1 2 3c

Totale besoekerstal

Inhoud Trefslae : 9659943

Besoekers aanlyn

Ons het 2108 gaste aanlyn

  

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

 

Teken aan



____________________ HOE ONS VOOROUERS GELEEF HET (6)

Ons bied nog ‘n uittreksel aan uit die interessante werk van Spoelstra,  Ons Volkslewe van Toeka. Hierdie keer gaan dit oor  Die Jongspan.

Verskil tussen Europese en Afrikaanse kinderlewe

Die spreekwoord, “Wat jonk is speel graag,  wat oud is brom graag”, was ook van toepassing  op die huisgesinne van die ou boere in Suid-Afrika.  Die klimaat in lande soos Engeland en Holland het ouers gedwing om speelgoed te voorsien aan hulle kinders om binnenshuis mee te speel.  Ons voorouers se kinders moes maar feitlik van kleins af vir pa en ma help om die beeste, kalwers en skape op te pas, of in die huishouding te help met die regmaak van die kamers of die versorging van broertjies en sussies.  Hulle het op eensame plase gebly en die geleenthede om met ander kinders te speel, was nie volop nie.

Hulle spel

In die veld agter die skape was speelmaats skaars en was die blanke seuntjies verplig om saam met die swart klonkies te speel. In die veld was daar altyd net ‘n paar bymekaar, wat nie baie soorte speletjies geken het nie, maar tog was hulle nooit verveeld nie.

Kleiosse

Met potklei uit die vleie en riviere het hulle sulke mooi kleiosse gemaak  dat enige beroemde boetseerder ‘n mooi bobbejaan is om hulle dit beter na te doen.  Hulle het ook modelle van perde, donkies en selfs van pluimvee gemaak  Hulle het waentjies en karre van klei en rietjies gemaak en hulle osse of perde ingespan.  Jukke, stringe en leisels was van rietjies, biesies of tulpe.  Die spulletjie is luidkeels aangedryf met ‘n klein swepie.  As hulle weer na die vee toe moes hardloop, het hulle alles in krale en stalle in die sand gebêre tot die volgende dag wanneer hulle verder gespeel het.

Die kleilat

Dit was ‘n kweperlat waaraan hulle stukkies klei op die punt geplak het.  Voëls wat in die koringland gepla het, is met kleilatte verwilder.. Hulle kon akkuraat met die kleilat gooi.

Die slingervel

Dit het bestaan uit twee ewelang riempies met ‘n stukkie sagte leer in die middel.  Om ‘n klippie met ‘n slingervel te kan slinger, het baie  oefening gekos, maar van die seuns was só vaardig daarmee dat hulle ‘n patrys op vyftig tree kon tref en doodgooi.  Hulle het nie speletjies met die slingervel gespeel nie, want die vlieënde klippie kon baie seermaak, só seer dat Dawid vir Goliat daarmee neergevel het!

Pyl en boog

Die boog was van ‘n stywe stuk spaansriet of ‘n stewige lat van ‘n boom.  Die gebuigde ente word gespan met ‘’n riempie.  Die pyle was gewoonlik  die ligte, reguit boonste lit van ‘n graansorgumplant, net onderkant die saad.  Aan die punt van die peil is ‘n skerp stukkie been  met seninggare vasgewoel.  Hulle kon baie netjies met die peil en boog skiet en het  meerkatte, korhane en selfs hase daarmee geskiet.

Die dolosse

Elke klein seuntjie het gewoonlik ‘n  ingespande span dolosse gehad wat hy gewoonlik voor ‘n slee of tuisgemaakte waentjie gespan en getrek het.  Hy het die osse geslaan met ‘n swepie wat hy gemaak het van ‘n riempie wat hy skelmpies van sy pa se riempiesvel afgesny het.

Ruiterbal

‘n Klompie seuns by mekaar, soos by hulle skool,, het graag ruiterbal gespeel.  Die kring ruiters gooi ‘n ou bal na mekaar, maar die perde op wie se rugge hulle sit, spring só rond dat die ruiters die bal moeilik vang.  As een van die ruiters die bal misvang, spring almal af en hardloop weg.  Een van die perde gryp die bal en probeer om een van die ruiters raak te gooi.. Gooi hy mis, moet die perde maar weer met die ruiters op hulle rugge gaan staan. Gooi hy raak, word alles omgeruil: Dan word die perde ruiters en die ruiters word perde.

Oorlog

‘n Afgebakende “slagveld” word met ‘n streep tussen die twee vegtende partye verdeel.  Op elkeen se terrein is ‘n klompie klippe versprei. Die twee vegtende partye probeer nou om mekaar se klippe te verower.  Krygsgevangenes word gemaak en weer ontset en so veg die Boere teen die Engelse tot hulle moeg is

Advokaat

‘n Groot aantal seuns  het dit saam gespeel.  Hulle het dit genoem die “advokaat”-spel, of aboel, appeltjies, abdelkader, aboelkader, afferkaat en “kaboel en hasie”.   Daar is weer twee spanne wat deelneem en wat probeer om by afghebakende punte  by mekaar verby te spring volgens vasgestelde reëls.

Stoei en vuisslaan

Hulle het baie tyd daaraan bestee.  Met vuisslaan het hulle so speel-speel soms so goed leer skerm dat ‘n beroepsbokser eenmaal met eenvoudige boertjies hom lelik vergis en verloor het, toe hy dit nooit verwag het nie.

Gemengde spele

Dit was ‘n lekker spel vir seuns en meisies saam wat in twee groepe in twee kringe probeer het om mekaar met ‘n bal raak te gooi.  Dit het onder sekere reëls plaasgevind.. Elkeen wat raakgegooi word, was  “uit”.  Die kant wat eerste almal raakgegooi is, het die spel verloor.

Blinddoekspel

Een van die bekendstes was “Klaas en Januarie”, wat geblinddoek binne in ‘n groot kring beweeg.  Die geblinddoekte baas is ook in die kring, wat probeer om een van die twee bediendes wat nie die skape of die perde opgepas het nie, in die hande te kry en te straf.  Die kring moes keer dat nie een van die twee ontsnap nie.

Die ou boer skoenmaker

Drie mense het mooi langs mekaar gaan sit.  Die middelste een moet msaak of  hy ‘n velskoen maak.  Hy haal dan met die een, dan met die ander hand die riempie deur en elke keer met die deurhaal, mag hy die maat wat langs hom sit, ‘n goeie klap teen sy bene gee.  Sy maats sit klaar om te keer met ‘n lat of ‘n swaarder slaanding om die skoenmaker terug te slaan.  ‘n Handige skoenmaker het links en regs klappe uitgedeel en self amper niks gekry nie.

Bewaar die knikkertjie

Die kinders sit in ‘n ry met die hande teen mekaar.  Dié een wat die knikkertjie het, maak of sy dit in een van die ander se hande sit met die woorde:  “Bewaar dat geen kat of muis dit bykom nie.  Sy laat val die knikker in een van hulle se hande en wil dan weet wie die knikker het.  Die een wat verkeerd sê kry ‘n klap. En so, met variasies, gaan die spel aan.

Al jare, al jare so deur die bos

Hierdie speletjie het die kleintjies baie besig gehou.  Hulle kom in ‘n ry tussen die hande van twee groter kinders deur, al singende: “Al jare, al jare so deur die bos, my pa en my ma kook lekker kos”. Daar word dan allerhande dinge gedoen met die wat laaste in die ry is, ensovoorts.

Ellie Rose

Kinders en jongmense was lief om dit te speel..  Hulle staan twee-twee, ‘n seun en ‘n dogter, agtermekaar.  Een seun staan voor die voorste paar en hy is die wewenaar..  As hy roep “Ellie Rose”, dan moet die agterste paar hardloop om voor te kom en in die tyd wat hulle hardloop, moet die wewenaar sy bes doen om die dogter te vang.  So ontwikkel die spel verder.

Job wil nie lag nie

Al die spelers sit in ‘n kring om Job en kry ‘n naam van iets wat mens in die kombuis gebruik  Een speler vat ‘n doek met ‘n knoop daarin en slaan vir Job en vra: ”Waarom wil jy nie lag nie?”  Job antwoord oor iets in die kombuis soos:  “Omdat die vadoek nie wil skottels was nie.”  Dan kry die vadoek pak tot hy iets anders die skuld gee, soos :  “Die rooster wil nie die kole keer nie”.  En so gaan dit aan.

Kindertjies kom tuis

Dit was ‘n slaanspeletjie vir die kleintjies. Hulle sit op ‘n afstand van “Ouma” af.  Een kom aangespring tot voor ouma.  Ouma vra: “Waar kom jy vandaan?”  “Van Grootvader Bos.”  “Wat het jy daar gemaak?”  “Kinders opgepas.”  “Wat het Grootvader Bos jou betaal?” “Mosbeskuit”of so iets.  “Het jy vir my iets gebêre?””  “Ja.”  “Waarin?”   As die kind sê , “In ‘n  mooi skoon koppie, of in ‘n mooi mandjie”, dan sê ouma:  “Jy is ‘n liewe kind.  Kom sit maar by my.” As die kind sê:  “In ‘n vuil, ou stukkende emmer, of in ‘n asbak”,  is ouma kwaad en word die kind geslaan.  So speel ouma met al die kindertjies klaar en dan word ‘n ander een weer ouma.

Ou-ooi en Jakkals

Een kind is Ou-ooi en een is Jakkals, die ander is lammetjies.  Jakkals vra vir Ou-ooi ‘n lammetjie en moet hom dan kom vang.  Dit gee ‘n vreeslike deurmekaarspul af en die lammetjies val dat hulle rol om uit Jakkals se pad te kom.  Wanneer hy almal gevang het,  begin die speletjie weer met ‘n ander Jakkals en ‘n ander Ou-ooi.

Eier in die hoed

Dit was ‘n balspel wat meesal deur seuns gespeel is.  Hulle hoede word in ‘n reguit ry geplaas en drie of vier tree daarvandaan word ‘n streep getrek, ewewydig met die hoede.  Almal kry ‘n kans om hiervandaan die bal in een van die hoede te gooi.  Slaag hy, mag hy die bal vat en die ander kinders daarmee gooi. Gooi hy een raak, kry daardie kind ‘n  klip  (‘n eier) in sy hoed.  Gooi hy mis, kry hy self ‘n klip in sy hoed.  As iemand ses klippe in sy hoed  het, dan is dit ‘n broeisel en moet hy eenkant gaan staan.  Hy kan dan gaan broei.

Die poppe

Die dogtertjjies het met lappoppe gespeel met gesigte wat gemaak is van die vliese wat uit ‘n slagding gekry is. Wanneer ‘n paar dogtertjies bymekaar was, het hulle nooientjie gespeel en gemaak of die poppe vir mekaar gaan kuier, dat die een by die ander kom eet, ensovoorts.

So was daar op die eensame plase, wanneer daar  genoeg mense bymekaar was, geen gebrek aan speletjies om die tyd aangenaam en plesierig om te kry nie.

 

 s1

 d1

 sw1

 v1