1 2 3c

Totale besoekerstal

Inhoud Trefslae : 9429421

Besoekers aanlyn

Ons het 88 gaste en 1 Lid aanlyn

  

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

 

Teken aan



DIE HUWELIK IN DIE VISIER VAN SATAN

Terwyl saamblyery en algemene bandeloosheid, veral onder die jeug waar tienerswangerskappe en die kwessie van aborsie al dan nie op elke dag se spyskaart is, gee ons graag erkenning aan Prof. HG v.d. Westhuizen wat die huwelik by geleentheid onder die loep geneem het.

 SEWE BEGINSELS VAN DIE HUWELIK– Prof (em) HG van der Westhuizen

 In die Konteks Julie 2007 is ’n lofrede op die werkende vrou. Dit is inderdaad ’n prestasie om huis te hou en nog buitenshuis te moet werk – miskien weens ekonomiese eise. Tog moet die aandeel wat die werkende Romeinse vrou aan die val van die Romeinse standaarde en van die Romeinse ryk in 476 n.C. nie uit die oog verloor word nie. Die voortgesette teologiese toerusting (VTT) van 2007 se leiers bevind dat daar nie so iets soos ’n Bybelse huwelik is nie. Sonder om op argumente hiervan in te gaan, waarvan sommige bitter spekulatief is, soos ook weerspieël in Die Hervormer van 15 Julie 2007 wil ons eerder Jesus se standpunt ag.

Jesus verwys ons in Markus 10:6 oor die huwelik na die begin as norm. Die beginsels lê dus by die skepping. Daar vind ons sewe beginsels oor die huwelik. Dit is vervat in onder andere Genesis 1:27,28: En God het die mens geskape na sy beeld … man en vrou het Hy hulle geskape.

 En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse … die voëls … die diere … Genesis 2:22-24: En die HERE God bou die rib wat Hy van die mens geneem het, tot ’n vrou, en bring haar na die mens. Toe sê die mens: Dit is nou eindelik been van my gebeente en vlees van my vlees. Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees. Sy sal mannin genoem word, want sy is uit die man geneem.

 

1              Skepping van God

Daar kom drie instellings, skeppings instellings, uit die Paradys: die huwelik, die arbeid en die rusdag.

Dat die mens nie by sy skepping al gelyk het soos hy nóú lyk nie en dat daar ’n ontwikkeling was, is seker aanvaarbaar. Tog het God self die onderskeidslyne tussen die hoogste dierlike primate en die eerste primitiewe mense skeppings matig hanteer. So is dit met die huwelik. Al het mense om verskillende redes en op verskeie maniere as gesinne gevorm geraak is, is dit ’n beginsel dat God die huwelik ingestel het by die skepping: (i) Eva is uit Adam – fisies. God het al die diere geskep manlik en vroulik. Die feit dat Eva se skepping so besonders beskryf word, dui op die huweliksinstelling. (ii) Geestelik is al die opdragte aan hulle saam gegee. Hierdie opdragte aan hulle gesamentlik is ’n geestelike dimensie van die huwelik-instelling. Daarom moet ’n huwelik, hoe dit ook al op regsinnige wyse volgens die gewoonte van die tyd wettig tot stand gekom het, as ’n skepping van God geag word. Al die tussentydse steurings as gevolg van die sondeval, hef nie hierdie beginsel op nie. Hiermee is ’n saamblyery ’n heidense uitwas. (iii) Dat dit ’n (oertydse) huwelik was, wat die beginsels neerlê, sien ons by Jesus wat daarna as beginsel verwys wan-neer Hy die norme neerlê. (iv) In die wettige huwelik soos by die skepping, bring God as’t ware met sy hand die man en vrou bymekaar (Gen 2:22). (v) Jesus het ook so ’n huwelik hoog geag deur die bruilof te Kana by te woon en selfs ’n wonder te verrig.

