1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
6410099

Besoekers aanlyn

Ons het 15 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Media

KAN STEMMERY ONS WEER VRY MAAK?

Enige persoon wat aan die regime se verkiesings deelneem met die hoop dat ons daardeur weer vry sal word, is besig om homself te bluf. Stemmery in die regime se verkiesings gaan oor die illusie dat die Afrikaner “inspraak” het in die huidige bedeling. Die Afrikaner se vyande weet egter dat dit ook dit nie die geval is nie. Ons moet, deur te stem, net die skyn van demokrasie voorhou. Want in die wêreld van vandag het demokrasie die towerformule geword om alles reg te stel.

Die vraag bly natuurlik hoe die Afrikanervolk sy vryheid gaan kry te midde van die huidige situasie?

Die bedeling wat ons nou het, maak geen voorsiening vir die herstel van die vryheid van die Afrikaner in sy eie land nie. Hierdie bedeling het daardie doelwit geheel en al uitgesluit. Dit is vyandig teen daardie vryheid opgestel. Dit maak die strewe na daardie vryheid geheel en al onmoontlik. Dit spreek hom op elke denkbare wyse uit teen daardie vryheid.

 

Die Afrikaner kan dus nie die mag binne die grense van die Republiek van Suid-Afrika soos ons hom geken het, op die gewone, dit wil sê die demokratiese wyse, terugkry nie. Die opsie om deur middel van die stembus die politieke mag te verkry, is gevolglik nie meer daar nie. Boonop sal politieke mag op daardie wyse verkry, eers van die Grondwet ontslae moet raak om ‘n ander bedeling te vestig. Al werk VIGS ook hoe vernietigend onder Swartes se getalle, sal die deurlopende invloei van vreemdes oor ons landsgrense en onbeheersde aanwas deur Swartes self, ‘n Swart getalle-oorwig in hierdie land op die langeduur verseker.

 

Daarbenewens vind ‘n vervreemding van veral Engelssprekende Blankes van die ideaal van ‘n Afrikaner-beheerde staat toenemend plaas. Ook kommerwekkend is die vervreemding van talle Afrikaners van die basis van Afrikanernasionalisme. Gevolglik is Blanke eenheid in ‘n enkele politieke party binne die huidige bestel ook nie moontlik nie. Ons is nie net vervreem van ons land nie, maar oor van mekaar.

 

Hoe dan gemaak om ons vryheid te herwin? Die ondemokratiese uitweg - die rewolusionêre pad. Die mag sal derhalwe op ‘n radikaal ander wyse as dit waaraan ons gewoond was, bekom moet word. Dit mag na groot en vreemde woorde vir die Afrikaner klink, maar die woord rewolusie moet mense nie afskrik nie. Ons land is immers sedert 2 Februarie 1990 in ‘n voortgaande rewolusie gedompel. Die samelewingsorde is radikaal verander sedert 1990 en veral sedert 1994. Die ANC se slagspreuk, te midde van die rewolusie wat heers is en was nog deurgaans, “Speed up Change”.

 

In ‘n rewolusie vind drastiese, dit wil sê radikale verandering plaas. In ‘n kwessie van enkele jare lyk ons land reeds drasties anders, maar die ANC wil dit nog verder en vinniger verander. Dit is rewolusie! En om te dink jy kan ‘n toeskouer van ‘n rewolusie wees, is om aandadig aan jou eie uitwissing te wees. Dit is selfmoord. Daarom moet die rewolusie binne die rewolusie met ‘n teenrewolusie beantwoord word.

 

Daar is verskeie moontlikhede. Die eerste is om ‘n staatsgreep uit te voer. Dit is egter vreemd aan die aard van die Afrikaner en sal waarskynlik beswaarlik oorweging geniet. Daarbenewens sal die internasionale magte van geld deur middel van veral die VSA waarskynlik ingryp om die staatsgreep teen te werk en hulle pionne aan bewind te hou ten einde na hulle belange om te sien; iets waartoe ‘n Afrikaner regering nie bereid sal wees nie. Dit is egter nie so vêrgesog as wat mense dink nie, maar sal alleenlik gedoen kan word indien die situasie absoluut onhoudbaar is soos wanneer totale anargie heers. In ander dele van die wêreld is gesien hoe die VSA staatsgrepe beplan onder die dekmantel van “regime change” – so, moenie dink dit kan nie hier gebeur nie.

 

Die tweede moontlikheid is om deur ‘n daad van sesessie in ‘n bepaalde gebied af te skei van die res van Suid-Afrika. Dit sal gegewe die realiteite van veral Afrika, waarskynlik met geweld gepaard moet gaan. Dieselfde internasionale magte sal nie toelaat dat die Afrikaner afskei om ‘n veel beter staat as die “moederstaat” waarvan afgeskei is, daar te stel nie. Soos tevore aangedui sal die Afrikaner waarskynlik nie bereid wees om homself in stryd op te offer vir ‘n gebied waaraan hy geen historiese verknogtheid het en geen potensiaal in sien nie. Hieroor is reeds baie geskryf.

 

Wat bly dan oor? ‘n Burgeroorlog. In ‘n land waar Swartes Blankes beroof en vermoor vir politieke redes is ‘n burgeroorlog reeds werklikheid, al word dit vanuit die geledere van die regime ontken. ‘n Burgeroorlog word gedefinieer as gewapende konflik en vyandelikheid tussen twee of meer groepe in ‘n staat. Wanneer gewapende Swartes Blankes vermoor en Blankes kyk toe sonder om te reageer, vind ‘n volksmoord plaas. As dit met georganiseerde téén optrede begroet word is ‘n burgeroorlog werklikheid. Daarom moet mense nie bevange word en hulle boeglam skrik as hulle die woorde revolusie en burgeroorlog hoor nie. En waar rewolusie heers soos in Suid-Afrika en met die misdaadsituasie wat kennelik nie deur die regering in bedwang gehou kan of wil word nie, is die resep vir anargie (volskaalse burgeroorlog) daar.

 

As ons as Blankes passief toekyk hoe volksgenote uitgemoor word, word ons aandadig aan die volksmoord in ons land. Ons het gevolglik ‘n keuse - ons kan die volksmoord laat voortwoed teen ons deur niks te doen nie, of ons kan opstaan daarteen. Daarom is groeiende verset die antwoord. Want dade van verset het ‘n manier om sy eie voortgang en momentum te bewerkstellig.

  

Die geskiedenis het keer op keer getoon dat dit ‘n minderheid is wat die meerderheid begeester. Nie in die krag van getalle nie, maar in die krag wat gesetel is in moed en geloof van hulle wat die grootste roem in die wêreld verwerf het: Om nooit oor te gee nie. 

 

As ons werklik nog smag na vryheid moet ons dalk weer besef wat die woorde van Die Stem, die Afrikaner se “nasionale lied”, vir ons probeer sê. “Laat die erwe van ons vadere vir ons kinders erwe bly”, is ‘n oproep tot patriotisme. “Knegte van die Allerhoogste”, is ‘n oproep tot geloof. “Teen die hele wêreld vry”, is ‘n oproep tot nasionalisme.

 

Ek word yskoud as ek dink dat skoolkinders die nuwe “nasionale lied” (die afgodslied) by skole sing. Met klaarblyklike instemming. Dit is nie net ‘n verkragting van ons volk se vryheidslied (Die Stem) nie, maar ‘n gruwelike verloëning van ons voorgeslagte, van Afrikaner-nasionalisme, en ook van God self.

 

Mense wat stem in hierdie regime se verkiesings word wetend, (of onwetend dan), deel van hierdie vergryp teen ons volk!

 

 

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie