1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
6058517

Besoekers aanlyn

Ons het 43 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Media

CAREL BOSHOFF SE DOOD EN ‘N EIE GRONDGEBIED

Die ANC Jeugliga het in ‘n lofrede aan die ontslape professor Carel Boshoff gesê dat prof Boshoff die nuwe demokratiese Suid-Afrika aanvaar het, maar daarop aangedring het dat die Afrikaner ook sy eie grondgebied moet hê waar hy homself kon uitleef. Dit was prof Boshoff se standpunt, naamlik dat niks gedoen sou kon word aan die realiteit van die nuwe Suid-Afrika nie, en dat ‘n nuwe staat vir die Afrikaner daargestel moes word.

By die afsterwe van ‘n persoon soos prof Boshoff is mens natuurlik aanvanklik huiwerig om krities te wees oor sy standpunte. Prof Carel Boshoff kan geloof word vir baie van sy standpunte en werk, byvoorbeeld oor selfwerksaamheid. Feit is dat sy standpunt oor ‘n volkstaat en die wyse waarop in die proses van historiese aansprake afstand gedoen word, nie maar net daar gelaat kan word nie.

 

Die AVP se standpunt is dat hierdie land ons land is. Ons sal weer ons vryheid herwin, kom wat wil. Mnr. Jaap Marais het in 1995 gesê dat dít, naamlik dat hierdie land ons land is, ons onverbiddelike langtermyn strategiese doelwit moet wees. En daarby:

 

 “As ons dit nie vir mekaar sê nie, ons nie eerlik in hierdie stryd is nie”.

 

Dus, die AVP kan nooit betrek word by enige aksie waarby onderhandelings vir ‘n grondgebied (bedoelende ‘n deel van ons land) as uitgangspunt aanvaar word nie. Die VF+, Orania, die Afrikanerfront, die VVK en die HNP het almal reeds afstand gedoen van die standpunt dat hierdie land ons land is en hulle vir die een of ander vorm van ‘n volkstaat uitgespreek. Dit is ontvlugtingspolitiek. Dit is redenasie vanuit omstandighede en nie vanuit beginsel nie. ‘n Volk word nie op die langeduur aangetrek na ‘n grondgebied net omdat niemand anders daarop aanspraak maak nie, maar speel geskiedkundige gebeure soos ‘n oorlog, ‘n deurslaggewende rol in die verkryging van ‘n grondgebied.

 

Ons moet nie dat die huidige klimaat van “onomkeerbaarheid” ons laat glo dat ons nie ‘n ander keuse het nie. Ons het niks te sê vir, en te doen met, hulle wat die “nuwe Suid-Afrika” (en sy verwerplike grondwet) “wil laat werk nie”.

 

Mnr. Jaap Marais het in 1996 gesê dat:

 

“vir selfrespekterende en volksgetroue Afrikaners om dié grondwet te eer en te ondersteun, is om, in stryd met die wet van selfbehoud en die eise van nasionale waardigheid, medewerkers van hulle eie verontregting en onderdrukking te wees. Miskenning van die grondwet deur Afrikaners sal die prikkeling wees tot volkstrots, durf en geloof in hulle volk se reg op herwinning van sy vaderland en vryheid”.

 

Ons distansieer ons derhalwe van enigiemand wat hulle skaar aan die kant van die “nuwe Suid-Afrika”. Daarom dat mnr. Jaap Marais gesê het dat as ons die vyand kies, dan betrek dit elkeen wat rondom hom is. Elke party wat in die parlement is, is in vyandskap teen die Afrikaner opgestel. Elkeen wat hierdie bestel ondersteun, uiteraard ook.

 

Dit is ononderhandelbaar om oor ons land te praat. Ons doen nie afstand van ons eis op hierdie land nie, die omstandighede ten spyt. Volgehoue stryd sal daarvoor gevoer moet word. En daardie stryd eis ons vaderland op ter uitsluiting van enigiemand anders. Dit is die ononderhandelbare in hierdie stryd.

 

Na die Anglo-Boereoorlog het generaal Hertzog die volk weer bewus gemaak van sy lewensroeping en hom gewys op die natuurlike grense waarin hy, Godgeroepe daartoe, moes ontwikkel sonder om afstand te doen van sy geestelike en kulturele selfstandigheid en om sy histories gegroeide volksgevoel so te neutraliseer dat dit alle krag en waarde verloor. Daarin het die wyse generaal aanvanklik min vriende gehad, maar sy krag het juis nie in getalle gelê nie, maar in die ideaal wat hom gedra en besiel het.

 

Geloof in die reg van ons saak sal ons ‘n mag maak en die moed gee om vol te hou met ons stryd, en nie die trek van strepies op landskaarte deur politieke opportuniste nie.

 

Laat die erwe van ons vaders vir ons kinders erwe bly.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie