1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5316132

Besoekers aanlyn

Ons het 70 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

AFRIKAANSE SKOLE WEER GETEIKEN

Afrikaanse enkelmedium-skole in dele van Pretoria behoort bedag te wees op die poging om hul te transformeer tot parallelmedium-skole.

In ’n interne memorandum vra ’n direkteur van ’n onderwys distrik in Pretoria ’n mandaat van die Gautengse onderwysdepartement om sekere Afrikaanse enkelmedium-skole in parallelmediumskole te verander.

Onder die hoërskole tel skole soos Centurion, Die Wilgers, Eldoraigne, Menlopark, Garsfontein, Waterkloof en Zwartkop.

Die oorskakeling van enkelmedium na pararallelmedium is dikwels net die eerste stap na algehele verengelsing. Van die 1 396 Afrikaanse enkelmedium-skole in 1993 was daar verlede jaar net 667 Afrikaanse skole oor.

Saam met die verengelsing van universiteite is dit die grootste gevaarlig vir die toekoms van Afrikaans.

Joe Mokhosi, opsteller van die memorandum, het gesê daar is groot druk op Engelse skole in die distrik en dit gaan volgende jaar vererger.

Hy verwag nou van die Afrikaanse skole om Engelse klasse aan te bied om plek te maak vir kinders wat nog nie geholpe is nie. Die skole is volgens hom welvarende skole wat geld kan insamel om bykomende onderwysers aan te stel waar nodig is.

Dit is verregaande van Mokhosi om in dié laat stadium te verwag dat Afrikaanse skole op eie koste klasse in Engels moet aanbied.

Die probleem van te min plek vir Engelse kinders in skole in Pretoria kom al van so lank as vyf jaar gelede. Mense soos Mokhosi wil die probleem nou oorgee aan Afrikaanse skole. Dis ’n gerieflike uitweg vir hom.  Intussen is daar skole in Mamelodi wat letterlik leeg staan. Ouers het hul kinders na ander skole gestuur omdat hulle ordentlike onderrig vir hul kinders wou kry.

Hoewel die Gautengse onderwysdepartement sê die memorandum is nie ’n amptelike dokument nie, behoort die geteikende skole hulle voor te berei dat die kwessie weer en weer by hulle gaan draai.

Oorspronklike berig: Beeld  19 Nov 2010

 s1

 d1

 sw1

 v1

Geloftefees 2018

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie