Media

IS DAAR ‘N MOONTLIKHEID VAN GEWELD TEEN BLANKES?

altaltSwart op Wit geweld.

Daar word los en vas spekuleer oor swart op wit geweld in Suid Afrika nadat Mandela begrawe is. Die AVP se standpunt is steeds dat sporadiese gevalle kan voorkom. Die grootskaalse uitmoor van Blankes is onses insiens tot ‘n groot mate voorkom deur die dood van Mandela wat maar net nie wou plaasvind nie en die aggressie dus laat uitrafel het. Dit sou egter onverantwoordelik wees om nie paraat te wees en te maak asof daar geen potensiaal vir geweld bestaan nie. Daar is immers genoeg bewys van moorde, verkragtings, geweldsuitsprake selfs vanuit die regime se topstruktuur en die begeerte om verniet in besit te kom van die Blanke se swaarverdiende eiendom in welke vorm ookal.

Wanneer

Die AVP maak nie aanspraak op profetiese gawes nie maar lees die politieke tekens op die grond en gee op sterkte daarvan die volgende riglyne aan ons weblesers deur:  

Indien daar enige geweldsoptrede teen blankes gaan wees, is die welaangewese tyd die nag van 15 Desember en vir ‘n kort tydjie daarna, na die begrafnis van Mandela, om saam te val met die Afrikaner se viering van Geloftedag op 16 Desember. Die AVP se aanbeveling is dus dat u planmatig sonder vrees of paniek sal voorberei op so ‘n moontlikheid. Gebeur daar niks, het u niks verloor nie. Gebeur daar wel iets, is u voorbereid, gereed, gewapend en onverbiddelik daarop ingestel om u geliefdes en eiendom met u lewe te beskerm!

 

WAT IS IN DIE KORTTERMYN NODIG?

1. ‘n Algemene noodbeginsel is dat u nie Paniekbevange sal raak nie.

2. Sorg dat u vuurwapens en ammunisie funksioneel en byderhand is.

3. Dra u vuurwapen en addisionele ammunisie by u en moet nie alleen rondgaan nie.

4. Moenie in gebiede inry wat ooglopend risiko areas is nie. M.A.W. gebiede waar swartes of kleurlinge woonagtig is.

5. Vermy die middestad van groot stede soos Johannesburg, Pretoria,

Durban, PE en Kaapstad.

6. Kyk en luister gereeld na die nuus en vermy areas waar optogte en samedrommings plaasvind.

7.Hou u brandblusser en enige brandbestrytoerusting byderhand.

8. Sorg dat u ‘n mediese tas of sak het waarin al die nodige mediese noodhulpmiddels is.

9. Skakel met u bure en bepaal die mees geskikte versamelplek met die oog op verdediging.

10. Sorg dat u voertuig gereed is om u nie in die steek te laat indien u op reis gaan nie.

11. Sorg dat daar genoeg kosvoorraad en watervoorraad in u huis is, wat nie afhanklik v. elektrisiteit is nie. Bv. blikkieskos en water.

12. As u afhanklik is van kroniese medikasie, sorg dat u ekstra medikasie het.

13. Sorg dat u genoeg kontant byderhand het ‘n noodtoestand indien OTM’s in onbruik verval

14. Sorg waar moontlik dat u alternatiewe bronne van kommunikasie het (selfone kan

moontlik in onbruik verval) (Hierdie is ‘n waardering deur voormalige weermag offisiere)

WATTER SOORT WAPENS

Benewens elke soort vuurwapen waaroor u beskik, veral die nodige geestesingesteldheid!

Lees die verhaal van Mordegai en die Jode in ESTER 3:6: Maar hy het dit vir hom te gering geag om die hand aan Mórdegai alleen te slaan; want hulle het hom die volk van Mórdegai te kenne gegee. Daarom het Haman daarna gesoek om al die Jode wat in die hele koninkryk van Ahasvéros was, die volk van Mórdegai, te verdelg,” en put krag uit die wyse waarop die Jode hulleself uit ‘n soortgelyke situasie verdedig het.

Gedenk die Sondag by Bloedrivier. Ons krag setel nie soseer in ons wapens as in God, ons hemelse Vader nie. Dit is Hy wat se: “Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees, sê die HERE van die leërskare”. Oor mense wat onskuldige bloed vergiet is daar lank reeds vonnis uitgespreek. Lees ook Psalm 149 1-9: 1   HALLELUJA! Sing tot eer van die HERE ’n nuwe lied, sy lof in die vergadering van die gunsgenote!

2 Laat Israel hom verheug in sy Maker; laat die kinders van Sion juig oor hulle Koning!

3  Laat hulle sy Naam loof in koordans, Hom psalmsing met tamboeryn en siter.

4  Want die HERE het ’n welbehae in sy volk; Hy versier die ootmoediges met heil.

5   Laat die gunsgenote juig in heerlikheid; laat hulle jubel op hul bedde.

6   Lofverheffinge van God is in hulle keel, en ’n tweesnydende swaard in hulle hand;

7   om wraak te oefen onder die heidene, strafgerigte onder die volke;

8   om hulle konings met kettings te bind en hulle edeles met ysterboeie;

9   om ’n vonnis wat opgeskrywe is, aan hulle te voltrek. ’n Eer is dit vir al sy gunsgenote! Halleluja!

Proklameer hierdie kort Psalm elke oggend soos wat Andries Pretorius en Sarel Celliers die Gelofte vir ‘n week lank proklameer het, en sien hoe word die vonnis wat opgeskrywe is oor hulle voltrek word, hulle “konings” en “edeles” met kettings en ysterboeie gebind word sodat hulle niks sal kan vermag nie! Glo u dit?

Die AVP is nie bewus van ‘n sterker en beter wapen as die beskermende hand van God wat die Afrikanervolk uit menige doodsgevaarlike situasies wonderbaarlik uitgered en selfs die oorwinning besorg het. Dit het egter nie beteken dat ons niks moes doen nie. Verweer uself onder die beskermende hand van God en laat die eer van die oorwinning aan Hom toekom.

NUMERIE 6:22-29

22   EN die HERE het met Moses gespreek en gesê:

23   Spreek met Aäron en sy seuns en sê: So moet julle die kinders van Israel seën deur vir hulle te sê:

24   Die HERE sal jou seën en jou behoed;

25   die HERE sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees;

26   die HERE sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee.

27   So moet hulle dan my Naam op die kinders van Israel lê; en Ék sal hulle seën.

Hierdie Naam lê ek namens die AVP op elke gelowige in Suid Afrika en bid dat God die Vader ons sal seën in die tyd wat voorlê.