Media

‘N VOLK TOT SWYE GEDOEM?

By alles wat met ons volk gebeur is een van die verbasendste dinge dat daar min, indien enigiets is, wat mense nog tot aksie oorhaal. Selfs moord en roof doen nie meer veel om volksgenote aan te spoor tot optrede nie. Wat het dan fout gegaan in volksgeledere en wat kan ons daaraan doen?

Watter boodskap kry die Afrikaner as hy elke dag lees van die een of ander grusame misdaad op volksgenote? Wel, sonder effektiewe teenoptrede is daar beslis net een boodskap wat uitgaan: Ons volk leef in vrees en wanhoop en is tot stomheid geslaan.

 Wat mens sien is mense wat geen hoop meer het nie en planne maak om die land te verlaat. Nou vat voortreflike Afrikaners die pad Oos-Europa toe om daar te gaan boer. Die res dink nog die Grondwet sal hulle beskerm!

 

Richard Pipes skryf in sy boek Communism: A History of the Intellectual and Political Movement dat geweld een van die wesenskenmerke van die Kommunisme was. Dit moes die grondslag skep van die “nuwe orde”. Trotsky het gestel dat Sowjet gesag “organized civil war” was. Die huidige misdaadsituasie is ‘n tipiese krisis wat deur kommunistiese state self geskep word, juis om die kommunistiese doelstellings te verwesenlik. Kommunistiese regimes teer op krisisse:

 

“Crisis alone permitted the authorities to demand – and obtain – total submission and all necessary sacrifices from its citizens”.

 

Absolute onderdanigheid dus. En wie is die teiken? In Rusland was dit die kulaks (die middelklas). Hulle, as die persone waarop geteer moes word en wie onteien moes word om die massas (aanvanklik) tevrede te stel, is in die ergste moontlike terme verneder. So is onder andere gestel dat:

 

“The kulaks insanely detest Soviet authority and is ready to suffocate, to carve up hundreds of thousand of workers… The kulaks are the most beastly, the coarsest, the most savage exploiters… These bloodsuckers have waxed rich during the war on the people’s want…enslaving time and again, the poor peasants… Death to them.” 

 

Die kulaks moes “gelikwideer” word, dit wil sê as mense uitgewis word. En dit deur middel van ‘n revolusie wat van bo-af op ‘n bevolking afgeforseer word. In die naam van die revolusie is al die kulaks se eiendom gekonfiskeer en is hulle na Siberië of strafkampe gedeporteer.

 

Wie is die hedendaagse kulaks? Dit is die Afrikaner! Dit is hy wat in die mees verdoemende terme uitgebeeld word as sou hy die bron van alle onreg wees in hierdie land. Sy verlede is ongeregtig. Sy optredes is misdadig. Dis hy wat almal te na gekom het en dit steeds doen. Hy moet onteien word. Hy moet ontmagtig word. Hy is boos. En dis hy wat uitgewis moet word. Daarom moet “Kill the Boer” deur die ANC bewaar word as “erfenis”.

Alles wat skokkend is en was, was mos apartheid (en derhalwe die Afrikaner) se skuld. Die skrywer Arthur Koestler, wat ‘n Kommunis was, verduidelik die geestelike proses waardeur hy moes gaan en waarin die terreur van die regime eenvoudig oor die hoof gesien is:

 

“I learned to classify automatically everything that shocked me as the ‘heritage of the past’ and everything I liked as ‘seeds of the future’…”.

 

Die revolusie het altyd vyande nodig om te kan oorleef. Sonder vyande is daar geen revolusie (lees: “transformasie”) nie. Fidel Castro het gestel dat:

 

“the revolution needs the enemy... And if enemies were lacking, they had to be fabricated”.

 

Jongmense wat niks met apartheid te doene gehad het nie, is vandag steeds die vyand van die stelsel. Hulle kan dit nie begryp nie. Hulle word vermoor, selfs al sweer hulle apartheid af. Wat hulle nie besef nie, is dat dit nie oor apartheid gaan nie - hulle is skuldig sal skuldig bly slegs omdat hulle Afrikaners is.

 

Misdaad het ten doel om ‘n patalogiese vrees en agterdog by mense te veroorsaak. En daar moet toegesien word dat niemand dit ontsnap nie. Hierdie vrees en agterdog verwoes mense se lewens. Dit het ten doel om totale gehoorsaamheid te skep, want sou die waarheid ingesien word, sal dit tot ‘n ongekende opstand lei. As 1994 ‘n revolusie was soos Ferdi Greyling in Beeld van 1 Maart 2011 wil voorgee, het hy nog nie ‘n revolusie gesien nie!

 

Die vier basiese kenmerke van elke kommunistiese staat is:

  1. regering deur ‘n enkele politieke party wat totale gehoorsaamheid vereis;
  2. geen eksterne beperkinge op die owerheid nie;
  3. afskaffing van private besit;
  4. minagting van menseregte.

 

In die kommunistiese staat moet die leier ook verafgod (gedeïfiseer) word. Hy verteenwoordig en versinnebeeld die hele saak. Die vergoddeliking van Nelson Mandela is daarvan die hedendaagse voorbeeld. Sy terreurdade was geregverdig, sy doelstellings edel, sy motiewe prysenswaardig. Dat sy opvolgers nie meer in dieselfde terme beskou word nie, ondanks alle pogings om dit wel te doen, spreek boekdele. Hoe lank het dit nie geneem voordat Lenin, Stalin en Mugabe ontmasker is vir wat hulle werklik verteenwoordig het nie?

 

Beeld, as ‘n propagandamiddel in die hand van die internasionale geldmagte, wil juis die boodskap oordra dat die gewone burger niks aan sy eie heil kan doen nie. Dat daar net een oplossing is vir ons probleem: Gee gehoor aan die owerheid! Werk saam om “ons land ’n beter plek vir almal te maak!” En dis net die regering wat ons kan red uit ons wanhopige situasie! En die leraars wat hulle lidmate aanmoedig om nie die land te verlaat nie, maar te bly en te bid dat die Here die hart van die misdadiger sal versag, is mede-aandadig daaraan dat ons volk soos die spreekwoordelike lam ter slagting gelei word. Want die Kommunisme, as metode van verslawing in die hande van die geldmagte, kan vertrou word om Kommunisme te bevorder. En Kommunisme ken geen vrede nie, maar slegs haat en vernietiging. Ja dominee, kom ons bid eerder dat die Here hierdie gespuis met vuur sal wegneem uit ons midde!

 

In die kommunistiese staat sal diegene wat konformeer langer hou as daardies wat weerstand bied. Maar hulle sal ook aan die beurt kom; al is dit dan laaste. Kommunisme kan nie hervorm word nie, dit is boos in murg en been; in hart en siel en gees. Soos Pipes dit stel:

 

“If it is ever revived, it will be in defiance of history and with the certainty of yet another costly failure.”

 

“Ontwaak jy wat slaap en staan op uit die dood. En Christus sal lig oor jou lewe!” Dit is die boodskap van vandag vir die Afrikaner. Om te ontwaak is om in verset te kom. Om uit die dood op te staan is om die skuldgevoel wat ons verteer, van ons af te werp. Dis tog baie eenvoudig: Misdaad gebeur omdat die regering dit toelaat. As ‘n regering toelaat dat sy burgers vermoor word, het hy oorlog teen sy burgers verklaar. Daarom is die regering - die regime - nie te vertrou nie. Nie met enigiets nie. Nie gister nie en nie vandag nie. En ook nie more nie. Nooit nie. Die dag wanneer ons volksgenote dit gaan insien, gaan ons die opkoms van die nuwe Afrikanerdom sien. Dan sal Egipte na ‘n Sondagskoolpiekniek lyk!