1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
4092776

Besoekers aanlyn

Ons het 39 gaste en geen lede aanlyn

 

  HF Verwoerd 50 Jaar

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

DIE GEVOLGE VAN KORRUPSIE

WAT IS KORRUPSIE?

Die ontleding van die betekenis van die woord korrupsie is sekerlik die beste beskrywing vir die huidige bewind in Suid-Afrika wat ‘n mens kan bedink.

Korrupsie beteken onder andere ook bederf.   Dit is by bederf waar ons die regime en sy amptenare se ware kleure teen die helder agtergrond van waarheid, reg en geregtigheid sien uitstaan, want bederf beteken ook verwoes, beskadig, onbruikbaar maak, vrot word verrot, verwen, verydel, belemmer, versleg, ontaard, beskadig, verderf, ondergang, ontbinding, agteruitgang.

 

BEDROG IN STAAT

Dit is die hoofopskrif in Beeld van Saterdag 11 September, op die voorblad in dik vet letters.

96,000 staatsamptenare wat welsynstoelaes van die staat gesteel het.   Nog 80,000 amptenare kan van bedrog aangekla word, lui die berig.   Talle skuldig, dog niemand geskors.   Korrupsie is werklik baie, baie ernstig en as ons dit nie nou hanteer nie, gaan dit nog erger word sê adv. Willie Hofmeyr, hoof van SOE (SPESIALE ONDERSOEKEENHEID)

As dit al was kon ‘n mens nog sê die kritiek is ongegrond.   Daar is mos maar oral ongerymdhede waar geld tersake is.  Maar in Sake 24 van Dinsdag 10 Augustus is die hoofopskrif: Woede vlam op oor kripvreter Elite. In hierdie berig word verwys na korrupsiekanker in SA.   Die man aan die woord is Vavi, die hoofsekretaris van Cosatu wat voorspel dat Suid-Afrika binne vyf jaar net soos die korrupte gemeenskappe van Luanda, Angola en Nigerië gaan word as korrupsie nie hok geslaan word nie.

Hoe word korrupsie hokgeslaan as die mense wat daaroor moet waak self korrup is, is die vraag.   Ons dink hier aan Jacob Zuma, die “president” van Suid-Afrika en die aanklagte oor die wapenbedrogsaak wat onder die mat ingevee is.   Shaik se parool, Selebi die hoof van Interpol en SAP in die Aglioti verbintenis.   Mandela en Nkobi holdings.   Die ANC wat na die afloop van die 1994 verkiesing volgens Sunday Times, R65-miljoen in die rooi was en nou miljoene rand sterk!

 

HOE LANK SAL DIE EKONOMIE HOU?

Met 1000 soldate wat geskors is, by die huis sit en steeds besoldig word teen die trant van R72 miljoen en nog boonop saam met hulle werkende kollegas bonusse en verhogings kry, is die skrif aan die muur!

Die Burger berig van 7,5 miljard begrotingstekort in die departement van gesondheid en abnormale hoë skuld wat van boekjaar na boekjaar oorgedra word.

Die tendens van korruptiewe optrede het drasties van honderde duisende rande na miljoene en selfs miljarde geêskaleer.

Dit is die nalatenskap van De Klerk en sy bende wat Suid-Afrikaners in hulle honderde duisende na armblanke plakkerskampe gedwing het waar kos en gesondheidsdienste nie bestaan nie!   Waar oumense op die grond moet slaap, sonder noodsaaklike lewensmiddele terwyl 'hooggeplaastes' in weelde leef op die verdienste vir hulle verraad!

Dat die totale ineenstorting van die Suid-Afrikaanse ekonomie voor die deur is, verg nie uitermate hoë intelligensie nie.   Dit word huidiglik kunsmatig aan die gang gehou terwyl Suid-Afrika in ‘n skuldlas ingedompel word waaruit hy moeilik sal loskom.

Terwyl die land wat met goed en bloed deur ons Afrikanerouers opgebou is, en nou verwoes, beskadig, onbruikbaar gemaak, verrot word en met rasse skrede agteruitgaan, sê Pallo Jordan in die Sunday Times van 15 Augustus 2010: “And, let us face it, meaningfull change necessarily entails replacing white faces with black ones in the centre of political and economic power.   Pretending otherwise is either dishonest or mischievous”.

Op ons beurt sê die AVP dat mense wat voorgee dat daar met hierdie korrupte spul onderhandel kan word in belang van die vryheid van die Afrikaner, is nie eerlik nie of ongelooflik naïef.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Mandela Klein Advertensie Des 2013