“This is not the end. It’s the beginning… We had a duty to the Arab nation as well as the Palestinian nation. It was not the Arab people who had failed, it was the Arab regimes… I knew that if we did not act quickly the whole Arab nation, Arabs everywhere, would be infected by the psychology of defeat…” (Jasser Arafat in ‘n gesprek met ‘n verslaggewer na die Sesdaagse Oorlog in 1967)
Wat mens ookal dink van die Palestyne se stryd teen die Israeli’s; feit bly staan, dit is ‘n volgehoue stryd wat oor baie jare teen ‘n oormag gevoer was. En die hart van daardie stryd was vir baie lank een man: Jasser Arafat.
Soos hy dit self gestel het, was die Palestynse Bevrydingsbeweging die enjinkamer van die herlewing van Palestynese nasionalisme. En daarin het Arafat geslaag ondanks die feit dat hy geen basis gehad het vanwaar hy die stryd kon voer nie, die hele wêreld teen hom opgestel was, Arabiese leiers hom in die rug gesteek het, verskeie aanslae op sy lewe gemaak is en hy met skerp meningsverskil en verdeeldheid binne sy eie organisasie opgesaal was.
Dat Arafat hom tot terreur gewend het, is natuurlik afkeurenswaardig. Maar dan was dit maar net ‘n geval van ‘n oog vir ‘n oog, synde die Israeli’s self van terreur gebruik gemaak het, en dit steeds doen. Tans is die Palestyne se land beperk tot die Gasa-strook en moet hulle toesien hoe die Israeliese nedersettings in die Wes-Oewer daagliks uitbrei. Daarby bied die huidige Palestynse leierskap boonop geen inspirasie aan die Palestyne nie.
Vir die Afrikanervolk is daar baie te leer uit die Israel-Palestynse konflik. Een daarvan is dat ons ook met ‘n situasie sit waar leiers die volk gefaal het. Dit was nie die volk self nie. Ons is verraai deur leiers. Daarby het ons nou ‘n de facto situasie wat alles behalwe gunstig is vir ons vryheidstryd. Die wêreld keer die onregmatige okkupasie van ons land deur terroriste goed terwyl niemand ag slaan op ons volk se historiese aanspraak op ons grondgebied nie. Ons is ook erg verdeeld met leiers van sekere organisasies en partye wat telkens na kortpaaie vir vryheid soek.
In tye soos hierdie
Intussen moet ons die geloof behou, glo in die reg van ons saak en elke dag iets doen om die vryheidsvlam brandend te hou.