1 2 3c

Totale besoekerstal

Inhoud Trefslae : 9443851

Besoekers aanlyn

Ons het 603 gaste en 1 Lid aanlyn

  

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

 

Teken aan



WANNEER DIE DOGMA DIE VERSTAND OORSKRY

Deur Ds. Alsiende

 

Wanneer die dogma die verstand oorskry sal jy later jou eie ouma vir ‘n eendvoël sien.  Ai, die liberale predikante.  Hul kan maar net nie die Goddelikheid in die Skepping raaksien nie.  Hulle is nou al weer besig met ‘n gewoel om Afrikaanse kerke swart te kry.  Volgens hulle interpretasie is die mensheid ‘n eenheid in stede van ‘n verskeidenheid.  Hulle kyk maar hulle sien nie.  Die kontras tussen wit en swart is vir hulle baie emosioneel, omdat die Godswil in die Skeppingsverhaal, baie moeilik is om weg te verduidelik.  Nou word versies geselekteer en uit konteks aangehaal om die eie denke te bevredig.

Rasse het ontstaan omdat hulle vir duisende jare apart en afsonderlik geleef het.  Dit het niks te make met dogma om politici ter wille te wees nie.  Hierdie waarheid moet nou verbloem word deur dogma aan apartheid te koppel om hulle eie dogma te verdoesel .  Dat rasse bestaan is ‘n feit en geen verduideliking in terme van eenheid kan dit negeer nie.  Apartheid het te make met eiesoortigheid, volkshigiëne en orde.  Dit is ’n praktiese reëling tot voortbestaan.

Eenheid dogma is menslike denke en in wese geestelike hoerery wat lei tot biologiese verbastering.  Die teologie word verwring tot biologie.  Kan dit miskien wees dat hierdie liberale predikante seksueel gefrustreerd geraak het en hulle nuwe dogma gebaseer is op die erotiek?

Indien ‘n lid van ’n ander ras dieselfde geloof as jy aanhang, beteken dit nie julle is “broers” in Christus, nie, dit beteken bloot dat julle in dieselfde God glo.  Die woord broers het ’n genetiese konteks.  As almal broers sou wees, het daar slegs een ras bestaan.  Die woord broers het natuurlik ‘n ander betekenis vir liberale predikante en dit is juis die probleem.  Hulle sê altyd wat hulle nie bedoel nie en bedoel nie wat hulle sê nie.  Daar is altyd ’n dogmatiese verduideliking.

’n Geliefkoosde verduideliking is dat ons is almal deur God geskape en daarom is ons almal sy “kinders”.  So asof enige mens by sy volle positiewe dit sou ontken.  Die probleem kom wanneer ‘n mens meer in ‘n stelling in lees as wat dit beteken, dan word dit ‘n eie siening of dogma.  Die soort van argument van ’n kat het vier bene en ‘n hond het vier bene, daarom is ‘n kat ‘n hond.

Is jou ouma ‘n eendvoël  - sy het net twee bene?  

 

Gedagtes in hierdie artikel verwoord is nie noodwendig of by implikasie die siening van die Afrikaner Volksparty nie.

 s1

 d1

 sw1

 v1