Die Bybel hou onder alle kultuur sensitiwiteit heen die beginsel van die wettige (vi) trou gebruik (bv. ook 1 Kor. 7:9; 1 Tess 4:5). Inteendeel, die Woord veroordeel die mense wat verbied om te trou (1 Tim 4:3).

 

2              Man en vrou

Die beginsel van die huwelik het nie ruimte vir ’n huwelik tussen mans alleen of vroue alleen nie. God het die mens in die huwelik gemaak as man en vrou. Man en vrou het Hy hulle geskape. Homoseksuele huwelike is teen die skeppingsbeginsel vir huwelike.

Hierdie beginsel word ook deur ander beginsels van die huwelik ondersteun, soos die vrugbaarheid om kinders te verwek. Wel is dit waar dat twee ou mense wat getroud is of met mekaar as man en vrou trou, nie meer kinders in die wêreld bring nie. Tog is hulle huwelik ’n huwelik. Die beginsel is dat hulle kon, as hulle vroeër getrou het en daar nie ander gebreke was nie, kinders in die wêreld bring. Hierdie beginsel word nie deur omstandighede soos ouderdom of natuurlike kinderloosheid omvêr gewerp nie.

 

3              Één man en één vrou

Hoewel Salomo, Dawid en baie figure van die Ou Testament meer as een vrou gehad het, is dit nie norm wat die Bybel aan ons gee nie. Daarvoor moet ons na die beginsel gaan. God kon sekerlik (vgl. ook Maleagi 2:15) die huwelik polygamies’ geskep het, maar Hy het nie!

Die eerste persoon van wie ons in die Bybel lees dat hy meer as een vrou gehad het, was Lameg uit die veroordeelde geslag van Kain (Nie Lameg, vader van Noag nie). Hy het Ada en Silla gehad (Gen 4:19). Die nuwe mensheid ná die sondeval het dus weer gegroei uit die één man één vrou huwelik.

In hierdie skeppingsbeginsel mag die sondeval nie oortredings reg uitoefen nie. Daarom die sewende gebod om nie egbreuk te pleeg nie. Want die huwelik by die skepping was één Adam en één Eva. ’n On-sedelike lewe is vir die heiden Christen, net soos vir Jodechristen en Jode verbode (Hand 15:29).

 

4              Altyddurend

Egbreuk mag ook nie plaasvind nie sodat die huwelik nie beskadig of vernietig word nie. Dit moet altyd-durend wees. Daar is in die huwelik beginsel nie eers sprake van dat die huwelik deur die sondeval ver-breek is nie. Ja, beskuldigings, vervreemding en krake het in die huwelik gekom. Maar Adam en Eva het nooit geskei nie – en dit is die beginsel.

Dat die sonde gevolge so in ’n huwelik kan deurwerk dat dit selfs gevaarlik vir die betrokke man of vrou kan wees, is uit die praktyk duidelik. Paulus sê dat mense wat tog om hierdie of dergelike ernstige redes skei, moet ongetroud bly (1 Kor. 7:11). Hulle kan met mekaar hertrou. Een oorlewende kan met iemand anders weer trou (1 Kor. 7:39). ’n Gelowige is nie aan die huwelik gebonde van ’n heiden wat skei nie (1 Kor. 7:15). So word die beginsel wat norm is dat wat God saamgevoeg het deur geen mens geskei word nie, gehandhaaf (vgl. Maleagi 2:16).

 

5              Wedersydse hulp

Die klassieke huweliksformulier wat ons Hervormde kerke al ’n paar eeue het , sê dat die eerste oorsaak van die instelling van die huwelik lê daarin: “dat die een die ander trou sou help en bystaan in alle dinge wat tot die tydelike en ewige lewe behoort.” God het Eva as ’n hulp vir Adam gemaak, ’n hulp wat by hom pas (Gen 2:20).

Dit kom uit die beginsel van die huwelik. By die skepping het God die opdrag gegee aan die man én vrou (Gen 1:28), dat hulle saam moet werk op die aarde en saam moet heers oor die skeppingswerke.

