n generaal wat met die vyand onderhandel oor oorgawe terwyl sy troepe gereed maak om te veg. Dit werk vernietigend in op mense se gemoedstoestand. Mense is aanvanklik verbaas en verontrus. Hulle verkeer in ‘n toestand van vertwyfeling en verwardheid en raak later gefrustreerd. Frustrasie lei tot spanning en vrees. Dit lei weer tot verbitterdheid en uiteindelik vyandigheid en haat. Vandag word die vyand van die Afrikaner nie meer gehaat nie, maar die nasionaalgesinde Afrikaner! Dit is hoe suksesvol die vyand se breinspoeling was.

 Nog ‘n vraag wat met eersgemelde verband hou is: Is die alternatief, liberalisme dan regtig ‘n gevaar? Om die vraag te beantwoord, is dit eerstens noodsaaklik om liberalisme te definieer. Liberalisme is ‘n geloof in die reg van individuele vryheid; dat die individu sekere onvervreembare regte het en dat alle vooruitgang daarin te vind is dat die individu daardie regte onbelemmerd mag uitoefen. Liberalisme is meer ‘n geesteshouding as ‘n openbaring van ‘n sekere lewensbeskouing. Liberalisme is ‘n uiting van die humanisme omdat die mens, eerder as God, die uitgangspunt van alles is. Die liberalisme wil die bande van ras, volk en geloof afbreek.

 Uit bogenoemde moet dit reeds duidelik wees dat liberalisme gevaarlik is. Dit hou ‘n bedreiging vir die Christendom in. Teenoor die Christelike leer dat die mens inherent sleg (en sondig) is, verkondig die liberalis dat die mens inherent goed is. Die mens eerder as God is die hoogste maatstaf. Die akte van menseregte is die produk van die liberale idee, naamlik dat die mens die oorsprong en maatstaf van en vir alles is. Daarteenoor leer en glo die Christen dat die mens homself uit eie wil aan die sonde onderwerp het en sodoende aan die dood en die vervloeking deur te luister na die woord van die duiwel. Die mens het homself deur die sonde van God afgeskei en sy ganse natuur verdorwe. Die liberalisme staan onverskillig teenoor die godsdiens en het ‘n sekulêre ingesteldheid teenoor godsdiens. Meerdere godsdienste kan “verdra” word en alle godsdienste moet gelyk behandel word. Die “reg” om nie te glo nie is vir die liberalis netso (en meer) aanneemlik soos die “reg” om te glo. Maar Christus sê: “Ek is die weg, die waarheid en die lewe”. Dit laat geen ruimte vir sekulariteit of onverskilligheid nie. Die liberalis verwerp die absolute gesag van God.

Die produk van die liberale vryheid is die afname in die eerbied vir sedelike beginsels. Pornografie, aborsie, homoseksualisme en afgodery is die produk van die liberale idee om vry te wees. Dit open die deur vir allerlei verdorwenhede en selfs misdrywe; alles in die naam van vryheid. Die mens wat hom bevry van God en sy wette word vry om God se gebooie en Sy gesag uit te daag.

 Die liberalisme verset hom teen die natuurlike orde van sake. Die verskeidenheid van die Skepping is deur God gewil. Rasse en volke en tale is deur God daargestel. Alhoewel die Skepping ‘n eenheid vorm; vorm dit ‘n eenheid in sy verskeidenheid. Dit moet deur die mens so aanvaar word. Maar die liberalis verset hom teen hierdie toedrag van sake deur reëls daar te stel wat die verskeidenheid wil uitwis. Volgens die liberalis is daar òf geen verskille nie, òf is dit onbenullig. Rasseverskille kan volgens die liberalis nie wetenskaplik gefundeer word nie. Daarteenoor toon verskillende studies dat rassevermenging “can upset the genetic as well as social equilibrium of a group”. Verskille tussen rasse is nie net sintuiglik waarneembaar nie, maar mikroskopies bewysbaar. Rasse verskil fisies en geestelik van mekaar. En rasvermenging het tot gevolg dat die produk daarvan, die basterkind, ‘n identiteitsprobleem het - wat sukkel om aan te pas en te aanvaar en hom dikwels ook opsaal met fisiese gebreke.

