Media

WAT IS ONS CHRISTELIKE PLIG IN DIE HUIDIGE SITUASIE?

Terwyl talle predikante hulle Sondae besig hou met praatjies oor verbroedering, gebede dat die barbaarse regime tog beter moet regeer en sedelessies oor moets en moenies, is dit verrykend om te lees wat dr Tobie Muller, eertydse teoloog gesê het oor ons Christelike plig.

Dr Muller se standpunt was dat nasionalisme ons Christelike plig is. Dus, nie verbroedering en gebede vir die barbaar om tog more net minder van ons dood te maak nie, maar volksbinding, volkskrag, volkseie, volksregering, volksgeloof. Hoe teenstrydig is dit nie met dit wat ons vandag hoor nie!

Selfs die blad Foreign Affairs wat deur die internasionale geldmagte se Council on Foreign Relations (CFR) uitgegee word en bekend is vir sy links-liberale standpunte, moet nou en dan toegee dat nasionalisme die mees formidabele mag is waarmee hulle te doen het.

 Alhoewel die CFR deurgaans ‘n agenda volg van ‘n eenwêreldstaat, kan die waarheid nie altyd in bedwang gehou kan word nie. In 1994 het Michael Lind in Foreign Affairs geskryf dat nasionalisme “the most powerful force” in die wêreld is. In 2008 het ‘n insiggewende artikel verskyn van Jerry Muller onder die opskrif “Us and Them: The Enduring Power of Ethnic Nationalism”.

 

Muller se betoog is dat wat ookal gesê en gedoen word, daar niks is wat nasionalisme kan laat verdwyn nie. In meeste state word politieke identiteite deur etnisiteit gevorm, wat juis tot gevolg het dat opponerende eise ten aansien van politieke mag in state ontstaan. Die daarstel van ‘n vreedsame orde van nasiestate was dikwels voorafgegaan deur ‘n gewelddadige proses van etniese skeiding. Waar daardie skeiding nog nie plaasgevind het nie, is geweld steeds aan die orde van die dag. Wat ookal ‘n mens se beskouing van nasionalisme mag wees, kan die feit nie wegredeneer word dat dit juis nasionalisme was wat telkens nuwe grense tussen volke en state getrek het nie. Dit sal ook in die toekoms die geval wees.

 

Die basiese premis van nasionalisme is dat “nations” (volke) gedefinieer word deur ‘n gemeenskaplike erfenis wat normaalweg ‘n gemeenskaplike taal, geloof en afkoms insluit. Die lede van ‘n volk is deel van ‘n uitgebreide familie wat bloedverwantskap veronderstel. Dit is die subjektiewe geloof in die realiteit van ‘n gemeenskaplike “ons” wat belangrik is. Soos Walker Connor dit gestel het, dit is nie “wat is” nie, maar wat mense “glo wat is”, wat van belang is.

 

Ernest Gellner stel weer dat nasionalisme juis tot volle uiting gekom het weens die golwe van moderniteit. Ekonomiese groei was afhanklik van geletterdheid en kommuniskasie, wat op hulle beurt weer afhanklik was van onderwys en ‘n gemeenskaplike onderrigtaal. Dit het juis tot gevolg gehad dat konflikte ontstaan het oor taal en die geleenthede wat geskep is. Die sprekers van dieselfde taal het het algou beleef dat hulle dieselfde verwagtings koester en bymekaar hoort en het hulleself daarom solidêr in opposisie gestel tot ander taalgroepe en gemeenskappe. Waar ‘n taalgroep dominansie verkry het, het daardie dominansie neerslag gevind in die staatsdiens en die handelsverkeer; tot ontsteltenis van daardie taalgroepe wat uitgesluit is. Alhoewel die moderne samewing aanvanklik tot gevolg het dat tradisionele bande van gesin, geloof en afkoms afgewater word, het ‘n emosionele vakuum ontstaan wat baie gou gevul is deur ‘n identifikasie op grond van etniese verwantskap. Dus, die vakuum wat die afwatering van nasionalisme gelaat het, is opnuut gevul deur nasionalisme!

