1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5385563

Besoekers aanlyn

Ons het 41 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Media

LOS PRAATJIES OOR VRYHEID?

Kritici (en daar is baie!) sê dikwels dat daar te veel oor vryheid gepraat word en te min gedoen word. Daarby is daar verskillende sienings oor vryheid. Sommige praat van “soewereine vryheid in ‘n eie vaderland” terwyl ander net beskerming van regte soos taal en kultuur wil hê. In die Volkereg staan eersgenoemde bekend as eksterne selfbeskikking en laasgenoemde as interne selfbeskikking.

Wel, ons kan nie ophou praat nie, maar ons kan wel meer doen. Van ‘n gepraat raak mense dikwels gemotiveerd om te doen. Maar dit is wel so dat voorbeelde mense meer aanmoedig as ‘n alewige gepraat. Toe die Palestyne by Kameneh vir die Israeli’s gewys het hulle is ernstig oor hulle weerstand, het Israel kennis geneem en was al wat ‘n Palestyn is begeester.

Die tuislandbeleid was ‘n daadwerklike aksie om vir elke swart volk ‘n eie staat daar te stel. Gebiede wat (histories) deur (swart) volkere bewoon is, is geteiken as toekomstige onafhanklike state. So sou die reg op selfbeskikking verwesenlik word vir talle volke. Omdat die Blankes (en in die besonder die Afrikaner) destyds nog in ‘n magsposisie was om die beleid (afsonderlike ontwikkeling) te implementeer, kon die beleid slaag, veral omdat dr Verwoerd die samewerking en goedgesindheid van die swart volkere verkry het. Wat oor sou bly, was Blank Suid-Afrika, ‘n gebied waarin die Blankes, met die Afrikaner aan die spits, vry (en in die meerderheid) sou wees. Die beleid is laat vaar na dr Verwoerd se dood.

 

In 1994 is die mag in hierdie land deur bedrog en verraad onwettig aan Swartes op ‘n skinkbord oorhandig. Die tafel daarvoor is reeds sedert Verwoerd se dood gedek. Vandag is die internasionale wêreld van mening dat die reg op selfbeskikking in Suid-Afrika deur ‘n “een mens een stem”-verkiesing (die sogenaamde “demokratiese verkiesing”) vir al die inwoners van die land gerealiseer het. Dit wil sê, die land word met sy inwoners as geheel (en ongeag hoe die bevolkingsamestelling lyk), en gegewe die bestaande grense, beskou.

 

In die proses het die vryheidstrewe van die Afrikaner ‘n gevoelige slag gekry. Ons kan min doen, maar ons kan nog praat. Ons is nie tans in ‘n (mags)posisie waar ons die land kan partisioneer (verdeel) nie en ons volksgenote is verstrooi tussen hordes Swartes en volksvyandiges. Om aan verkiesings deel te neem, is ‘n futiele oefening. Daar stem ons nie om vry te word nie, maar ons knegskap te verleng. Ons is boonop tot ‘n getalle-minderheid gereduseer wat, tensy die onvoorsiene gebeur, ons verhoed om die mag op die normale (konstitusionele) wyse oor te neem.

 

Voormelde het tot gevolg dat herbesin moet word oor die wyse waarop ons ons vryheid sal herwin. Artikel 235 van die huidige Grondwet bepaal dat  ‘n volk (“gemeenskap”) wat dieselfde taal en kulturele erfenis het, die reg het op selfbeskikking binne ‘n bepaalde gebied (territoriale entiteit) in Suid-Afrika (of op ‘n ander wyse) wat deur nasionale wetgewing bepaal moet word. Die vraag is of ons as volk die reg op sesessie (“afskeiding”) daardeur verkry het en of ons dus ‘n eie republiek êrens binne die grense van die huidige Suid-Afrika kan uitroep. Dit is na 17 jaar seker nou vir almal duidelik dat die artikel niks beteken nie. Die ANC-regime sal nie “nasionale wetgewing” aanvaar om aan die Afrikaner ‘n gebied te gee waarin hy homself kan regeer nie. Die ANC sal ook net daaroor praat, maar niks doen nie.

 

Wat bly dus vir ons oor? Myns insiens, een van twee opsies. Sesessie of die herwinning van die politieke mag.

 

Vir ‘n “reg op sesessie” is daar sekere vereistes waaraan ons sal moet voldoen.

  • Eerstens moet ons as ‘n definieerbare groep mense (“people”) ‘n meerderheid in ‘n bepaalde gebied uitmaak (bv in Noord-Transvaal).
  • Daarbenewens moet ons regte as groep deur die regering vertrap word (“serious violation or denial”).
  • Laastens moet sesessie die enigste realistiese en effektiewe remedie wees om die saak op te los.