 Die liberalis streef, ten spyte van alle pretensies tot die teendeel, na gelykheid eerder as vryheid. Omdat die liberalis in verset is teen die natuurlike verskeidenheid en eenheid nastreef moet dit die verskille tussen rasse ontken. Dit wil alle mense gelykstel in ‘n proses van gelykmaking. Die liberalis propageer enersyds die eliminering van alle vorme van diskriminasie, maar moet ten einde gelykheid te bevorder, ook regstellende aksie propageer. Dit gryp in in die ekonomiese en maatskaplike lewe. Sodoende maak dit ‘n bespotting van die demokratiese idee. Soos al gestel is: “the perfect equality of men is the point in which the extremes of democracy and despotism are confounded”. Indien mense gelyk behandel word, sal die resultaat ongelyk wees, omdat mense se vermoëns verskil. Daarom vind mens die groot leuen van die liberaliste dat hulle mense ongelyk behandel juis omdat hulle ‘n gelyke resultaat wil hê. En daarmee versoen die liberalis hom met die sosialis.

 Liberalisme is, soos James Burnham dit verwoord het in sy boek Suicide of the West: The Meaning and Destiny of Liberalism:

 “Liberalism is linked to the tendencies on its Left, and distinguished from the tendencies on its Right, by most, though of course not all, of its basic principles and primary values: by its conception of human nature, its secularism, its egalitarianism, its attitude toward change and social reform…, its attack on social discrimination, and so on… liberalism is … part of the great Left wave that we can trace back to the French Revolution… it… feels more at home with its cousins on the Left than with the strangers on the Right.”

 Maar dit gaan verder as dit. Liberalisme is die bloedbroer van die Kommunisme. Burnham stel dit baie treffend:

 “Liberalism is infected with communism in the quite precise sense that communism and liberalism share most of their basic axioms and principles, and many of their values and sentiments. [They]… are against the same things and persons…They have the same enemies: and the choice of the enemy is the decisive act in determining the nature of the political struggle. What communism does is to carry the liberal principles to their logical and practical extreme…”.

 Ja, ‘n liberalis wat ‘n hou na die Kommunis mik kan homself dalk bloedneus slaan. Liberalisme is besmet met Kommunisme en daarom sal iemand soos Helen Zille van die DA baie meer tuis voel in Zuma se geselskap, as in enige Afrikanernasionalis se geselskap. Wat Zuma as Kommunis doen is om die liberale beginsels van Zille tot hulle logiese en praktiese uiterste te neem.

 Liberalisme is gevaarlik en sal die Afrikaner vernietig as dit nie aan die kaak gestel word en uitgeroei word nie. Afrikaners wat vir die liberale DA stem moet besef dat die DA vir die gevestigde waardes en tradisies van die Afrikanervolk niks voel nie. Afrikaners is bloot stemvee vir die DA om die liberale beginsels wat die DA voorstaan, beslag te laat kry in ons land. Die DA is as liberale party vyandig teenoor enige vorm van konserwatisme en nasionalisme. Die DA glo in ‘n raslose en identiteitslose Suid-Afrika - een waarin geen Afrikanervolk meer sal bestaan nie. Die DA steun elke liberale beginsel in die Grondwet en wil van nasionalisme niks weet nie.

 Hoe gouer die Afrikaner besef watter gevaar die liberalisme vir hom inhou, hoe gouer sal hy die DA as ‘n vyand van die Afrikanerdom beskou en sy rug op die DA keer. Liberalisme is vir die Afrikanervolk die pad na selfmoord. Wil Radio Pretoria nie maar vir sy luisteraars hieroor breedvoerig inlig nie?

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie