1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5683959

Besoekers aanlyn

Ons het 51 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Media

DIE ANGLO-BOERE-OORLOG EN ONS EIE REPUBLIEK

Die Vrede van Vereeniging van 31 Mei 1902 het die politieke strewe van die Voortrekkers sedert die Groot Trek vernietig. Daardie strewe na vryheid binne ‘n eie staat en meer nog, die bestuur van ‘n eie staat, was die Bittereinders nie meer beskore nie. Dit sou 46 jaar jaar duur voordat die Afrikaner weer die septer in Suid-Afrika sou swaai en presies 59 jaar voordat die republikeinse strewe weer verwesenlik sou word.

Die republikeinse staatsvorm word in wese daardeur gekenmerk dat dit ‘n verteenwoordigende stelsel is waardeur die burgers van ‘n land (“die volk”) die wetgewende en uitvoerende gesag aan ‘n volksraad toevertrou en dat daar geen monarg sal wees nie (letterlik dus: saak van die publiek). Die vernaamste kenmerk van die monargie is dat die koning wesenlik hoof van die regering is. Omdat die koning ook nie aangewys word nie, is die monargie eintlik streng gesproke geen staat nie, maar ‘n ryk as eiendom van die vors. Die Republieke van die Oranje Vrystaat en Transvaal wou nooit monargieë wees nie. Vir hulle was die staat ‘n gemeenskap van owerheid en onderdaan - ‘n publieke instelling. Groen van Prinsterer het opgemerk dat die wesenlike staat republikeins is. ‘n Verdere kenmerk van die republiek is dat die staatshoof die beginsel van volkseenheid verteenwoordig.

 

Tipies by ‘n republiek vind mens die volgende woorde in die aanhef van die grondwet:

 

In nederige erkentlikheid teenoor die Almagtige God, beskikker oor die lotgevalle van nasies en die geskiedenis van nasies (volkere) ... verklaar ons, wat hier as verteenwoordigers van die volk vergader is, dat aangesien ons bewus is van ons verantwoordelikheid voor God en die mensdom ... en die opdrag wil uitvoer om hier ‘n Republiek te vestig. [my beklemtoning]

 

Hieruit spreek die verteenwoordigingsbeginsel van regering deur en vir die volk en die opvatting van die staat as publieke saak waar die owerheidsamp publieke saak en toeganklik vir die publiek is. Die gevoel van die volk word deurentyd getoets en altyd streng in ag geneem.

 

Die Boere het die verlies van hulle republikeinse onafhanklikheid diep gevoel. FV Engelenburg, die biograaf van genl Louis Botha skryf:

 

Hoe het daar nie vir ‘n lang tyd in so baie huisgesinne van die vroeëre Boerestate in die aandgebed ‘n smeekklank opgestyg vir die herstel van die ou republikeinse orde van sake nie.

 

Meer as twee jaar na die Vrede van Vereeniging het De Volkstem nog soos volg opgemerk:

Ons volk draagt moeilikt hebt verlies zijner staatkundige onafhanklikheid en is nog niet overtuigd van de verzekering van de Britse overwinnaars dat zijt waarlik goed menen met de Boeren. 

 

Die Boere het geweet: Solank die Republieke bestaan het, was dit vir hulle ook die waarborg vir die toekoms van die Afrikanervolk, omdat die Afrikaner hom onder sy eie bestuur volkome kon uitleef. 

 

Daar was ‘n magteloosheid om die ou orde te herstel. Alfred Milner het egter besef dat sy taak makliker was indien hy ‘n paar Afrikaners sou kon beweeg om aan die bestuur van Transvaal deel te neem sonder om werklik politieke mag aan hulle te verleen. Hy het gepoog om generaals Botha, De la Rey en Smuts te oorreed om lede van die Wetgewende Raad te word wat hulle van die hand gewys het. Die Britse bewindhebbers was dan ook nie bereid om hulle beloftes van selfbestuur spoedig gestand te doen nie, maar wou eers hulle posisie verstewig. Milner het in hierdie verband gestel dat selfbestuur uitgestel moes word:

 

until the Boers, or at least a large proportion of them, had learned to acquiesce ... in membership of the British Empire, or until the British element ... had been so strengthened as to make seperation impracticable.

 

Die Britte het hulle egter met die Boere misreken, synde die Boere, ondanks die nederlaag met die oorlog, nog steeds gehunker het na ‘n republiek.  Op 14 Desember 1906 het lord Selborne, die opvolger van Milner daarop gewys dat die Boere ‘n ideaal koester:

 

which is never absent from their minds and which governs all their policy. It is to form a United Republic of South Africa ... a Republic with its own flag and [where] the predominant influence is Boer not British ...[ and] to diminish British influence in every way.

 

Ramsay Macdonald, die latere Eerste Minister van Brittanje het opgemerk dat “the war has settled nothing”. Dit is hoe sterk die vryheidsgedagte binne republikeinse verband by mense geleef het, selfs nadat hulle land in puin agtergelaat is.

