1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5236399

Besoekers aanlyn

Ons het 97 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Media

SUID-AFRIKA: STRYD OM DIE ORDES!

Die situasie wat hom tans in Suid-Afrika ontvou, is al op verskeie wyses beskryf. Sommige sê dat ons rampspoedig afstuur op anargie en dat chaotiese toestande al op baie plekke in ons land heers. Ander wys op dit wat beskou kan word as die “terugtog” (of aftog) van die Blankes. Blankes onttrek hulle aan die staatsbestuur, of word eenvoudig daaruit geboender deur middel van ”regstellende aksie”. Afrikaners raak keelvol vir die situasie in die land. Baie is trouens totaal apaties oor alles in hierdie land. Ander glo “alles sal regkom”, maar het nie ‘n idée hoe dit gaan gebeur nie. Sommige glo ‘n “wonderwerk” gaan gebeur. Daar is selfs Afrikaners wat tou opgegooi het.

Feit is, die huidige orde (of eerder wanorde!) wat heers kan nie maar bloot oppervlakkig beoordeel word nie. Om bloot op sigwaarde sekere opmerkings te maak, sal werklik nie deug nie.

Die saak waaroor dit eintlik gaan word misgekyk, en selfs wanneer dit wel ingesien word, gou weer uit die oog verloor. Wat belangrik is om te besef, is dat daar ‘n magstryd is wat woed in hierdie land. Hierdie magstryd word verbloem deurdat pionne (met magte agter die skerms) die stryd onder die vaandel van “demokrasie” en “menseregte” voer. En as hierdie tower staffies telkens geswaai word, word mense gesus. Die groot vrede het aangebreek na die “eerste demokratiese verkiesing” in 1994. In ons “veelparty demokrasie” word die ”regte van individue” gerespekteer. Ons land is nie meer die “muishond van die wêreld” nie. Hierdie “reënboognasie” het inderdaad “vrede, veiligheid en voorspoed” gebring vir elkeen, word aangevoer. Met hierdie clichés word ons elke dag begroet. En wanneer die feite van die verswakte situasie nie meer weggesteek kan word nie, dan word elkeen vertel dat die alternatief – apartheid - sonder aanhoor van enige argument daaroor; boos is, dat geen ordentlike mens eers daaraan behoort te dink nie, dat dit “too ghastly to contemplate” is, om so bietjie by “oom Jón” te leen.

Mens vra onwillekeurig: Is ons mense reeds in só ‘n mate geïndoktrineer dat hulle oordeelsvermoë so beneweld geraak het om al hierdie kaf vir soetkoek op te eet? Want te midde van standaarde wat oral by die dag versleg, hospitale en paaie wat tot niet gaan, ‘n ekonomie wat maandeliks kranker lyk, misdaad wat hand oor hand toeneem, Blankes wat deurgaans uitgekryt word vir alles wat sleg is en elke keer as dit slegter gaan; moet ons hoor hoe wonderlik dit nou is om Suid-Afrikaner genoem te word en in hierdie land te woon.

Dit is dan wanneer ‘n mens opnuut besef wat in hierdie land plaasgevind het en steeds plaasvind. Talle volksgenote het daarvan nie die vaagste benul nie. Hulle kan maar alleen die oppervlakkige waarneembare beskryf: “Dit gaan sleg”! Dit is maar ‘n klein groepie wat werklik besef wat werklik gebeur; wat dit kan ontleed en beoordeel. Baie is reeds “makgepraat” deur die vyand. Dit is mos gewoon stapelgek om van ‘n demokrasie, menseregte, vrede, veiligheid en voorspoed te praat in toestande soos hierdie! Kan elkeen dan nie met sy eie oë sien wat gebeur nie?

Wat ons mee te doen het, is ‘n stryd om die ordes. In hierdie land speel ‘n magstryd af tussen hoofsaaklik twee ordes, die nasionalistiese orde en die internasionalistiese orde. In sy bekende Calvinistiese toespraak het dr Albert Hertzog in April 1969 verwys na die kenmerke van die Calvinistiese Afrikaner en hoe dit verskil van die liberalistiese denke van die Engelssprekendes. Daaroor is hy destyds gekruisig – nie net omdat hy die Engelssprekendes sou “diskrediteer” nie, maar ook omdat hy “spookbeelde” opgejaag het. Vandag sal daar beswaarlik ‘n haan daaroor kraai omdat die liberalistiese orde die oorhand begin kry het in hierdie land en talle Afrikaners nou ook liberaal in hulle lewensuitkyk is.

