1 2 3c

Totale besoekerstal

Inhoud Trefslae : 9405365

Besoekers aanlyn

Ons het 69 gaste aanlyn

  

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

 

Teken aan



STAKINGS HELP PLAASLIKE BESTUUR OOR AFGROND

‘n Te wagte staking deur tienduisende munisipale werkers landswyd van aanstaande Maandag af kan plaaslike regering in die land heeltemal oor die afgrond help.
Die werkers, lede van die vakbonde Imatu en Samwu, sê daar word nie aan hul looneise voldoen nie. Die vakbonde verteenwoordig glo sowat 90 persent van alle munisipale werkers.
Imatu het gister gesê “gewelddadige optredes en intimidasie” kan nie uitgesluit word nie. Imatu en Samwu vergader more in Johannesburg om die stakingreëlings af te handel.
Plaaslike regering in die land is reeds onder geweldige druk en in ‘n gevorderde stadium van ineenstorting met onluste wat skynbaar met gebrekkige dienslewering verband hou wat orals in die land voorkom en reeds verskeie lewens geëis het. Paaie word afgesper en op twee plekke, in Jagersfontein in die Vrystaat en Balfour in Suidoos-Transvaal, het munisipale geboue in brandstigting in die slag gebly. Die meestal Swart gepeupel skroom nie om in die proses met gewapende pandoere slaags te raak nie.
Te midde van hierdie krisis dreig die ANC se sekretaris-generaal Gwede Mantashe dat hulle munisipale bestuur sal sentraliseer in ‘n poging om van wydverspreide korrupsie en korrupte amptenare en stadsraadlede ontslae te raak.
Imatu en Samwu het gister bevestig hul lede word “ontplooi” om van Maandag af te staak.
Imatu en Samwu het laat blyk hulle is daarop ingestel om metropolitaanse gebiede lam te lê.
Dit volg nadat maande se loononderhandelings tussen die vakbonde en die Suid-Afrikaanse Vereniging van Plaaslike Owerhede (Salga) op ’n dooie punt uitgeloop het. ’n Laaste ronde onderhandelings is verlede week in Pretoria gehou. Die partye het oor ’n 11,5%-verhoging onderhandel, maar kon nie ’n ooreenkoms bereik nie.
Imatu het aanvanklik ’n algemene verhoging van 26% óf R3 150, ’n minimum loon van R6 500 en ’n huissubsidie gegrond op ’n lening van R400 000, geëis. Samwu het dié eise gesteun. Salga het in reaksie ’n algemene verhoging van 7,2% voorgestel.
Mnr. Simon Riekert, Imatu-woordvoerder, het gister gesê onderhandelings het skipbreuk gely toe Salga teruggeval het op ’n vorige aanbod van 10%. Die vakbonde het Salga vroeër daarvan beskuldig dat hy nie in goeder trou onderhandel nie.
“Salga het deurgaans die indruk geskep dat hy beter salarisse kan betaal, maar nie bereid is om dit te doen nie. Ons is vasberade om ons punt baie sterk tuis te bring hieroor,” het Riekert gister gesê.
Mthandeki Nhlapo, hoofsekretaris van Samwu, het gesê hulle verwag dat tot 90% van sy meer as 120 000 lede gaan staak.
Riekert het gesê die verwagting is dat al hoe meer munisipale werkers die staking sal steun hoe langer die staking aanhou. “Ons verwag daar kan uit die staanspoor sowat 20 000 lede in Pretoria en Johannesburg staak.”
Nhlapo het gesê Samwu is van mening Salga kon ’n buigsamer benadering gevolg het.
Mogomotsi Mogodiri, woordvoerder van Salga, het gesê die vereniging het “met kommer” kennis geneem van die beplande staking.
“Dit is jammer die vakbonde het besluit om te staak. Salga is egter verbind tot verdere onderhandeling en hoop die staking kan vermy word.”

 s1

 d1

 sw1

 v1