Media

BESLISSING VAN DIE HOOGGEREGSHOF IN PIETERMARITZBURG?

altWaarvan praat jy tog! Ons doen wat ons wil, soos ons wil net wanneer ons wil, want ons is in beheer en buitendien soek ons hoeka nuwe BMW’s! As Gordhan nie daarvan hou nie, stem ons hom uit want ons is in die meerderheid! Majority rule! Viva gelykheid, vryheid en broederskap! Of hoe mnr. de Klerk en mede knoeiers?

BALJU VAT ONDERWYS SE VOERTUIE OOR BEURSGELD

2014-01-11 23:56

Rapport: Die balju het Donderdag op meer as 700 voertuie van die departement van onderwys in KwaZulu-Natal beslag gelê nadat dié departement versuim het om beloofde onderwysbeurse aan studente te betaal. Die onderwysdepartement in dié provinsie versuim reeds ’n jaar lank om meer as R36 miljoen se beursgeld aan ’n private onderwyskollege te betaal.

Die geld is veronderstel om die studie van 1 000 studente aan die Sants Private Higher Education Institution te betaal. Jaco Bernard, besturende direkteur van Sants, sê die hooggeregshof in Pietermaritzburg het reeds op 26 November verlede jaar beslis dat die departement verantwoordelik is vir beurshouers se studiegeld. Tebogo Malatji, Sants se prokureur, sê dié hofbevel is geminag. Bernard sê ondanks die beslaglegging die afgelope week is die departement steeds besig om hul studente te intimideer en aan te moedig om hul studie by Sants te staak. Bernard sê die departement het in Oktober 2012 self 1 260 behoeftige studente geïdentifiseer wat hul onderwysstudies by Sants sou volg. Die eerste paaiement van die totale beursbedrag van R30 miljoen was reeds in Januarie 2013 betaalbaar. Bernard sê Sants het egter in belang van die studente hulle toegelaat om hul studie voort te sit. 90% van hulle het hul eerstejaar suksesvol voltooi.

 

Sants, vroeër bekend as die South African National Tutor Services, bied ’n B.Ed-kursus vir onderwysers in die grondslag- en intermediêre fase aan. Dit neem vier jaar om die kursus te voltooi. Dit word by nege sentrums in KwaZulu-Natal aangebied, insluitende die plattelandse distrikte van ­Pongola, Jozini, Nongoma, ­Vryheid, Ulundi, Dundee, Greytown, ­Ixopo en Empan­geni. Bernard sê ná die beslissing van die hooggeregshof in November – dat die beursooreenkoms geldig, afdwingbaar en bindend is vir solank as wat die studente hul studie suksesvol volhou – het Sants en die departement ’n ooreenkoms bereik om hulle tot 17 Desember 2013 grasie te gee om die uitstaande beursgeld te vereffen. Dié datum het egter gekom en gegaan sonder dat enige geld oorbetaal is. Intussen stuur die departement na bewering SMS’e aan geregistreerde studente waarin hulle gewaarsku word om slegs in die teenwoordigheid van ’n departementele amptenaar met Sants te kommunikeer. Verder het departementele amptenare na bewering studente gedreig dat hul beursooreenkomste nie verder nagekom gaan word nie indien hulle sou kies om hul studie by Sants voort te sit.

 

Ondanks herhaaldelike oproepe en e-posse aan verskeie departementele amptenare het niemand teen druktyd op Rapport se navrae gereageer nie.