Die nasionalistiese orde setel in ‘n groepie Afrikaners wat die erwe van hulle vaders vir hulle kinders erwe wil laat bly. Dit is hierdie Calvinistiese beginsels wat die Afrikaner in staat gestel het om ‘n beskawing aan die suidpunt van Afrika te vestig - teen alle verwagting in. En noudat die liberalisme hoogty vier, en ons afstuur op ‘n internasionalistiese orde, moet besef word: Ons is in ‘n stryd tot die dood toe gewikkel teen ‘n oormag van geld, van getalle, van media verguising, van buitelandse druk, van die globalisme - van die Antichris in vele gedaantes. Wanneer dit besef word, word die betekenis van die woorde in Efesiërs 6:12 duidelik:

Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.

Die Afrikaner Volksparty is die enigste politieke party in Suid-Afrika wat hom op die Afrikaans-nasionale basis – die basis van apartheid, plaas. Die AVP poog deurgaans om Afrikaners, wat tot die besef geraak het van hierdie worstelstryd, tot stryd aan te spoor; en dat hierdie stryd ‘n inspirasie sal word vir verset teen die onreg wat wyer sal uitkring. Daarvoor sal Afrikaners die volle wapenrusting moet aantrek.

Die bestaande orde wat ons geken het van Christelike waardes en beskaafde norme en die erkenning van die verskeidenheid wat deur die Skepper op aarde geplaas is deur die “separate but equal”-beginsel is revolusionêr omvêrgewerp onder die dekmantel van menseregte. In ‘n groot mate was dit ‘n geruislose revolusie. Koppe het nie onder ‘n guillotien gerol nie; mense is eenvoudig in die naam van “misdaad” vermoor. Die bestaande (die ou NP-) owerheid is nie hardhandig verwyder nie (dit is immers nie moontlik om ‘n pappery hardhandig te hanteer nie); hulle het ewe gedwee hulle sitplekke ontruim. Maar dit is en bly ‘n revolusie. Wat bo was, is nou onder, en wat nooit in staat was om uit eie vermoë bo uit te kom nie, is nou bo. Internasionalisme in sy volle gedaante!

En laat dit maar by herhaling gesê word - om net te kla sal nie help nie. Want hulle wat kla en self niks doen om die situasie te verander nie, is net so aandadig aan dit wat ons nou deelagtig word as diegene wat volledig in hierdie bestel opgegaan het. Niemand steur hulle immers meer aan ‘n klakous nie, niemand neem hom ernstig op nie, hy kan nie vertrou word om saam met jou tot aksie oor te gaan nie.

Die stryd om die nasionale orde te laat seëvier, ja om ware orde in hierdie land te herstel, berus by hulle wat die roepstem van hulle volk hoor en daarop antwoord deur op te tree. Die geskiedenis in hierdie land is nie deur klaende massas geskryf nie. Dit was telkens ‘n “klein handjievol wat hierdie grote land herskep het vir die verre nageslag”. By Vegkop was dit 36, by Bloedrivier 469, by Majuba 479. Dit was telkens die minderheid wat die “onomkeerbare” omgekeer het. Hulle was in verset; hulle het tot aksie oorgegaan. En dwarsdeur die geskiedenis was die Afrikaner telkens aan ‘n suiweringsproses blootgestel. Dit is vandag nie anders nie.

Om ‘n keuse te maak tussen die “Nuwe Orde” van die Nuwe Suid-Afrika en die “ou gevestigde orde”, is om ‘n keuse tussen waardes te maak. Dit is bowe-al, indien die keuse val op gevestigde nasionalistiese waardes en norme, ’n keuse tot volhardende  medewerkende stryd. Dit is – glo dit as u wil - ‘n keuse tussen lewe en dood.

 

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Sluit aan

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie