1 2 3c

Totale besoekerstal

Inhoud Trefslae : 9431625

Besoekers aanlyn

Ons het 61 gaste aanlyn

  

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

 

Teken aan



UIT DIE VERLEDE: J.A. Marais aan die woord

mdup"Nie verandering nie, maar vereniging,  is wat ’n volk nodig het wanneer hy uitgedaag word."


Wie is die bang mense?
Die nasionalisme het nie plek vir papbroeke en vroompraters nie. Wie sy vertolkers wil wees, moet reguit loop, moet duidelik praat, moet bereid wees tot onvriendskap met sy vyand en moet sy man kan staan selfs wanneer hy alleen staan. (1970)

As die wagters slaap.
Dis bedroewend as die wagters slaap. Maar dit is doodsgevaarlik as die wagters die rug op die vyand gedraai het en die volk binne die mure bespied en betakel, terwyl die vyand deur die hekke kruip. (1970)

Integrasie en segregasie
Die apartheidsbeleid sal nooit sy geldigheid verloor nie, want dit rus op onveranderlike beginsels. Die witman moet waak dat hy nie hier, soos elders, verskoning maak vir sy wil om homself te wees en sy reg om sy eie lief te hê nie. (1977)

Die helde van ’n volk.
Die helde van ’n volk kom altyd uit stryd. ’n Volk se helde kom nooit uit die geledere van die vredemakers, uit die paaiers, uit die swigters, uit die mooipraters, uit die soebatters, uit die verskoningmakers nie. ’n Volk se helde kom altyd uit die kringe van daardie mense wat bereid is om te veg vir wat hulle glo wat reg is. (1975)

Voorkeur en diskriminasie.
Elke geslag, of hy dit wil hê, of wil weet, word opgesaal met die verantwoordelikheid wat deur die geskiedenis hom opgelê word om opnuut te kyk na sy herkoms, na sy geskiedenis, na sy beginsels, na sy ideale, en dan te kies. (1973)

Voorpraters en napraters.
Elke volk wat onder gegaan het, het onder gegaan omdat hy nie vas genoeg gestaan het by sy tradisies, sy geloof en vooroordele nie; hy het onder gegaan omdat hy nie bereid was om te veg nie en met toegewings begin het om die vriendskap van sy bedreigers te koop. (1976)

Wie is die verligtes?
Die ontwikkelingslyn van die Afrikanernasie loop nie oor die sogenaamde verligtes nie. Dit loop oor pres Kruger, genenaal  Hertzog, dr. Malan, adv. Strydom en dr. Verwoerd. (1970)

Selfbehoud, selfbetuiging
Nie verandering nie, maar vereniging,  is wat ’n volk nodig het wanneer hy uitgedaag word. Nie verandering nie, maar veredeling van die beste waardes wat hy het. Nie verandering nie, maar versterking vir daardie uitdaging wat in sy geslag deur die geskiedenis na hom gebring word. (1976)

 s1

 d1

 sw1

 v1