Media

7 Mei 2014. WIE BESOEK DIE BORDEEL?

alt46% VAN SA KIESERS BLY WEG

2014-05-03 23:07 Rapport

Met net twee dae oor voor die volgende “bordeel” se uitkoms Suid Afrika se politieke sedes verder bederf, is hierdie opskrif in Rapport van 4 Mei 2014  so in die wind en misleidend, dat dit bloot ‘n berig is wat geskryf is om plek in die koerant te vul. Verder as dit het dit geen betekenis nie. In die eerste plek is ‘n ongeregistreerde “kieser”, nie ‘n kieser nie. As jy nie geregistreer het nie, kan jy nie kies nie, maar belangriker nog, wÍl jy nie kies nie omdat daar niks is om te kies nie! Die volgehoue ontkenning van ras, wat duidelik sou aandui dat daar bitter weinig blankes en veral, al  minder Afrikaners is wat in hierdie verkiesing gaan stem, en in elke hieropvolgende  Swartbeheerde kommunistiese, korrupte en onvermoënde regime se verkiesings sal stem, is die vryheidspad van die Afrikanervolk en sal en moet deur hulle ten alle koste vermy word.

Al wat met sekerheid uit die onderstaande berig afgelei kan word, is dat daar solank voorbrand gemaak word vir ander redes as die etniese en rasverskille wat ‘n inpak begin maak op die sigbaarheid van die gemors wat die de Klerkregering in Suid Afrika aangerig het!

 

Lindiwe Mazibuko, die DA se parlementêre leier, het DA-ondersteuners gister in die Dome by die Northgate-winkelsentrum in die noorde van Johannesburg toegespreek.

Ons moet ons dalk voor­berei op die laagste opkoms by die stembus sedert die einde van apartheid: Sowat 46% van stemgeregtige kiesers gaan na verwagting nie Woensdag stem nie. Dié syfer is gegrond op die meer as 10 miljoen stemgeregtige kiesers wat glad nie geregistreer het om te stem nie, asook die sowat 24% van die land se 25 miljoen geregistreerde kiesers wat kán stem, maar waarskynlik nie sal opdaag om hul kruisies te trek nie. In 2009 het 42% van stemgeregtiges nie gestem nie.

Uit die 25 miljoen geregistreerde kiesers hoop die Onafhank­like Verkiesingskommissie (OVK) sowat 19 miljoen sal stem (76%). As hulle wel geregistreer was en gestem het, sou sowat 42% vir die ANC gestem het, het die marknavorsingsagentskap Ipsos bevind, teenoor sowat 8% vir die DA en 4% vir Julius Malema se EFF. Die meeste ongeregistreerde kiesers – 38% van ongeregistreerdes – is tussen 18 en 24 jaar oud. 

 

Volgens Ipsos se Mari Harris het die meeste van die ongeregistreerde kiesers met wie hulle gepraat het, aangedui hulle dink nie hul stemme gaan enige verskil maak nie.  “In ons jongste peiling het 35% van stemgeregtige Suid-Afrikaners gesê daar is geen politieke party met wie hulle hul vereenselwig nie. Ek dink dit het die meeste te make met onvoldoende kiesersopleiding, veral onder jong mense,” sê Harris.

 

In die Motetema-township naby Groblersdal sê Tumelo Tsokela (20) hoewel die ANC presteer het deur byvoorbeeld maatskaplike toelaes te betaal en elektrisiteit en gratis skole beskikbaar te maak, sien hy maar min verandering in sy geweste. Hy is gewoon te ontnugter om te stem, want hy meen geen party verdien sy steun nie.