1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
4089953

Besoekers aanlyn

Ons het 36 gaste en geen lede aanlyn

 

  HF Verwoerd 50 Jaar

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

WAT VAN DIE RENOSTERS? EN DIE CHINESE..?

Dit is geen geheim dat renosterhoring ‘n baie gewilde onortodokse medisyne by die Oosterlinge en veral Chinese is nie.
In Suid-Afrika lei die meeste sindikate wat hul skuldig maak aan renosterstropery uiteindelik na ‘n Chinees of groepe Chinese.
Nou is dit bekend dat daar in die afgelope jare taamlik Chinese in Suidwes-Afrika opgedaag het. Hulle is by allerlei projekte, sy dit in die mynbou, of openbare projekte (vervoer) betrokke. En klaarblyklik ook by ‘n string onwettighede.
Nou het dit so gekom dat in die afgelope ses maande wildstropers 156 swartrenosters in Suidwes afgemaai het.
Maar soos in ons land, waar alles politiek-korrek moet gaan en dit deel van die politieke ortodoksie van die dag geword het om nie die slapende Rooi Chinese reus onnodig te versteur, doen jy liefs maar ‘n politiek-onskuldige ding. Soos om vir die bewaring van Suidwes se renosters fiets te gaan ry in Damaraland se woestyn.
Ene Ben Sanders skryf in ‘n koerant oor dié bevlieging wat so min vir Suidwes se renosters gaan beteken as wanneer jy ‘n klonkie met ’n vlieëplak aanstel om die vlieëbevolking in toom te hou op ‘n opelug-vleismark in Nairobi.
Tereg verklaar hy oor dié malligheid: “Dis net vir welsyn en natuurbewaring wat ’n mens so ’n gekke fietstog sal aanpak.
“Terwyl die oeroue bygelowe oor renosterhoring nog geglo word in China en die Verre Ooste, sal renosters onder druk bly.
“Ons was 17 onervare ryers wat saam met ’n gids gaan trap het. Van Windhoek se lughawe is ons senuagtige spannetjie sewe uur lank noordwaarts vervoer na die Palmwag-renosterkamp in Damaraland.
“Die terrein wat ons aangedurf het, het ons gou in ’n toestand van skok gelaat. Die nagte was ysig en bedags het die kwik tot 40 °C gestyg.
“Ná ons eerste dag se sirkelroete van 50 km het ons die kamp verslae bereik. “Ons was reeds stokflou en ontwater en daar het nog ses dae voorgelê.
“Die tweede dag was hel. Daar was nou nie tyd om nostalgies te raak nie. Dit het heel skaflik begin op ’n grondpad, maar toe tref ons die rotsformasies.
“Voorheen het ek gedink ’n mens kan nie deur sulke terrein met jou fiets nie. Dis mos sleg vir jou liggaam en sleg vir die fietse.
“My sitvlak en hande sal my nooit vergewe vir wat hulle moes verduur op pad na die Wêreldsendkamp nie. Dit het regtig soos die einde van die wêreld gevoel...”
En nog meer oor sy en sy makkers se ontbering.
Nou wil ons net vir Ben vra: Maar wat nou van die renosters? En van die Chinese?

 s1

 d1

 sw1

 v1

Mandela Klein Advertensie Des 2013