Media

JAAP MARAIS : POLITIEKE WETENSKAPLIKE (DEEL 2)

GEDENKLESING gehou op  19 Februarie 2011

Deur Johan Bekker

Aanhalings uit die boek  “STRYD IS LEWE”

  • Die apartheidsbeleid sal nooit sy geldigheid verloor nie, want dit rus op onveranderlike beginsels.  Die witman moet net waak dat hy nie hier, soos elders, verskoning maak vir sy wil om homself te wees en sy reg om sy eie lief te hê nie.
  • Die helde van ’n volk kom altyd uit stryd.  ’n Volk se helde kom nooit uit die geledere van die vredemakers, uit die paaiers, uit die swigters, uit die mooipraters, uit die soebatters, uit die verskoning makers nie.  ’n Volk se helde kom altyd uit die kringe van daardie mense wat bereid is om te veg vir wat hulle glo reg is.
  • Elke geslag, of hy dit wil hê of wil weet, word opgesaal met die verantwoordelikheid wat deur die geskiedenis hom opgelê word om opnuut te kyk na sy herkoms, na sy geskiedenis, na sy beginsels, na sy ideale en dan te kies.

 

  • Daar is ’n vrede wat die dood is en daar is ’n oorlog wat die lewe is.  Die volk wat nie waardes het nie, wat geen geloof het nie, so ’n volk gee oor, want hy het niks om voor te veg nie en niks om te verdedig nie.  So ’n volk word in oneer van die aarde afgevee.

 

  • Daar is geen beskaafdheid in die politiek van Afrika nie.  Daar is geen beduidenis van ’n stukkie demokrasie, geen beduidenis van ’n greintjie menseregte wat op erkenning kan aanspraak maak nie.  Dit is die werklikheid van vandag.

 

  • Ons moet kies of ons sal skik na ’n ortodoksie wat besig is om aan homself te verstik en of ons op die ware beginsels van samelewing die toekoms wil oopveg.

 

  • Hoe daar ook met oortuiging gepraat word dat dit te laat is, ’n nasie kan nie uit ’n toekoms gepraat word nie.  Die harde kern van ’n nasie moet eers gebreek word voordat dit gedoen kan word. 

 

  • As ons vandag vanuit ons geledere ’n taak het, is dit om die skeidslyn tussen ons en die vyand, tussen ons en die wat ons bedreig, tussen ons en die wat ons taal bedreig, tussen ons en die wat ons geloof bedreig, om daardie skeidslyne helder en skerp te trek.

 

  • Die blankedom sal homself moet losruk uit die greep waarin die liberale magte hom het.  Hy moet hom verset teen die hele gees van toegeeflikheid.  Hy moet eis dat die werklikheid van Afrika erken moet word.  En hy moet weerstand bied teen die aanhoudende vernedering van sy nasie ter wille van valse vriendskappe.

 

  • Die hele volk is aan die front.  Daarom is onkunde oor die vyand en sy metodes so gevaarlik, daarom is onverskilligheid so onvergeeflik.

 

  • Nasieskap en Afrikanerskap is soos ’n broederskap, jy behoort daaraan of jy behoort nie daaraan nie.  Dit is iets absoluuts.  Jy kan nie ten dele daaraan behoort en ten dele nie.

 

Aanhalings uit die boek  “AFSPRAAK MET DIE TOEKOMS”

  • Die wortel van die nasionalisme is volks gebondenheid, volkstrots, geskiedenis.  En die trompet woorde wat sy wil en gees aanwakker, is vaderland, vryheid, heldedom.

 

  • Daar is net twee beginsel basisse in die Suid-Afrikaanse politiek; ’n nasionale beginsel basis of ’n liberale beginsel basis.  Ons stel ons op die nasionale beginsel basis.  Die liberale beginsel basis het oral in Afrika misluk in is besig om nou sigbaar in Suid – Afrika te misluk.

 

  • Die nuwe grondwet sal teen die rotse van lewens werklikhede stukkend geslaan word deur die strominge van rasbewustheid en die golwe van volksnasionalisme.

 

  • As daar magte is wat die Afrikanervolk wil vernietig deur rassevermenging en onder-ploeging deur ’n swart massa, het die Afrikaners die reg om hulle daarteen te verweer, al sou dit met geweld gepaard gaan.  Die alternatief sou wees dat die Afrikanervolk hom gereed maak om vertrap te word uit vrees dat hy homself nie kan verweer nie, of weens rasionalisasie dat hy om een of ander filosofiese of teologiese bespiegeling dit nie mag doen nie.  Die argument dat broer teen broer te staan sal kom en dat dit verhoed moet word, is in wese ’n afdreiging tot bloedlose oorgawe, soos John Vorster se steling in 1974 dat “die prys van stryd te hoog sal wees” en dat die gevolge daarvan “too ghastly to contemplate” sou wees.  

 

  • Ons volk is in Afrika gebore en dra die naam van dié vasteland in sy naam ter onderskeiding van ander wit volke.  Die Afrikanervolk moet die grense van sy witmanskap streng bewaak ten einde trou te bly aan sy aard en geroepenheid in Afrika.  Dit vereis streng standaarde, sterk karakter en hoë mikpunte.  Verinniging, veredeling en versterking is die wagwoorde in navolging van  dr. DF Malan se oproep: “Glo in God, glo in jou volk, glo in jouself”.

