HEIL DIE LESER (9) DIE SKADUWEE
DIE SKADUWEE
Elkeen het ’n skaduwee, ’n geheime self, ’n donker kant.
Hy steek dit weg, sy swakheid, sy ware self.
Sy skaduwee is onsigbaar uit die son en in die nag.
Agtervolg hom, skyn ’n lig op hom of sit hom in die son,
en jy sal verbaas wees wat sy skaduwee jou vertel.
Groetnis!
Neef Jan











