1 2 3c

Totale besoekerstal

Inhoud Trefslae : 9402174

Besoekers aanlyn

Ons het 143 gaste aanlyn

  

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

 

Teken aan



HET MALEMA CASTER TUKS SE SPORTVROU VAN DIE JAAR GEMAAK?

Die ANC-grootbek Julius Malema het dalk vir Caster Semenya “aangewys” as die Universiteit van Pretoria (UP) se sportvrou van die jaar.
Semenya is gisteraand bekroon vir haar uitsonderlike hardloopprestasies teen vroue. Waarnemers wonder nou of die haas waarteen die bekroning geskied het nie te doen het met die Internasionale Amateur-Atletiekfederasie (IAAF) se amptelike verslag oor Semenya se geslag wat eersdaags die lig sal sien en sy/hy op die ou einde as ‘n man in die verslag aangedui sal word nie.
Die aanwysing kom ook te midde van bewerings dat Leonard Chuene, president van Atletiek Suid-Afrika (ASA), ná toetse in Suid-Afrika op haar ingestem het om haar aan die Wêreldbyeenkoms in Berlyn te onttrek, maar ’n dag later omgeswaai het nadat hy met sy ANC-kader-vriende in die kommunistiese regime oorleg gepleeg het.
Díé verwikkeling blyk uit ’n verslag van dr. Harold Adams, spandokter van die Suid-Afrikaanse atletiekspan, wat die Mail & Guardian op sy webwerf gepubliseer het.
Adams voer in sy verslag aan die toetse op Semenya is op 7 Augustus in Pretoria gedoen en Chuene het aanvanklik ingestem om haar te onttrek. ’n Dag later het hy van plan verander.
Een van die IAAF se voorstelle was dat Semenya kon hardloop mits sy geslagstoetse ondergaan, lui die verslag. Chuene het die opsie aanvaar.
Chuene was volgens Adams bereid om tot groot uiterstes te gaan om die waarheid te verdraai en reëls te verbreek om te verseker Semenya wen ’n medalje vir Suid-Afrika, want dit sou hom goed laat lyk.

 s1

 d1

 sw1

 v1