1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5314000

Besoekers aanlyn

Ons het 34 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Media

HOE PATETIES HET SOMMIGE AFRIKANERS NIE GERAAK NIE!

Baie Afrikaners was enkele weke gelede nog baie hoopvol oor die hofsaak wat Afriforum teen Julius Malema gemaak het. Met hierdie saak sou Malema “gestuit” word, het baie mense en ook Flip Buys geglo. Onlangs nog het Buys sy mond vol gehad in ‘n onderhoud met Rapport oor Malema as “politieke jeugmisdadiger” en die feit dat Malema die “ergste” verpersoonlik wat met Suid-Afrika kan gebeur. Afriforum wou ‘n hofbevel hê om Malema se “mond te snoer”. Maar nou het sake in die hof erg skeefgeloop vir Afriforum. Alles dui daarop dat Malema nie “gestuit” gaan word met die hofsaak nie, maar dat hy selfs as oorwinnaar uit die stryd kan tree. So warm het sake vir Afriforum geraak, dat die TLU (en veral hulle gesoute advokaat) nou die skuld daarvoor moet kry!

Daarby wil Afriforum nie meer die uitspraak in die hande van die hof laat nie, maar eerder ‘n onderhandelde skikking met Malema en kie bereik wat dan glo die uitspraak van die hof moet word. Dit terwyl Buys die een was wat te vertelle gehad het dat ‘n paaibeleid met ‘n ekstremis (presies dit wat Afriforum nou wil bewerkstellig), rampspoedig sal wees.

 

Buys was die een wat gestel het dat die hof vir Malema “grense moet stel”. Nou sal met Malema onderhandel word en sal Malema self die grense vir sy eie uitsprake stel. Ingeligte Afrikaners weet dat Malema in elk geval nie vertrou kan word met die beloftes wat hy gaan maak nie. Dat hy as “kind van die revolusie” tussen sy kamerade heerlik moet lag vir die naïwiteit van Afriforum om te dink dat ‘n ooreenkoms hom sal “snoer” of “stuit”.  

 

Dit is baie duidelik dat dit vir Afriforum eerder gaan oor die beeld wat hulle in links-liberale kringe het, as om ‘n slag vir die nasionale Afrikaner se vryheidstryd te slaan. Daarom dat Kallie Kriel die vermetelheid het om ‘n senior advokaat toe te snou dat hy wat Kriel is kwansuis sy lewe lank teen mense soos adv. Roelof du Plessis baklei. Maar teen mense soos Malema sien Kriel en sy trawante blykbaar nie meer kans om te baklei nie!

 

Ja, hoe “pateties” het Afriforum en Solidariteit nie geword nie, om so bietjie by Buys te leen. Die Afrikaner kan werklik doen sonder politieke papperds soos Kallie Kriel, Flip Buys en Dirk Hermann. Want hulle help mee om die Afrikaner se posisie verder te versleg. Dit terwyl hulle die hele tyd die teendeel wil voorgee. Hulle sal ook die eerstes wees wat Malema se voete was as hy president word van hierdie land. ‘n Posisie wat hy tot ‘n groot mate aan hulle paaibeleid te danke sal hê.

 

 

 

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Geloftefees 2018

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie