1 2 3c

Totale besoekerstal

Inhoud Trefslae : 9438819

Besoekers aanlyn

Ons het 56 gaste aanlyn

  

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

 

Teken aan



RED SPRINGBOKSPAN MET JAKE WHITE!

Gerugte dat Jake White weer die Springbokke wil afrig behoort met ope arms deur alle rugbyondersteuners ontvang te word. Natuurlik sal ‘n ‘rassistiese’ berg weer opgediep word maar White is die man wat die Springbokspan tot op die kruin van sukses gebring het. Peter de Villiers het vir ‘n tyd lank voortgeploeg met die sukses van White se harde werk maar na die laaste drie wedstryde en veral Saterdag se goeie pak slae van 13-30 teen die Wallabies kan enigiemand met verstand tog sien dat De Villiers nie White se skoene kan volstaan nie. In die verloortoetse die vorige twee naweke teen die All Blacks was dit ook baie duidelik dat die Springbokke se spel en dissipline nie op peil is nie.
White self is meer as gereed om wéér die leisels van die nasionale span op te neem en gesê dat hy ná aanstaande jaar se Wêreldbekerrugby toernooi in Nieu-Seeland aansoek gaan doen om die pos van die huidige afrigter, Peter de Villiers.

De Villiers het hom die afgelope drie weke in Australasië in die spervuur bevind oor talle uitlatings wat hy ná die Bokke se nederlae teen die All Blacks gemaak het. Hy het onder meer die skeidsregters die skuld gegee vir die Bokke se powere vertonings.

De Villiers se kontrak as Springbok-afrigter verval ná die Wêreldbeker-toernooi en dit is ’n byna uitgemaakte saak dat die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) nie sy dienskontrak sal verleng nie.

White het die afgelope week gewaarsku dat die Springbokke aanstaande jaar kwesbaar kan wees as hulle nie vinnig met nuwe idees vorendag kom nie.

Gerugte van tweespalt in die Bok-kamp – blykbaar oor spankeuses en veral oor die Bok-kaptein, John Smit, se posisie in die span – kon nie bevestig word nie, maar loop dik in hoë rugbykringe.

 s1

 d1

 sw1

 v1