Media

CYRILL RAMAPHOSA: EERDER TOTALE CHAOS EN VERVAL AS DIE BOERE.

altaltCyrill Ramaphosa, die swart vroedvrou wat die ANC se sogenaamde Nasionale Demokratiese Rewolusie (NDR) op 'n minder bloedige wyse vir die linkse Blankes in die land moes aflewer, se met-bloed-bevlekte onderrrok hang nog verder uit na sy verduideliking wat hy nou eintlik bedoel het met sy snedige gebruik van die woord Boer. 

Laat daar geen twyfel wees nie: Daar is geen verskil tussen Jacob Zuma, Julias Malema en Cyril Ramaphosa se aanwending van die woord Boer nie, Zuma en Malema wat dit gebruik om hul bloedbeluste volgelinge in die haatgesang, Kill a Boer, kill a farmer, tot doodslag onder ons volk aan te spoor of Ramaphosa wat dit oënskynlik aanwend om sy volgelinge aan te spoor tot die trek van 'n kruis. Aldrie het met hul wekroepe maar een ding in die oog: Die Afrikanervolkmoet uitgeroei of ten minste tot dan in 'n bloedige staat van onderhorigheid gehou word met die 1996-grondwet en die “vry en regverdige” verkiesings wat vir daardie doel ontwerp is in die World Tade Centre in Kempton Park.

 

Die verleentheid wat Ramaphosa se glad nie onbewaakte uitlating veroorsaak het, lei tot 'n reaksie onder ANC-voetvelle en linkse Blankes om nogal te aanskou: Vanoggend dra die Naspesliegkartel se koerant Beeld sy voete om op die prominentste plek in die koerant Ramaphosa se verontskuldiging, so deursigtig en eintlik lagwekkend was dit nie vir die erns waarmee dit bejeen moet word nie, te plaas.

 

Om nie van daardie hooggeleerde en gladdebek kommunikasiekundige van VF Positief Pieter Mulder te praat nie. Hy meen Ramaphosa se kommentaar is “rassisties”. Dit maar al, dottor Mulder? Nog nooit gehoor van Kill a Boer, kill a farmer en uitsprake wat gróót regters van die Nuwe Suid-Afrika gegee het oor die konteks waarbinne groot en bloeddorstige ANC-vryheidsvegters, nou bedaarde politici, na Boere verwys nie?

 

Wat 'n mens onmiddellik laat dink aan VF Positief se nuutste verkiesingsveldtog, klaarblyklik deur dottor Mulder uitgedink: Stop die ANC, lui die VF Positief se plakkate. Onthou u nog die 1992-referendum se plakkate?

 

Stop FW?

 

Om net die geheue te verfris: Dit was einste dottor Mulder wat aan die hoof gestaan het van die nee-stem-veldtog teen De Klerk se oorgawe. Die stopteken wat as agtergrond vir die destydse plakkaat gedien het, het volgens die referendum-uitslag dieselfde uitwerking gehad as 'n stopteken vir 'n Swart taxi, dit is veronagsaam.

 

Terug by die nuus soos deur die Naspesliegkartel aangebied: Cyril Ramaphosa, die ANC se adjunkpresident, het Dinsdag gesê dit is jammer dat sy gebruik van die woord “boer” ongelukkigheid veroorsaak het. (Beeld ken nie die woord “Boer” soos met 'n hoofletter gespel nie, dis deel van hul minagting waarmee hy ons voorgeslag wat 'n wapenstryd vir drie jaar met die grootste wapenmag van sy tyd gevoer het, te toon. Anders as Ramaphosa, Zuma en Malema wéét die Naspesliegkartel, die woord Boer met 'n hoofletter laat die Afrikaner nie wegkruip nie, dis 'n verwysing na heldemoed en deursettingsvermoë en 'n oproep, wekroep tot 'n wapenstryd wat elke vark wat hom verbeel hy kan die Afrikanervolk onderwerp sal laat sideer.

 

Verduidelik Ramaphosa: “In my gesprek met ’n Seshego-inwoner het ek gewaarsku oor die gevaar indien die land sou agteruit gaan. Ek het ʼn term gebruik wat algemeen deur swart Suid-Afrikaners gebruik word om te verwys na die destydse apartheidsregering,” het Ramaphosa in ’n verklaring gesê.

 

“Dit is ’n term wat altyd in dié verband verstaan word.”

 

Ja, die Afrikaner glo jou, jou halfgebakte terroris en dienaar van die Britse en Joodse geldmag.

 

Gaan die Naspesliegkartel voort: The Star het Maandag berig Ramaphosa het inwoners van Limpopo oor die naweek aangemoedig om te stem “anders gaan die Boere weer aan bewind kom”. (The Star, oud genoeg om saam met 'n Moneypenny te weet van Boere, gebruik die woord met 'n hoofletter.)

 

Opposisiepartye het Ramaphosa vir sy uitlating gekritiseer. Mosiuoa Lekota, die leier van Cope, het gesê dit dui op ’n skandelike gebrek aan respek vir die Grondwet.

 

Die DA het gesê sy uitlating bewys dat Ramaphosa in die “donker eeue” leef. Die Vryheidsfront Plus het gesê sy kommentaar is rassisties.

 

Ramaphosa het Dinsdag gesê sy kommentaar was nie bedoel om neerhalend te wees nie.

 

“My kommentaar was nie bedoel om na ’n spesifieke deel van ons bevolking te verwys nie, en dit is jammer indien so ’n indruk geskep is. As Suid-Afrika vorentoe wil beweeg, moet alle Suid-Afrikaners, ongeag van hul taal of agtergrond, saamwerk as gelyke burgers,” het hy gesê.

 

Ramaphosa is uiteraard met behulp van die Naspesliegkartel as skoothondjie van Die Geldmag as die ANC se onderleier aangebring tydens die sogenaamde Mangaung-leierskapsverkiesing. Gaan lees maar Desember verlede jaar se artikels en hoofartikels in die Naspeskartel se publikasies, dit was asof 'n tweede lente – soos in 'n Lente-rewolusie - vir Suid-Afrika, die subkontinenet, die kontinent, ja, die hele wye wêreld, aangebreek het.

 

Sies! Skaam jou, Cyril! Dat jy dit nou gaan aanvang het!