1 2 3c

Totale besoekerstal

Inhoud Trefslae : 9432461

Besoekers aanlyn

Ons het 2150 gaste aanlyn

  

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

 

Teken aan



KERKSKEURING, WAAR KOM DIT VANDAAN?

 Die stryd tussen lig en duisternis is vir die gelowige Christenmens, ‘n stryd wat sal duur vir so lank hy lewe.  In ‘n sin dus ewigdurend.  Dit het nie gister begin nie en gaan ook nie môre ophou nie.

In hoofsaak gaan hierdie stryd om gehoorsaamheid aan God’s gebooie en geloof in Jesus Christus se verlossende genade.   Daarvoor het die gelowige die Woord van God as begeleier na ons ewigheidsbestemming.  Telkens wanneer die Woord se inhoud verander, verdraai of in vertolking ander betekenis kry, skeur die kerk!

In die postmoderne tyd waarin ons nou leef, is die aanslag op die inhoud van die, wat ons glo die geïnspreerde Woord van God is, ongeëwenaard in die geskiedenis van die Afrikanervolk, en ek sal nie ver verkeerd wees as ek sê in die wêreld nie!

 

Behalwe dat die Christengeloof uit die grondwet, die onderwys, die sport en vermaaklikheidswêreld uitfasseer is, word die inhoud van die bybel nie net verdag gemaak nie maar selfs belaglik gemaak!

In die Naweek-Beeld van Saterdag 22 Januarie 2011, verskyn daar ‘n sprekende voorbeeld hiervan.  Die voormalige moderator van die NG-Kerk in Noord-Transvaal, dr. Mike Smuts, vertoon sy werklike kleur in sy kommentaar oor die boek “Die trojaande perd in die NG-Kerk”.  Hy verwys na die skrywers as kreasioniste wat die mening huldig, dat elke predikant ‘n gesonde leer verkondig as hy glo dat die “skeppingsverhale”, soos wat Smuts dit noem,  in die Bybel as letterlike geskiedenis beskou moet word.

Smuts se standpunt is dat dit nie rekening hou met die siening van die meerderheid wetenskaplikes oor die wêreld heen nie.  Wanneer wetenskaplikes wel gevind word om die kreasioniste se siening te staaf,  is hulle by verre in die minderheid, aldus Smuts.

Wanneer hierdie verwarrende uitsprake uit die topstruktuur van ‘n kerk voorkom, is dit voor-die-handliggend dat die hele struktuur deursuur is van afwykende en botsende leerstellings wat nie anders kan as om diégene wat soos ‘n kindjie glo in die geïnspireerde Woord van God, van die kerk te vervreem nie.   Die vraag wat ontstaan is, hoe lyk die opleidingstrukture waar predikante opgelei word en dan soos Smuts uitdraai?

Om wetenskaplikes se siening bo die Woord van God te plaas, is  behalwe dat dit Godslasterlik is, ook ‘n versperring op die pad  na ons ewigheidsbestemming en ‘n aanslag op die Christendom.

As die standpunte van ‘n meerderheid wetenskaplikes die norm geword het waar getalsbegrip nou die maatstaf tussen reg en verkeerd word, het die kerk ‘n gevaarlike plek geword vir die gelowige.

In dieselfde koerant is daar die bedekte bedreiging van dr. Daan van Wyk, voorsitter van die algemene kerkvergadering van die Hervormde kerk, dat die beswaarskrif van ontstelde Hervormers oor die kerk se besluit om apartheid te veroordeel, slegs aangehoor sal word as hulle binne die riglyne van die kerkorde bly.

Die toestand wat binne gereformeerde kerke heers, waar sinodokrasie aan die orde is, het onhoudbaar geword.  ‘n Soort “ stert-swaai-die-hond-toestand”, waar die topstruktuur van die kerk só aanmatigend optree dat dit met die F.W. de Klerkregering se optrede voor 1994 vergelyk kan word.

As doleansie al as onkerklik en tugwaardig deur van Wyk beskou word, wil dit voorkom asof die kerk hom die reg toe-eien om te maak wat hy wil en die lidmate mag net “amen” sê en bly betaal!

Die tyd nader vinnig waar die Afrikanervolk in kerk- en staatsvorm sal laertrek om God weer te dien binne die roeping waarin ons as volk geroep is en onder ‘n staatsvorm in ons eie land onsself kan regeer volgens ons eie aard, behoeftes en tradisie, wat huidig deur al wat ‘n kerk  op blatante, en in sommige gevalle  op subtiele wyse verdag gemaak word.  Ons finansier ons eie ondergang deur ons eie organisasies en partye wat deurtrek en besoedel is met hierdie agente vir verandering wat in almal se belang optree, behalwe in die belang van die Afrikanervolk wat hulle verkies het en wie hulle behoort te dien!

 s1

 d1

 sw1

 v1