 

  • Afrikanerskap dwing ons weer tot groot dade.  Die as word weer afgeblaas van die rooi kole van die geskiedenis.  Die vêrgesig van ’n vrye volk glim weer deur die newels.  Die gloed van liefde vir wat eg en sterk uit hierdie aarde gegroei het, slaan weer om die hart.

 

  • “Die mens word nie as enkeling gebore nie, maar as lid van ‘’n volk en sy gebondenheid aan die volk is nie ’n kwessie van keuse nie.  As lid van ‘’n gesin en ‘’n familie is hy, deur bloedverwantskap, ras tradisie, sentiment, gebruike, taal, godsdiens en geskiedenis, onvoorwaardelik ingebind in ’n verlede en ’n toekoms verwagting wat hy met al die lede van sy volk deel.  Dit bepaal sy identiteit.  En hierop rus sy voorkeur om te assosieer met dié wat soos hy is.

 

  • Die hardnekkige weiering van die bittereinders om die stryd te staak, het gesetel in die geloof aan die reg van hulle saak, in die onberedeneerde besef van plig teenoor hulle volk, in die onbevraagde verbintenis tot trou aan hulle volk, in die wil tot handhawing van sy eer, in die moed om te volhard ten spyte van teenspoed en die durf om te doen wat gewaagd en gevaarvol was.  Dit is hierdie hoedanighede wat mense geskiedenis laat maak en heldedade laat doen.

 

  • Ons roem is dat ons die kwaad teengestaan en beveg het toe dit in die beginstadium was en ons nie deur valse versekerings en valse beloftes van koers laat bring het nie.  Dit gee aan ons ’n getuigskrif van integriteit, wat vir ’n politieke party ’n kosbare bate is.  Dit gee aan ons betroubaarheid en geloofwaardigheid.  Dit gee aan hom innerlike krag.  Dit gee aan hom die wil om te staan en te veg en te wen.

 

  • Die vraag word gestel of ’n politieke party ‘n rol het as hy nie aan verkiesings deelneem nie.  Hierby is net enkele oorwegings ter sake.  Een is dat die een-mens-een-stem-verkiesing ontwerp is as die wapen om die Afrikaners se politieke mag te breek.  So ’n verkiesing is ‘n slagveld waarop die Afrikaners telkens vernederend verslaan moet word om aan die wêreld te kenne te gee dat die Afrikaners hulle berus in die berowing van hulle vryheid en daarom deel van die bestel wil wees.

 

  • Die geskiedenis is ’n volk se geheue.  Dit vertel aan hom wie hy is en vanwaar hy kom.  Sonder ‘n sterk historiese sin is ‘n volk soos ‘n mens wat aan geheueverlies ly: hy weet nie wie hy is, van waar hy kom en waarheen hy op pad is nie.

 

  • Op die langtermyn moet daar een onverbiddelike strategiese doelwit wees:  Dié land is ons land.  Ons sal weer ons vryheid verwerf, kom wat wil.  Ons sal weer die onomkeerbare omkeer.  As ons nie vir mekaar dit sê nie, is ons as Afrikaner nasionaliste nie eerlik in hierdie stryd nie.  En watter opoffering dit ook al sal meebring, al sal daar bloed moet vloei, ons sal daartoe bereid moet wees.  Dis die uitdaging wat deur die geskiedenis aan ons gestel word.  Die een groot feit van die Afrikaner geskiedenis is dat die Engelse mag nog nooit daarin kon slaag om die Afrikanervolk permanent onder te kry nie.  Telkens het ons weer oorwin.

 

  • Die Afrikaner het hierdie land in pag ontvang as die erfgoed wat aan sy kinders behoort.   Die land het hy van geen swarte gesteel nie; met al die erkende norme van besitreg, het hy hierdie land syne gemaak.   Die land is gekoop, verower, aan die wildernis ontworstel, met sweet en inisiatief ontwikkel en opgebou as sy vaderland.

 

  • Die beleid van apartheid is nie gekonsipieer of bedoel om ander rassegroepe te benadeel nie, maar om te verhoed dat hulle ons benadeel en uiteindelik vernietig in ‘n proses van vermenging en verswelging.

 

  • U ken die propaganda: apartheid is veragtelik, apartheid is onmenslik, apartheid is onchristelik, asof dit vir daardie mense gaan om die Christelikheid en die menslikheid.  Asof dit nie gaan om die rykdom van hierdie land en die politieke mag in hierdie land nie.

 

  • Net ‘n saak wat gelaat word, is ‘n verlore saak.  Daarom, die stryd duur voort!

 

  • By die onreg wat ons volk nou weer aangedoen is deur verraaiers en hensoppers en vrede praters wat ons uitverkoop het aan ‘n terroristebende wat nooit ‘n oorlog teen die Afrikanervolk sou kon wen nie, berus ‘n sterk deel van die Afrikanervolk nie in die verraad en die onreg nie.  Hulle is weer Bittereinders wat die eer van die Afrikanervolk moet red uit die politieke puinhoop wat die verraaiers, die hensoppers en die vrede praters in hierdie tyd nagelaat het.

 

  • Eenheid in verset is die begin.  Vryheid deur verset is die doel!