 

Dat die Afrikaner as duidelike definieerbare groep aan ernstige vergrype van menseregte blootgestel word, is ‘n feit. Maar die probleem is: Daar is nêrens ‘n gebied waarin ons tans kan sê dat ons die meerderheid is nie. Ons is, weens die teenwoordigheid van die Swartes orals in die getalleminderheid. Daar kan van sesessie geen sprake wees alvorens meerderheidsbesetting van ‘n gebied nie gaan plaasvind nie. Die regime sal natuurlik ook aanvoer dat ons “volle deelname” aan die “demokrasie” het, wat sesessie as enigste alternatief uitsluit.

 

Die verdure probleem is dat die Afrikaner nie (vandag) na ‘n gebied sal verhuis wat vir hom geen ekonomiese aantrekkingskrag het nie. Meerderheidsbesetting van ‘n bepaalde gebied is ook een van die vereistes vir ‘n staat om te kan bestaan ingevolge die Montevideo Konvensie van 1933. Solank ons in ‘n getalleminderheid in ‘n gebied is, kan ons vergeet van selfbeskikking (in ‘n eie staat). ‘n Grootskaalse bevolkingsverskuiwing van Afrikaners na ‘n bepaalde gebied sal slegs in abnormale (“oorlogstoestande”) omstandighede plaasvind. Tans lyk so-iets buite die kwessie, alhoewel omstandighede in ons land natuurlik drasties kan verander.

 

Wat bly dus vir ons oor? Die herwinning van die politieke mag. So onmoontlik as wat dit is vir baie om daaraan te dink, bly dit op die oomblik die enigste opsie.

 

Toe die drie Baltiese state (Litoue, Letland en Estland) deur die geheime en onwettige Molotov-Von Ribbentrop akkoord by die USSR ingelyf was, het die mense van daardie drie state gesê (“gepraat”) dit was onwettig. Gegewe die magte teen wie hulle opgestel was (die magtige USSR), was daar waarskynlik min ander vorme van verset tot hulle beskikking. Maar bykans ‘n halfeeu later het dramatiese en onvoorsiene gebeure sake binne ‘n oogwink verander en daartoe bygedra dat hulle reg op selfbeskikking “herleef” het. Maar dan juis as gevolg van hulle volgehoue standpunt en hulle weiering om hulle knegskap te aanvaar. Dus, al lyk die prentjie vir vryheid vandag vir ons dalk donker, weet ons nie wat more inhou nie. Tog moet ons die standpunt dat die magsoordrag van 1994 onwettig was, nooit laat vaar nie. Dit hou noodwendig in dat ons nie mag deelneem aan die bestel nie.

 

Wat moet ons benadering dan nou wees? Ons kan nie op hierdie stadium enige gebied aandui as ons “republiek van more” nie. Dit is voortydig en ‘n verdelende faktor wat mense noodwendig uitsluit. Daarom is ons uitgangspunt steeds: Hierdie land is ons land! Die toekoms sal die finale grense van die gebied (binne die grense van ons land) aandui. Dit sal vanuit ‘n magsposisie gedoen moet word.

 

Maar laat ons nie toeskouers word in die proses nie. Toeskouers kyk en kritiseer net en doen self niks. Ons moet self die boustene lê vir ons eie republiek. Niemand gaan dit vir ons gee nie. Ons moet verder aanhoudend klem lê (“praat”) oor die onreg van hierdie bestel. Elke moord en elke vergryp teen ons mense moet aangeteken word. Daardeur moet mense egter nie afgeskrik word nie, maar juis oortuig word dat selfbeskikking binne ‘n eie staat die enigste uitweg vir ons volk is. Mense wat skrik vlug, maar mense wat oortuig word, veg. Die onreg is ingebou in hierdie bestel en sal uitkring juis omdat die regime sal poog om aan die eise van die massas te voldoen. Daar is net een manier hoe Zuma en sy trawante kan voldoen aan die eise van die massas en dit is deur die Blanke te onteien, te ontman en te verarm. Hoe gouer die Afrikaner dit raaksien, hoe beter vir ons eie vryheidstryd.

 

Geleenthede duik dikwels op buite ‘n mens se eie beplanning. Intussen moet ons aanhou praat. Dit bly onontbeerlik. Daarby die organisasie vir protesaksies. In Egipte het niemand gehoop of gedink dat gewone protes teen ‘n outoritêre regime sy val gaan veroorsaak nie. Dit het. Laat ons doen wat ons kan, die res sal vanself gebeur.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie