Of hierdie verkiesingsadvertensie werklik is, kon die AVP nie vasstel nie. Dit is egter vir ons aangestuur soos wat dit volgens die bron daarvan op Facebook verskyn het. Die inhoud daarvan strook egter 100% met wat in Suid Afrika aan die gang is onder ANC “bestuur”. Met die haatveldtog teen die Afrikaner wat reeds jarelank deur die buiteland en plaaslike media gevoer is, is daar ruim drie geslagte kinders wat nou kan stem, wat vir so ‘n oproep te vinde sal wees.