 

Die Boere het geen seggenskap meer in die staatsbestuur gehad nie. Hulle het teruggekeer na murasies en puinhope, en is in so ‘n mate verarm dat hulle reeds daarom onderdanig moes wees en bly. Van Britse skadevergoeding het die gemiddelde Boer niks gesien nie. De Volkstem het geskryf van die ramp van die maatskaplike ondergang van ‘n groot deel van die volk, dat mense geruïneer is en die volk nasionale bankrotskap in die gesig staar. Daarbenewens wou die Britte seker maak dat die Boere:

 

should suffer the full humiliation of defeat.

 

Daar is met ‘n beleid van verengelsing begin. Dit het neerslag gevind in name van voorstede en strate, name van kennisgewings, in skole, in geregshowe en in die handel. Dit was ‘n (tydsame) proses van eliminasie deur assimilasie met die Britte. Bykans twintig jaar na die oorlog het The Star opgemerk:

 

 a conquered race requires time to forget the past.

 

Laastens is gepoog om deur verswelging van Swart getalle - ‘n toestroming na die stede - die Boere so ‘n onbeduidende minderheid te laat word dat hulle nooit weer ‘n faktor sou wees in die Suid-Afrikaanse politiek nie.

 

Dit het nie geslaag nie. Op 31 Mei 1910 sou die Afrikanerdom weer herenig word in ‘n Unie. Dit was weliswaar nie die staatsvorm wat hulle verkies het nie, maar het dit nogtans die gevoel vir vryheid verskerp. Die hereniging sou egter kortstondig wees. Tekens daarvan dat die Afrikaners nie meer dieselfde gedink het oor hulle vryheid nie was reeds te bespeur voor 1910 in die houding van generaals Smuts en Botha. Die Rand Daily Mail het in 1907 reeds berig dat genl Smuts tydens ‘n byeenkoms in Johannesburg gestel het dat hy nie meer as Boer praat nie, maar as Britse onderdaan wat die koning as sy koning aanvaar. The Star het in dieselfde jaar berig na aanleiding van genl Botha se besoek aan Engeland dat: his enthusiasm for the Empire has left the people of England delirious with self-satisfaction.

 

Op 7 Desember 1912 het genl Hertzog by De Wildt sy bekende “Suid-Afrika Eerste” toespraak gehou. Die uitwerking van daardie toespraak het verreikende gevolge gehad. Dit het ‘n skeiding in Afrikanergeledere tot gevolg gehad; ’n skeiding tussen imperialisme en nasionalisme. Daardie skeiding bestaan vandag nog en die effek daarvan word vandag steeds gevoel. Deur die opwelling van Afrikaner-nasionalisme en veral deur die leiding van dr Malan, adv Strijdom en dr Verwoerd kon die republikeinse ideaal weer in 1961 triomfeer. Dit was ‘n republiek, soos wat dr Verwoerd reeds in 1941 gestel het, wat sy inspirasie by die “Boererepublieke” sou soek met “volksregering” as grondslag.

 

Vandag word kennis geneem van die opmerking wat Alfred Milner op 27 April 1903 gemaak het:

 

The South-African struggle continues. It has changed its character; it is no longer war with bullets, but it is war still.

 

In die internasionale uitgawe van die Daily Express in Londen gedateer 23 - 29 Maart 1994 het in kleur op die voorblad gestaan oor die Afrikaner:

 

The Boers are largely stupid. They are gross, foul-mouthed and bloated with arrogance.  They are propably the most unattractive breed on earth.

Bogemelde verklaar die houding van Brittanje oor die Afrikaner, Afrikanervryheid en les bes, die bestaan van die Afrikaner deur die ganse geskiedenis heen. Die stryd teen die Afrikaner woed deur jare voort en sy bestaansreg word steeds bevraagteken.

 

Daar is baie ooreenkomste tussen die posisie waarin die Boere van Transvaal en Vrystaat verkeer het in Mei 1902 en dié waarin die Afrikaner verkeer in Mei 2011. Die Republiek, soos ons hom geken het sedert 1961, is ten gronde gerig in 1994. ‘n Vrye onafhanklike republiek word die Afrikaner nie gegun nie.

 

Die ideaal van ‘n republiek het deur baie jare by derduisende Afrikaners geleef. Dr Malan het dit in 1939 soos volg gestel:

 

Diep in die siel van die Afrikaner sit die ideaal van ‘n vrye, onafhanklike nasie ... en vir die Afrikaner is daar geen beter staatsvorm as onafhanklike nasie as die republikeinse staatsvorm nie.

 

Ons republiek is in 1994 vernietig. En imperialisme en liberalisme vier hoogty. Maar dan weet ons ook dat Afrikaner-nasionalisme nie vernietig kan word nie. Dr Verwoerd het nasionalisme ‘n “ewige saak” en ‘n “onuitblusbare vlam” genoem. Vir die huidige is ons eie republiek op die langebaan geskuif. Mense dink skaars daaraan.

 

Wat nodig is, is die opwelling van Afrikaner-nasionalisme en die regte politieke leiding. Dit sal Afrikaner vryheid in ‘n eie republiek weer werklikheid laat word - al neem dit ook dekades. Daarvoor moet republikeinse Afrikaners elke aand bid en elke dag werk.

 

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie