1 2 3c

Totale besoekerstal

Inhoud Trefslae : 9436828

Besoekers aanlyn

Ons het 62 gaste aanlyn

  

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

 

Teken aan



NAVO SE INTERIM-REGERING SAL NIE GEWELD IN SA STOP

Suid-Afrika beleef tans die ergste potensiële geweldskrisis ooit. Selfs die buitelandse media kou naels oor die verwagte rewolusionêre uitbarstings wat deur die stakings meegebring kan word. Dit is net Naspers wat gewilliglik die woord van swye van dié wie se brood hulle eet spreek, en ook dít was nie goed genoeg nie en moet nou deur nog 'n kommunistiese wet aan bande gelê word.

Wat is veronderstel om met Suid-Afrika te gebeur indien die geweld onkeerbare afmetings aanneem? Sal dit die VN wees, of dalk NAVO wat gereed sit om sogenaamde orde te kom skep met 'n interim-regering waarin die Afrikaner geen sê sal hê nie?

So onlangs soos 'n jaar gelede tydens 'n vergadering van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO) se Veiligheidskomitee in Julie 2009, het 'n Suid-Afrikaanse verteenwoordiger die eskalerende geweld in die land bespreek. Op sy vraag of 'n mag van die Verenigde Nasies ingestuur sal word as hier onbeheerbare anargie en chaos uitbreek, was die antwoord aan hom: "Nee, die VN is nie by magte om in enige konfliksituasie ferm op te tree en vrede te herstel nie want hy is vandag grootliks 'n Derde Wêreldorganisasie wat magsbehep, verwaand en net so onordelik en lafhartig en onbeholpe is soos die lande waarheen hy gestuur word. Hy is nie in staat om magsbehepte tiranne en diktators aan bande te lê nie. Die wapen wat ons in sy hand gestop het, gee aan hom die illusie dat hy die groot vredemaker is maar dis van alle waarheid ontbloot.

"Wanneer Suid-Afrika in chaos verval stuur ons onmiddellik 'n NAVO-taakmag in om die situasie te stabiliseer en dan beheer van die land oor te neem met 'n interim-regering, en julle Blankes sal maar daarmee vrede moet maak, óf die gevolge dra..."

Kom ons bekyk die organisasie NAVO  en die verdrag tussen die onderlinge state bietjie van nader.

Die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie het tot stand gekom toe  'n militêre verdrag ter wedersydse beskerming en samewerking tussen westerse lande waaronder ook Frankryk, Duitsland, België, die VSA en Brittanje aangegaan is met die doel om 'n front teen die Kommunisme vanuit die Oosblok te vorm. Die verdrag van Warskou het op sy beurt op 14 Mei 1955  die lig gesien om as teenvoeter vir NAVO te dien.

Die kern vir die doel van die NAVO-verdrag wat in Artikel 5 gestipuleer word, stel dat ingeval 'n aanval op een van die state geloods word, alle lidlande onder hierdie verdrag sal help om die aanval af te weer. Sedert die einde van die Koue Oorlog het hulle hul egter begin toespits op die bestryding van terrorisme en anargie. So het hulle ná die aanslag van 11 September 2001 in New York en Washington die VN, wat intussen volgens sy meesters 'n nuttelose organisasie geword het, bygestaan met onder andere radarvliegtuie.

Die Sekretaris-generaal is die hoogste outoriteit in NAVO en die pos word tradisioneel deur 'n Europiër gevul. Van 2004 tot 2009 was dit 'n Nederlander, Jaap de Hoop Scheffer, wat ook die voorsitter van die Noord-Atlantiese Raad (NAR) is. Die NAR bestaan uit permanente verteenwoordigers van die lidstate. Hulle vergader elke Woensdag, word bygestaan deur die Militêre Komitee waar elke lidstaat ook verteenwoordig is, en hier word die uiteindelik finale politieke besluite geneem.

Die hoogste militêre kommandant van NAVO met die vername titel die Supreme Allied Commander Europe (SACEUR), was tot dusver nog altyd 'n Amerikaner, en is ook kommandant van NAVO-troepe buite Europa. Die politieke hoofkwartier van NAVO is egter in Brussels gesetel, waar ook die NAR gevestig is. Die heel eerste NAVO-hoofkwartier was in Londen opgerig waarna dit in 1960 na Parys geskuif is en in 1966 na Brussels. Tans word daar 'n splinternuwe gebou in Brussels ontwerp om as nuwe hoofkwartier te dien.

Die Supreme Headquarters Allied Power Europe (SHAPE)  is hulle militêre kommandosentrum wat in die noorde van België gevestig is.

In 1986 is ook 'n outonome oorkoepelende liggaam opgerig, die Eurogroep. Alle Europese NAVO-lidsstate behoort hieraan en in hierdie organisasie word hulle gemeenskaplike standpunte bespreek en gevorm.

Dit is duidelik dat NAVO 'n goedgeorganiseerde instansie is wat sy besluite getrou en met vasberadenheid uitvoer en alleen die besluit sal neem oor wie hy as 'n geskikte tussentydse regering beskou indien hulle in Suid-Afrika se binnelandse krisis sou ingryp. Daarom kan aanvaar word dat die dreigement wat uit daardie vergadering van 2009 gespruit het dat Suid-Afrikaners die gevolge sal moet dra indien hulle in opstand sou kom teen die regering wat deur NAVO aangewys sal word,  nie 'n ydelike een sal wees nie. Dit sal egter bomenslike inspanning van elke reggeaarde Afrikaner verg om nie in opstand te kom teen wie vermoedelik aangewys sal word nie; dit verg nie veel intelligensie om te sien waarmee FW de Klerk  en sy gespuis besig is nie. Daar is geen manier waarop NAVO die omgekeerde land in die hande van nog 'n Swart, geweldsbehepte regering sal plaas nie wat van De Klerk en sy meelopers die ideale kandidate maak, hieraan werk hy reeds sedert 1995.

Om terug te keer na Naspers se swye oor die moontlikheid van totale anargie en chaos, dít wat die buiteland wel vir Suid-Afrika in die nabye toekoms voorsien: daar was 'n tyd toe die media in ons land nie so totaal verblind was deur liberalisme en angs  in hulle beriggewing nie. Hulle het dit selfs gewaag om Swart en Blank by die naam te noem, iets wat nooit weer onder die Swart regime gebeur het nie omdat hulle verbied is; en dan wil hulle nog voorgee dat hulle die afgelope 16 jaar vry en onpartydig hulle plek volstaan.

Op 15 April 1993, net na die chaotiese begrafnis van Chris Hani toe geweld hoogty gevier het, skryf Beeld:

"Die gesinne van die Suid-Afrikaanse ambassade-personeel in Umtata is gister inderhaas in veiligheid gebring nadat 'n deel van 'n skare van sowat veertigduisend oproeriges die gebou binnegestorm en verniel het.

"Die aanval op die ambassade het gevolg op 'n gedenkdiens vir die vermoorde mnr Chris Hani in die Transkeise hoofstad. Teen druktyd was die ambassade se telefone steeds afgesny en die Departement van Buitelandse Sake in Pretoria kon nie daarin slaag om hulle te bereik nie.

"Derduisende rande se skade is aan die gebou aangerig. Die oproeriges het die ambassade-hek afgebreek voordat hulle die terrein binnegestroom het. Vensters is stukkend geslaan, water- en rioolpype is afgeruk en bome in die ambassade-tuin is ontwortel. Selfs die grasperke is verniel.

"Blanke verslaggewers was geskok toe hulle deur swart jeugdiges aangeval is. Geweld het dwarsdeur Suid-Afrika versprei terwyl honderde duisende swartes aan hulle woede uiting gegee het.

"Twee blanke Suid-Afrikaners wat hul huise probeer beskerm het, is lewendig verkool, en 'n derde is in 'n ernstige toestand in die hospitaal nadat sy tong afgesny is..."

Ook op 21 April 1993 berig Beeld:

"Mnr Nelson Mandela het gekla dat swartmense se lewens goedkoop is in Suid-Afrika. Dit is nie net Swartmense wie se lewens goedkoop deur sommige ander mense geag word nie. Enige mens, enige lewe word nie ontsien nie..."

Klink die toestand bekend? Behalwe dat dit nou baie erger is waar daar  ongeveer 22 000 mense per jaar in die land vermoor word. Geen wonder dat die Amerikaanse Intelligensielede die toestand in Suid-Afrika met arensdoë monitor nie; hulle hou geruime tyd reeds asem op en dwarsdeur die wêreld stroom berigte dat Suid-Afrika feitlik reeds in oorlog gehul is terwyl Naspers se verantwoordelik teenoor die veiligheid van die landsburgers op 27 April 1994 tot einde gekom het.

Dat daar vir ons 'n veelbewoë tyd voorlê is nie te betwyfel, daarteen is ons vir baie jare gewaarsku. Die tekens bevestig elke dag al meer dat profete soos Jaap Marais se politieke insig jare gelede ter harte geneem moes word. Nou is dit egter te laat om die momentum van die rewolusie-wiel te stop en kan ons ons vir hulp tot net een Bron wend. Laat ons dit dan knielend en getrou in die volgende weke en maande doen want daar wag lig aan die ander kant van hierdie donker tonnel; dit is wat rewolusie beteken: wat bo is sal weer na onder, en wat onder is sal weer na bo; ons wat reeds in jare geen volk was nie, sal weer die volk van God word, en Hy sal weer sy barmhartigheid aan ons bewys as ons in erkenning en dankbaarheid voor Hom verootmoedig.

Beskerm u en u families intussen daadwerklik na die beste van u vermoë en moet vir geen oomblik dink omdat u dit nie van die nasionale pers verneem, dat hier nié 'n eskalerende geweldstoestand aan die broei is wat duisende mense se bloed in 'n kort tyd kan laat vloei nie. En hierdie keer sal dit nie net Blankes se tonge wees wat uitgesny word nie.

 s1

 d1

 sw1

 v1