DIE SATAN EN DIE SUNDAY TIMES
Nou lyk dit vir my die Satan se invloed het neerslag gevind in 'n artikel deur Zoe Brennan wat dit goed gedink het om bespiegelings van ongelowiges in die koerant te plaas wat as geen ander vertolking as verdagmaking van die Bybelse waarhede gesien kan word nie.
"Wetenskaplikes" is glo van mening dat die brandende braambos oor 'n natuurlike gaspyp gegroei het of spontaan ontbrand het as gevolg van vulkaniese aktieweteit. Brennan vra nie die ooglopende vraag oor hoe dit moontlik was dat die bos nie uitgebrand het nie!
Verder word ge-insinueer dat Moses een of ander plant se blare gebruik het wat hallusinasie veroorsaak het. Dat hy nie werklik God se stem gehoor het nie.
Verder word die Sondvloed, die pad deur die Rooi see, die tien plae, die opwekking van Lazarus, die instorting van die mure van Jerigo, Sodom en Gemorra, alles bevraagteken en sogenaamde wetenskaplike verklarings vir die gebeure aangebied. Doelbewuste verdagmaking van die Bybelse waarhede!
Seg ek, as die Sunday Times, die Satan, Brennan, die ongelowiges en atteïste en wetenskaplikes reg is, wat het ons gelowiges om te verloor? Maar as die Bybel waar is, wat het hulle om te verloor?