 

In Europa het state tot stand gekom juis op grond van etnisiteit. En in daardie state waar daardie etniese samehorigheid onderdruk is, het nasionalisme uiteindelik ook weer geseëvier. Die USSR en Joegoeslawië kon, ten spyte van jarelange onderdrukking van nasionalisme, nie daarin slaag om selfs die kleinste volkere se identiteit (wat gevoed is deur nasionalisme) te vernietig nie. Dit is bewys daarvan dat nasionalisme die sterkte mag op aarde is. En dikwels het mense van dieselfde ras gevind dat hulle as gevolg van taal- en/of geloofsverskille steeds nie in dieselfde staat tuishoort nie. So het Pakistan en Bangladesj, ondanks hulle geloofeenheid, weens taal uitmekaargespat en kon die Iere (wat dieselfde taal praat), weens geloofsverskille kwalik in een land saamleef.

 

Dikwels word groot gewag gemaak van die omvangryke ekonomiese implikasies wat skeiding van volkere tot gevolg sal hê. Feit is dat integrasie slegs korttermyn ekonomiese gewin inhou. Op die langeduur is skeiding nie net ekonomies voordelig vir volkere nie, maar bring dit ook langdurige vrede. Partisie (skeiding) het geblyk die “most humane lasting solution” te wees vir die intense konflikte wat in talle state voorkom. En alhoewel partisie op die korttermyn baie ongerief veroorsaak, stel dit minstens ‘n permanente oplossing daar. Muller sluit die artikel af met die volgende betekenisvolle opmerking:

“Ethnonationalism … corresponds to some enduring propensities of the human spirit that are heightened by the process of modern state creation, it is a crucial source of both solidarity and enmity, and in one form or another, it will remain for many generations to come. One can only profit from facing it directly.”

 

Die politieke partye in ons land wat duursaamheid het, is daardie partye wat onwrikbaar staan op die beginsels van nasionalisme. Die groot magte neem kennis van nasionalisme en dit is juis nasionalisme wat in die pad van ‘n eenwêreldstaat staan. Nasionalisme is onvernietigbaar juis omdat dit nie ‘n ideologie is nie. Dit is gebaseer op die basiese lewenswet: soort soek soort. As ek vir een volk kies moet ek noodwendig teen ‘n ander volk diskrimineer. Dit kan nie anders nie. Geen wet kan dit verander nie.

 

Wat tans in hierdie land plaasvind is ‘n tussenspel. Dit poog om nasionalisme te onderdruk, maar hierdie bestel sal hom te pletter loop teen die krag van nasionalisme. Om te midde van hierdie toestand met slenters vorendag te kom wat sake van lewensbelang, soos om buite hierdie bestel te bly, of dat nie met die regime onderhandel moet word nie, as van mindere belang af te maak, is om verstrik te raak in verwarrende Volksbond- en KP-terminologie.

 

Die basis vir volkseenheid en volksvryheid is nasionalisme. Daardie nasionalisme eis dat ons niks te doen sal hê met hierdie godlose geïntegreerde Kommunistiese bestel nie, maar juis ons eie sal najaag. ‘n Nasionalis vra nie vir die barbaar waar sy land is nie. Hy hoef ook nie te stem om te weet of hy ‘n land het nie. Die nasionalis hoor die roepstem van sy volk en sien die vrae in sy kinders se oë. Hy maak bymekaar wat bymekaar hoort en wag die tyd af wat hy weer sy land kan vat.

 

Dr Tobie Muller het dus gesê dat ons as volk ‘n roeping het om nasionaliste te wees en word daardie roeping in die eerste plek binne volksverband vervul. Dit is daarom ‘n sonde om nie ‘n nasionalis te wees nie. Dit is dus ‘n sonde om by hierdie bestel betrokke te raak of met die regime te onderhandel oor ‘n volkstaat. Dit is ook ‘n sonde om te bid dat hierdie regime more beter oor jou moet regeer. Die gekroonde rower van gister wat hom vandag verbeel hy kan oor die Witman regeer moet met vuur verwyder word! Dit is waarvoor ons moet bid!

 

As nasionalisme in jou are bruis, dan verwerp jy hierdie bestel met alles wat jy het; jy soek nie na verskonings om daarby betrokke te raak, of na kortpaaie vir vryheid nie!