1 2 3c

Totale besoekerstal

Inhoud Trefslae : 9431507

Besoekers aanlyn

Ons het 53 gaste aanlyn

  

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

 

Teken aan



HET GIBBS SY INSPIRASIE VERLOOR?

Of dit 'n feit is dat Herschelle Gibbs sy inspirasie verloor het nadat hy by ‘n hersteloord was en dalk nie meer klaptwak en sterk drank gebruik nie en dit nou ‘n rol in sy vertoning speel is onseker maar hierdie Suid-Afrikaanse krieketspeler is weggelaat uit die sogenaamde kitsgroep vir aanstaande maand se reeks teen Engeland.
Nog ‘n speler daarvoor bekend dat hy klaptwak gebruik, Makaja Ntini, het die trekpas gekry.
Vier Suid-Afrikaanse krieketspelers in die wedstryd-bedrieër Hansie Cronjé se span is destyds op ‘n kriekettoer in Wes-indië betrap dat hulle klaptwak-gebruikers is, of hulle glo die klaptwak dra by tot hul sportprestasies is nooit nagevors en/of aan/deur die nuusmedia verantwoordelik vir die sportafgodery wat in ons land beoefen word, geopenbaar nie.
Nou skryf dieselfde media dit lyk of Gibbs, dikwels in die nuus oor ‘n omstrede lewensstyl, se  internasionale loopbaan  iets van die verlede blyk te wees.
Gibbs (35) is een van drie slagoffers van die Proteas se onlangse mislukte Kampioenetrofee-veldtog, met die 32-jarige Makhaya Ntini en Robin Peterson wat ook die trekpas gekry het.
Die Suid-Afrikaners kon ná loesings teen Sri Lanka en Engeland nie die halfeindronde van die sogenaamde mini-Wêreldbeker-toernooi haal nie, waarna glo aanvanklik besluit is om Gibbs voortaan op nommer vyf, eerder as in sy gebruiklike rol as aanvangskolwer, teen die Engelse in te span.
Dié span sal ook speel in die voorafgaande twee wedstryde teen Zimbabwe, ter voorbereiding vir Andrew Strauss-hulle.
Die keurders se geduld met Gibbs, wat bykans twee jaar gelede ook sy toetsplek kwyt is, het egter nou duidelik opgeraak, met die Lions-kolwer Alviro Petersen wat hom vervang.
 “Dis nooit maklik om spelers van die gehalte van Herschelle en Makhaya weg te laat nie nadat albei van hulle die span uitstekend gedien het vir só lank, het Mike Procter, nasionale keurderbaas, gister teenoor ‘n koerant beweer.
“Ons moet egter aanhou om vorentoe te kyk en die spelers wat hard aan die deur klop te beloon.” Volgens mnr. Procter sal ál 15 spelers ’n kans gegun word in die blitsreeks en kan die keurders die kitsgroep ná die eerste drie wedstryde hersien.

 s1

 d1

 sw1

 v1