1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7446444

Besoekers aanlyn

Ons het 63 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

NASIONALISME AS GELOOF

“Die Afrikanerdom het geen nuwe ingevoerde lewensbeskouing nodig vir staatkundige of geestelike weerstand teen die Kommunisme nie. Hy dra al geslagte lank in hom die geloof, die lewensbeskouing wat dit onmoontlik sal maak vir die Kommunisme om by hom ingang te vind”.  Dr HF Verwoerd (1941)

Dit is die Afrikaner se lewensbeskouing wat sal bepaal of hy as volk nog ‘n toekoms in hierdie land het. Tot en met 1994 was dit as Christelik-nasionaal beskou. En met reg. Na die oorgawe van 1994 is ‘n verwoede aanslag gemaak teen die Afrikaner se tradisionele beskouings oor sake. “Anything goes”, word dit op Engels genoem. In daardie wêreldbeskouing is daar nie plek vir die (rigiede) volksgebondenheid wat eie is aan die nasionalisme nie. So beskou is ‘n “ingevoerde” lewensbeskouing dan tog wel besig om inslag by ons volk te vind.

Verskeie aanslae is in die verlede op die Afrikaner se lewensbeskouing gedoen. En die Afrikaner se leiers moes telkens walgooi en waarsku teen vreemde invloede. In 1941 het dr Verwoerd gestel dat die Afrikaner se diepgewortelde godsdienstige geloof ‘n “geweldige wapenrusting” is. Daarby was daar die Voortrekkertradisie van die verwerping van “kleurgelykheid” wat die Afrikaner “onvatbaar” gemaak het vir die Kommunisme. Derdens was daar die “Afrikaanse nasionalisme” as die Afrikaner se allesomvattende “politieke geloof”. Dit het, soos dr Verwoerd dit gestel het, die Afrikaner weerbaar gemaak teen die aanslae van vreemde invloede.

 

Daar is al dikwels op hierdie webwerf verwys na Dr Tobie Muller se opstel “Die Geloofsbelydenis van ‘n Nasionalis”. Hy het onverskilligheid oor nasionalisme as “pligsversuim” gesien. Vir hom was die keuse om nasionalis te wees ‘n morele keuse van die diepste betekenis. Daardeur is ‘n individu se karakter binne ‘n volk gevorm. Die individu moes sy lewensroeping binne die volk vervul, en nie op sy eie nie.

 

Vandag vind ons Afrikaanse staatskole waar uit die Bybel geopen word en godsdiens nog ‘n sentrale rol speel. Daarvoor is mens dankbaar. Maar van die volkseie het baie min oorgebly. Wat van ons geskiedenis en heldedom wat eenvoudig oor die hoof gesien word by staatskole? Wat van die Afrikanerkultuur wat by staatskole in die slag gebly het? Word daar maar eenvoudig berus daarin dat dit verbied word? En vertel daardie ouers darem nog vir hulle kinders by die huise van ons geskiedenis, kultuur en tradisies?

 

Rugby, netbal en hokkie kan tog nooit die enigste “kultuur” wees wat Afrikanerkinders moet aanleer nie! Wat besef sal moet word, is dat taal alleen nie die stryd gaan wen nie. Afrikaans kan nooit net ‘n “voertaal” wees nie. Afrikaans druk uit wat in die hart beleef word. En as dit net ‘n “vermaak-, sport- en selfoonkultuur” is wat in kinders se harte leef, dan kan dit maar netsowel in Engels uitgedruk word. Geskiedenis is die geheue van ‘n volk. Sonder daardie geheue ly ‘n volk aan geheueverlies en sal die noodsaak van Afrikaans ook algaande verdwyn.

 

Een van ons grootste probleme is dat daar talle Afrikaners is wat glo dat sy godsdiens en sy taal die enigste is wat in hierdie tye behoue hoef te bly. Solank hy maar nog Sondag ‘n Afrikaanse erediens kan bywoon en sy kinders in die week in Afrikaans klas kry, is alles piekfyn, word geglo. Dit is hierdie oortuiging wat by hom ingeskerp is deur die liberalisme en die humanisme - hulle wat juis deur middel van die godsdiens die Afrikaner van sy volkseie vervreem het. Afgesny van sy volk, die Voortrekkertradisie en sy nasionalisme het die Afrikaner ‘n identiteitskrisis begin beleef. Taal sal ook sneuwel as die volksgebondenheid sneuwel.

 

Die godsdiens van ons vadere het ook reeds tot ‘n groot mate in die slag gebly. Laat dit maar weer herhaal word: Die godsdiens van die Voortrekkers was veranker in die geloof dat integrasie op elke gebied verhoed moes word. ‘n Volk moet homself kan betuig voor ander volkere. Dit kan hy net doen deur te glo dat hy ‘n unieke Godgegewe roeping het. Die Afrikanerkind word suksesvol vanuit sy volkskap geroep. Daardie volkskap het ‘n bepaalde omskrywing wat deur geslagte gevorm is. Ons het ‘n Blanke vel, ‘n Voortrekker- en Boere-geskiedenis, ‘n heldedom sonder weerga, bloedgrond wat van ons vadere geërf is en eiesoortige kultuurgoedere en tradisies wat verskil van ander volkere. As ons dan Afrikaans praat, dan praat ons dit teen en vanuit hierdie agtergrond.

 

Dat ons volk nog nie in suksesvol in verset gekom het teen hierdie verknegting nie, kan alleen maar daaraan toegeskryf word dat daar nie meer ‘n trotsheid onder die Afrikaner te bespeur is nie. Selfrespek ontbreek, daarom is daar nie selfbetuiging nie. En die rede is tog duidelik: Dit is nasionalisme wat ontbreek. Dit is juis nasionalisme wat ‘n volk selfrespek gee; iets wat tans by baie van ons volksgenote ontbreek. Dr Verwoerd was daarom reg om te praat van nasionalisme as ‘n “allesomvattende politieke geloof”, juis omdat nasionalisme die totale menswees van die individu behels.

 

As ons nie met ‘n geloof besiel is wat insluit dat ons ook in ons volk glo nie, sal ons nie die wil hê om as volk in hierdie land voort te bestaan nie. ‘n Diep en innige geloof in die reg van ons volk op ‘n eie voortbestaan in ons eie vaderland vorm die basis van ons stryd. As ons dan Afrikaans praat, laat iets daarvan tereg kom in dit wat ons te vertelle het. Sonder ons eie unieke lewensbeskouing is ons die prooi van die geringste aanslag teen ons. En ‘n geloof wat nie die geloof in ons volk insluit nie, sal nie die aanslae van die liberalis die hoof kan bied nie.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie