"KENNERS".... OOR RASSISME?
By nie een van die sewe respondente is daar egter nugterheid oor hierdie onderwerp waarvan Rapport hulle as kenners beskou nie.
Om drie van die mees liberale blankes in die land uit te soek en vier "voorheen benadeeldes" daarby te voeg en hulle dan as kenners te benoem, is 'n bietjie dik vir 'n daalder.
Dit is tog voor-die-handliggend dat in daardie geselskap glad nie oor ras gepraat wíl word nie, maar slegs oor die negatiewe verbuiging daarvan, nl. Rassisme.
Waarom praat hulle nie oor rasegtheid, rassuiwerheid, rassehandhawing of rasseskeiding nie? Die waarskynlikste verklaring is, omdat dit elke ras se vermoë om 'n ekonomies lewensvatbare beskawing tot stand te bring en volgens beskaafde norme en waardes te handhaaf, aan die orde stel en dit dan prestasiegewys onwillekeurig met ander beskawings vergelyk sal word.
Wat is nou makliker as om deur politieke imperialiste ondersteun te word in 'n verraderlike oorname van 'n bestaande beskawing van hoogstaande gehalte, dit dan hanteer asof dit jòu prestasie was en enige verset daarteen as rassisties af te maak?
Wanneer een na die ander stelsel sneuwel onder die onbestaanbare "nie-rassigheid", word die eienaardigste oorsake uitgedink deur die "kenners". Die werklikheid van die Godgewilde rasverskeidenheid word verduiwels en sondig verklaar en dan in die doofpot gestop as 'n onding wat die onnatuurlike nie-rassigheid moet verhef tot iets wat dit nooit kan wees nie!
Die respondent wat die naaste aan die waarheid gekom het is Wiliam Gumede wat verklaar dat: "Totdat ons erken dat rassisme is diep ingegrawe in gemeenskappe pleks van om in ontkenning te leef, pleisters op te plak en te redeneer dat rassistiese voorvalle is geïsoleerde gebeure, gaan versoening tussen rasse nie moontlik wees nie."
Tussen Leon Wessels, dr. Theuns Eloff, Prof. Piet Strauss, Rhoda Kadalie, dr. Danny Titus en prof. Jonathan Jansen se "kennersretoriek" dat daar gestrewe moet word om rassisme teë te gaan en die ideaal van nie-rassigheid na te streef, is daar geen nugterheid te bemerk van die feitlikheid dat elke ras se natuurlike strewe is om homself te handhaaf nie. Dat dít noodwendig in 'n multikulturele samelewing tot diskriminasie moet lei, wat hulle met hulle "meerdere kennis" as rassisme probeer afmaak, bly steeds 'n onomstootlike feit.
Liberale retoriek wat die realiteit van verval, konflik, en algemene tekens van anargie en chaos wat daaruit voortspruit ignoreer, is om nugterheid teen jou beterwete op die agtergrond te skuif en volstruispolitiek te be-oefen!
Die waarheid, seg ek altyd, laat hom nie weg redeneer nie al het jy hoeveel "kenners" wat hulle bes daarmee doen!











