ENGELSE KRIEKETBASE SE GRAPPIE
U ken die grappie:
Koos van der Merwe verloor sy Krugerrand in die donker êrens langs die pad en hy begin sy naarstige soektog na die kosbare munt onder ‘n lamppaal.
Iemand wat weet Van der Merwe het die Krugerrand eintlik doer in die donker verloor sê vir hom hy is laf om dit in die straatlig te soek, Van der Merwe wat antwoord: Dis jy wat laf is as jy dink ek kan my Krugerrand daar in die donker kry.
Iets in hierdie verband is die Britse regering se besluit om sanksies teen sowat 3 200 sokkeraanhangers te verleng sodat hulle nie Suid-Afrika vir die 2010 Wêreldbeker kan besoek nie; hulle vergeet skoon van byvoorbeeld Islamitiese radikale (ook uit Brittanje) wat sokkergeweld in Suid-Afrika in die mou voer.
Brittanje se “sokkerboewe”, en regte boewe is weens hulle gedrag by sokkerwedstryde belet om enige wedstryde in hulle land by te woon, ons kan wed omdat van hulle hul ontevredenheid, selfs net deur net skewebek te trek en aapgeluide te maak vir Swart sokkerspelers wat die ware Britte uit hul sokkerspanne druk, te kenne gegee het.
Dié “sokkerboewe” en regte boewe moet as deel van ‘n staande bepaling reeds hulle paspoorte voor enige internasionale wedstryde aan die Bobbies oorhandig.
Die Britse departement van binnelandse sake het gesê die Britse regering gaan egter ’n “periode van beheer afdwing om die tyd gebonde aan hulle onvermoë om te reis te verleng”.
Byna die helfte van sowat 3 752 “sokkerboewe” is vir ontoelaatbare gedrag (skewebek trek en aapgeluide?) in hegtenis geneem, terwyl ’n derde vir die misbruik van alkohol agter tralies gesit is.
Maar mens wonder ook of dit nie meer opwindend as sokker sal wees nie om die Engelse boewe maar te stuur dat hulle en die Suid-Afrikaanse boewe mekaar goed opfoeter nie...