Die sondeval maak hierdie beginsel net nog swaarder en belangriker. Veral die geestelike dimensie om mekaar te help en by te staan in die dinge van die ewige lewe. Wanneer die troue wedersydse hulp in alle dinge skipbreuk ly, word hierdie huwelik beginsel bedreig. Ook om hierdie rede moet ’n gelowige in Christus slegs met ’n mede-gelowige trou (bv. Maleagi 2:11,12; 1 Kor. 7:39; 9:5).

 

6              Kinders

Die klassieke formulier sê dat die tweede doel van die huwelik is: “dat hulle hulle kinders wat hulle kan kry in die waaragtige kennis en vrese van God tot sy eer en hulle saligheid sal opvoed.”

Soos die beginsel lui “wees vrugbaar, word baie, bewoon die aarde” (Gen 1:28), is die voortbring van kinders aan die huwelik gekoppel. Alle fisiese en geestelike, ekonomiese, sielkundige, opvoedkundige en ander belangrike dimensies vir die grootmaak van kinders word in die eenheid verband van ’n gesin gevind. Geen wonder dat die formulier die klem nie op die geboorte van die kinders in die huwelik lê nie, maar op die opvoeding.

 

7              Seks

In die gesekulariseerde wêreld soos in die wêreld van barbarisme word seks nie net gekommersialiseer nie, maar verplat tot die dierlike instink. By die mens is die bedoeling dat die verstand die instink moet rig. Daarom is die menslike instink ook in hierdie opsig meer feilbaar as ’n dier s’n. So kry jy dat diere mekaar nie verkrag nie, maar dat paring slegs plaasvind wanneer die wyfie daarvoor op natuurlik-wetmatige wyse gereed is. Die mens wat sy verstand ook ín hierdie verband moet gebruik ignoreer dit by verkragtings en onsedelikheid.

Aan die ander kant kom die vrye seks-propagandiste en beweer dat die kerk seks as sonde, sleg en taboe ag. Ja, seks buite die beginsel wat daarvoor geld, is taboe. Daarom sê 1 Tessalonisense 4:5 dat ’n gelowige nie in losbandigheid buite of voor die huwelik moet leef nie (vgl. Maleagi 2:15). Dit mag wees dat sekere kerke, soos die Roomse Kerk, seks behalwe vir voortplanting as sonde ag. Maar die Bybelse ge-bonde Reformatoriese kerk, soos die Hervormde Kerk, sê al eeue lank in sy klassieke huweliksformulier dat seks ’n huwelik doel op sigself is. Die derde doel van die huwelik is “sodat elkeen alle onkuisheid en bose luste moet vermy en met ’n goeie en geruste gewete te kan lewe … moet elke man sy eie vrou hê en elke vrou haar eie man …”

Hierdie opdrag wat ons onder andere ook in 1 Korintiërs 7:5,8,9 vind lê opgesluit in die beginsel van die huwelik by die skepping. Adam sê van Eva dat sy uit homself kom (Gen 2:23), en God sê dat hulle, man en vrou, een sal word (Gen 2:24). Dit dui ook op eenwording van die seksuele verkeer. Nêrens verwag die Skrif of lui die beginsel by die skepping dat ’n huwelik ontbind of selibaat bedryf moet word wanneer die vrugbaarheid jare verstryk het nie!

Wanneer die kerk oor die huwelik riglyne soek, soek hy dit nie in die vyf sogenaamde huwelik strategieë (patriargale, Israelitiese, Joodse, Pauliniese en na-Paulinies soos op die voorblad van Die Hervormer 15 Julie 2007 gerapporteer nie), maar die norm lê in die beginsels van die skepping af. Dit is soos Jesus Christus ons leer.

                                                                                                *             *             *

Die eenheid van ’n huwelik op hierdie sewe beginsels word as ’n simbool van die verhouding tussen Christus, die Bruidegom, en die kerk, die bruid, aangedui (Ef 5:31,32).

 

 s1

 d1

 sw1

 v1