1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
6410121

Besoekers aanlyn

Ons het 25 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Media

SÊ ONS NOG VIR MEKAAR: HIERDIE LAND IS ÓNS LAND?

Op die langtermyn moet daar een onverbiddelike strategie wees: Dié land is ons land. Ons sal weer ons vryheid verwerf, kom wat wil. - Mnr JA Marais

Ek wonder hoeveel Afrikaners glo nog dat hierdie land, bedoelende dit wat voorheen as Blank Suid-Afrika bekendgestaan het, aan die Blankes, en by name die Afrikanervolk behoort. Met die gebeure van die afgelope 17 jaar as agtergrond is daar waarskynlik talle wat hierdie standpunt as belaglik sal afmaak. Veral as mens kyk hoe integrasie toegeneem en die ekonomie verstrengel geraak het.

Dit is vanweë hierdie heersende omstandighede dat daar Afrikaners is wat van mening is dat daar eerder na ‘n uitkoms soos ‘n volkstaat gekyk moet word. As jy dan nie die hele land kan vat nie, is ‘n deel daarvan darem beter as niks, lui die argument. Dit gaan tog daaroor dat ons vry moet wees om onsself te wees binne ‘n eie staatsverband, word aangevoer.

 Voormelde standpunt lyk op die oog af, aantreklik. Dit hou egter nie rekening met historiese- en ander werklikhede nie. As ‘n volk so maklik afstand doen van wat sy eie is, naamlik sy eie vaderland, waarom sal hy vir ‘n kleiner weergawe van sy eie (‘n volkstaat), stry. Dit is immers die vryheidsgedagte self wat gesneuwel het in die proses. Die strewe na vryheid het in die slag gebly en daarom is die “makliker” opsie van ‘n volkstaat ook nie aantreklik nie. As dit aantreklik was, sou die volkstaat, ongeag waar dit is, reeds beslag gekry het.

Die ekonomiese realiteite van oorlewing geniet tans nog voorrang by meeste Afrikaners. Daarom dat vryheid, selfs binne ‘n eie kleiner staat, geen aantrekkingskrag het nie. Niemand sien kans om na die kleiner gebied te trek nie, selfs al sou dit internasionaal erken word. Elkeen wil sien dat sy plaas binne die volkstaat sal wees. En daarom dat die gebied wat gekies word, ‘n groot tameletjie binne volkstaatgeledere gaan wees. Daar gaan nog baie gestry word oor waar die volkstaat moet wees. Word uiteindelik op ‘n gebied besluit, sal die volgende probleem opduik: Wat gemaak met die Swartes in daardie gebied? Om nie te praat van daardie volkstaters wat boonop hulle tuinjonge, huiswerkers en plaaswerkers wil saamneem volkstaat toe nie! Daar word vertel dat ‘n vooraanstaande boer en leier in KP-geledere eenvoudig nie kon insien hoe hy sonder sy Swartes sou kon klaarkom in ‘n volkstaat nie.

Dus, die volkstaat is ‘n droom wat nie bewaarheid gaan word nie. Dit bring ons terug by Jaap Marais. Hy het die volkstaat-opsie hewig gekritiseer, en vir baie redes. Hy het onder meer gestel dat wanneer jy glo dat hierdie land ons land is, dit veronderstel dat jy alles in die stryd sal werp om hierdie skynbaar “onomkeerbare” toestand weer om te keer. Anders is ons nie eerlik in hierdie stryd nie. Wat ook al die opoffering gaan wees, moet ons bereid wees daartoe.

 Wat lê op praktiese vlak vir ons voor? Die volkstaters sal met allerlei planne vorendag kom. Elkeen sal misluk. Dit hou mense maar net aan die praat en skep verwagtinge wat nie gaan realiseer nie. Wat wel gaan gebeur is dat hierdie land, soos elke ander Afrikastaat, groter onrus sal ervaar, meer gewelddadig sal word, en groter aansprake van die massas sal moet trotseer. Die anargie wat daaruit sal voortspruit sal lei tot grootskaalse konflik. In daardie toestande moet ons beheer van die situasie neem en met die grense van Blank Suid-Afrika as vertrekpunt, weer beheer neem oor hierdie land en nuwe grense trek tussen die volkere van hierdie land.

 Daar is geen ander opsie nie. Die vraag is, of ons gereed is vir daardie konflik. Of ons bereid is tot werklike stryd.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie