1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
13878728

Besoekers aanlyn

Ons het en aanlyn

Teken aan

ONDERWYS MOET SELFRESPEK HERWIN

MEDIAVERKLARING

Indicato neem met skok en teleurstelling kennis van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) se deelname aan die staatdiensstaking en die samewerking met organisasies van kommunistiese ingesteldheid soos Cosatu. Die ontevredenheid met vergoedingsvlakke vir onderwysers word verstaan, maar die wyse waarop hier opgetree word, kan nie goedgepraat word nie.

VERKEERDE WERKSWYSE EN KEUSE VAN BONDGENOTE

Die wyse waarop die stakings gereël word, met pette, T-hemde wat uitgedeel en nog daarby “Bring jou vuvuzela!” en straatoptogte (SAOU se WK Nuusflits 38 van 2010) verlaag onderwysers tot maar net ‘n nog ‘n groep werkers wat ronddans. Dit lyk of onderwysers - insluitende die oorwegend Afrikaanssprekende korps van die SAOU - die vervlakking wat menseregte en al die sosialisme wat deur Kurrikulum 2005 in die skole ingedra is nou geabsorbeer het tot op ‘n punt wat daar weinig onderskeid tussen “leerders” en hulle onderwysers is as beide hulle laat aftrek na ‘n humanistiese lewensbeskouing van gelykheid en menseregte.

Die SAOU se webblad dra verskeie dokumente van die staking onder beheer van “Cde” (comrade) sus en so, ‘n term waarvan Afrikaners en regdenkendes wat die kommunisme verwerp en bestry, hulle voorheen duidelik afgeskei het. Dis ‘n skandelike dag dat die eens trotse SAOU nou in hierdie geselskap voordeel soek.

VERGOEDING IS PROBLEMATIES

Dit is so dat die onderwysberoep oor baie jare beskadig is deur vergoeding wat nie tred gehou het nie, en nie erkenning gegee het aan die professionele status en besonder belangrike posisie wat dit in ‘n samelewing behoort te hê nie. Dit is ook op die oomblik waar dat onderwysers gerus beter vergoed mag word, maar as die onderwysberoep homself verlaag tot stakings waarin hulle boonop soos ‘n klomp

kommunistiese arbeiders met pette, T-hemde en vuvuzelas die strate invaar, doen hulle self mee aan die afbreek van die status van onderwys, wat in beginsel ‘n edele en hoogstaande funksie in die samelewing behoort te wees. Die regering moet ook verantwoordelikheid aanvaar vir hierdie steurings in die onderwys as belastinggeld links en regs vermors word en in korrupsie opgaan, terwyl onderwysers nie opgebou word vir die belangrike rol wat hulle in die samelewing vervul nie.

VERHOUDING MET PRIVAATSKOLE

Hierdie optrede van die SAOU is onverantwoordelik en rig onberekenbare skade aan in die geloofwaardigheid van die uitoefening van dissipline in skole. Dit is ook ‘n terugslag vir die verhoudinge van die SAOU met privaatskole – en veral daardie privaatskole wat ernstig probeer om Afrikaanse christelike onderwys te handhaaf – as die SAOU met die werkersvakbonde in kommunistiese wyse van optrede saamspan pleks daarvan om sterker aansluiting te soek by die Afrikaanse christelike onderwysinisiatiewe.

Ouers wat ernstig is oor die handhawing van onderwysstandaarde en die opsoek van christelike onderwys vir hulle kinders, moet kennis neem dat hierdie staking die antitese tussen staatsonderwys en christelike privaatonderwys versterk, en dat die maak van besliste keuses tussen staatsonderwys en christelike onderwys nie langer uitgestel kan word nie.

Die christelike privaatskole, en meer spesifiek rolspelers soos die Beweging vir Christelik-volkseie Onderwys (BCVO) en ARSO (Aksie Reformatoriese Onderwys) wat tot ‘n mate die ruimte vir Afrikaanse christelike onderwys te beset, moet egter ook besin hoe lank die onder-gekapitaliseerde situasie in hierdie geledere volhoubaar is. Intussen moet ons almal die onderwysers wat hier aanhou werk - dikwels met beperkte hulpbronne en met onbevredigende vergoeding – salueer. Dat hierdie personeelkorps nie staak en ronddans nie, is ‘n beskamende voorbeeld vir die SAOU se lede en moet ouers opnuut laat dink in watter skole kinders regtig leer hoe die gelowige sy lewe inrig, en waar daar standhoudende onderwys is waar roepingsbewustheid sigbaar is.

OPLOSSINGS

Die huidige regering het al dikwels gewys hoe min hy hom werklik aan sy bevolking sy behoeftes steur en die staking gaan weinig invloed op die regering hê. Dit breek onderwys net nog verder af.

Christelike Afrikaanse onderwys moet sy wortels terugvind, met insig hoe om dit in praktyk werkbaar te maak in die Suid-Afrika van die 21ste eeu. Die pad vir gesonde onderwys is een wat los staan van die huidige regering en aansluiting soek by westerse standaarde, en vrye onderwys is wat onder eie beheer van die gemeenskap vir die die onderwys opgestel is, staan, sonder regeringsinmenging.

Dit is bereikbaar deur privaatonderwys wat die Bybel bely en ken, en wat die onderwyser betaal wat sy werk werd is (Lukas 10:7; 1 Timotheüs 5:18). Dit verg sake-insig wat skole tot stand kan bring wat nie net in geestelikheid sterk staan nie, maar ook ‘n realistiese bestaan en loopbaan aan onderwysers kan bied. Die Afrikaner-sakemanne, geestelike en onderwysleiers se kundigheid moet saamgevoeg word om skole op te rig wat leerlinge en onderwysers vanself sal aantrek, en wat werklik in die 21ste eeu onderwys lewer.

As die skande van die staking waarin Afrikaner-christenonderwysers nou meedoen in die kommunistiese styl, kan dien om ons wakker te skud; om ons op te roep om met wesentlike kapitaal skole te bou wat die mooi ideale, maar sukkelende formate van Christelike Afrikaanse onderwys tot die eer van God en die voordeel van hele samelewing kan sterk maak, dan kan hierdie staking dalk tog ‘n goeie uitwerking hê.

 

LEONARD VAN DER DUSSEN

Besturende Direkteur

Selfoon : 082-5732-732

Epos : This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 s1

 d1

 sw1

 v1