1 2 3c

Totale besoekerstal

Inhoud Trefslae : 9404335

Besoekers aanlyn

Ons het 6522 gaste aanlyn

  

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

 

Teken aan



____________________ HOE ONS VOOROUERS GELEEF HET (11)

Hierdie keer gaan ons so ‘n bietjie na  Die ou Boerploeg kyk.

Die boere het hierdie ploeg self gemaak.  Die voorstel van die ploeg het bestaan uit twee wiele wat nie net van yster gemaak was nie, maar ook gedeeltelik van hout, sodat dit amper soos klein voorwieletjies van ‘n wa gelyk het, want dit het ‘n bus, ‘n naaf, speke en vellings gehad, presies soos dié van ‘n wa.  So is die hele voorstel, wiele met disselboom, feitlik net van hout gemaak. 

Dan gee Spoelstra ‘n beskrywing tot in die fynste besonderhede van die ander onderdele van die ploeg, almal hoofsaaklik van hout gemaak, soos die balk waaraan handvatsels of ‘n stert geheg is en die taai blok hout wat in die vorm van ‘n skaar afgewerk is, indien ‘n ysterskaar nie bekom kon word nie.

Met hulle eiegemaakte ou ploeg het ons voorouers altyd twee akkers elk van twaalf tree breed en van drie- tot vierhonderd tree lank per dag omgeploeg.

 

Die hulp wat met die ploeg nodig was.

Die oumense was buitengewoon presies op hulle landwerk en in die akker mag daar na die ploeëry geen bankie wees van een vierkante voet nie.  Het daar per ongeluk ‘n bank ontstaan, dan moes die bank omgespit word.  Om mooi te kon ploeg, was daar altyd drie mense by elke ploeg. Voor die osse was die touleier, wat nooit die tou mag opgooi nie, maar van begin tot end moes sorg dat die haar-vooros in die voor loop en nie gehinder word deur sy maat nie.  Die touleier  moes daarom die tou digby die osse se kop vasbind.  Die drywer het aan die hotkant geloop en moes oppas dat hy die osse met die drywery nie uit die voor jaag nie.  By die stert was die man wat die ploeg moes stuur.  Hy het swaar gekry as die grond hard of klipperig was, want dan het die ploeg baie geruk. As daar volop werksmense was, het nog ‘n man aan die haarkant geloop om die middelste osse te keer dat hulle nie uit die voor spring nie.  Op hierdie manier is goeie werk gedoen.

As die akker mooi aangevoor was, kon daar nie banke kom nie. Met die aanvoor is die akker aan albei kante mooi gelyk afgetree en kry die touleier die opdrag: “Sit mooi jou bors op die vlaggie.”  Die touleier was gewoonlik daarvoor die geskikste van die vier manne. Die osse was groot en sterk, maar die mense was so jammer vir hul trekdiere dat dieselfde span  vir nie meer as twee trekke per dag ingespan is nie, al was die osse spekvet.

 

Die 75-ploeg ingevoer

Die ou boereploeg het gedien tot ongeveer 1860, waarna die houtbalk nr.75-ploeg gekom en vir klein tuine die nommer 25 omslagploegie.  Later het die “Star” opgedaag na die Tweede Vryheidsoorlog.  Maar die oumense was  jare en jare lank tevrede met met hul eie  selfgemaakte soort.

 

Die ou eiegemaakte eg

Drie sterk boomstamme is gebruik om ‘n driehoek aanmekaar te heg. Op gereelde afstande is gate geboor waarin sterk houtpenne geslaan is.  Aan die eg is ‘n riem gebind wat die man wat agter hom geloop het, vasgehou het en die eg mee opgelig het wanneer daar te veel onkruid en klippe onder hom was. Wanneer ‘n pen deur harde, kluiterige grond gebreek word, is op die plek halt geroep en  ‘n nuwe pen ingeslaan.

By die eg was altyd vier man nodig, die touleier, die drywer en twee wat die eg se tande moes versorg en bevry van klippe en onkruid.  Hierdie eg het die grond gelyker bewerk as wat die moderne eg van drie stukke dit kan doen

Omdat die houtpenne so gepla het om te breek, het hulle later ysterpenne gebruik en sommige boere het probeer om ‘n eg te bekom wat van ou wabande gemaak was, met dieselfde vorm as die houteg.  Dit is later vervang met die nuwe  ingevoerde ligter yster-êë, maar baie boere het nog lank die waband-eg verkies.

 s1

 d1

 sw1

 v1