Vandag is daardie vermetele en bloeddorstige dier in ongetemde morele vermetelheid op nie alleen die Afrikanervolk self nie maar ook op sy Protestants Westerse lewens- en wêreldbeskouing gefokus.
Die Afrikanervolk sou tot 1948 moes wag vir genoegsame wettige ruimte om met oorgawe sy morele moedigheid in 'n politieke model oor te sit, die Trekker- en Boererepublieke was vir so 'n oefening te kortstondig. Daardie wettige ruimte was egter ook van korte duur, dié “ruimte” wat saam met dr. H.F. Verwoerd op 6 September 1966 tussen die Volksraadbanke in die Kaap vermoor is. Eerbare morele moed is daarna en met behulp van die pers en geestelikes langs die weg van geleidelikheid vervang deur 'n valse morele moed, fatalisme sorgvuldig in hierdie omhulsel van wat geskyn het 'n nuwe morele moed te wees verberg.
Terselfdertyd het morele vermetelheid glad nie stilgesit nie, dit het in sy kwaad voortgewoeker. Totdat, in 1994, dit uiteindelik met die grom van 'n dier op die Afrikanervolk afgespring het, 'n groot deel van die Afrikanervolk wat geglo het daardie bloeddorstige dier is deur “die beste grondwet in die wêreld” in 'n troetelkatjie omgetower, die Afrikanervolk 'n tipiese slagoffer van die liberalisme.
Vandag is daardie vermetele en bloeddorstige dier in ongetemde morele vermetelheid op nie alleen die Afrikanervolk self nie maar ook op sy Protestants Westerse lewens- en wêreldbeskouing gefokus. Maar, erger, daardie morele vermetelheid is nie bloot maar 'n interessante politieke debat en gehul in sedelessies soos vryheid, gelykheid en broederskap nie, dit storm op die Afrikanervolk af, in sy hande lankal nie meer ingesmokkelde Russiese aanvalsgewere nie, dit is nou deur-die-staat-verskafde weermagsaanvalsgewere, kapmesse, strykysters, ja, ook howe en wette, enige iets wat die Afrikanervolk kan ombring. Morele vermetelheid en slagspreuk het slagveld geword. Of sommer net 'n slagpale waar die Afrikaner en sy valse morele moed daagliks afgeslag word. Overgesetsynde: Die Afrikanervolk het die slagoffer geword van die medereisiger, eintlik enigste passasier op die valse-morele-moed-karretjie, dit is fatalisme.
DOBBELUITKYK
Hierdie beskouing sal onvolledig wees as daar in die verskynsel van fatalisme nie ook rekening gehou word met 'n dobbeluitkyk wat deel geword het van die Afrikaner-psige nie. Om in hierdie verband kort te gaan: 'n Gesonde en berekende waagspel is nie gelyk aan die roekelose dobbeluitkyk op die politiek soos wat FW de Klerk hom namens die Afrikaner onderwerp het nie, of De Klerk hom nou in die proses van die onderhandelinge in die 1990's aan hierdie uitkyk onderwerp het en of hy hom uit die staanspoor aan die roekelose Kodesa-gedobbel ondergeskik gestel het.
(Die Afrikanervolk se dobbeluitkyk is 'n boeiende saak wat afsonderlike verkenning nodig het. Dit het veel te doen met die feit dat die Afrikaner vir sowat twee eeue 'n voorpos-veeboer was, gedurig besig met die waagspel waarin grense verskuif word. Ook was hy “droëland-boer” teenoor besproeiingsboer. In hierdie waagspel anderkant die beskawing se voorposte was die Bybel en sy godsdienssin sy morele kompas, 'n kompas wat in 1994 skynbaar verval of “verouderd” geraak het.)
VALSE MORELE KOMPAS.
Elke verantwoordelike Blanke politieke waarnemer, gewis ook die liberaliste, weet vandag die harde Afrika-werklikheid het die liberaal-Westerse politieke opgeefsels verby gesteek. Al wat hulle nog kan doen is om Afrika-diktators soos Jacob Zuma en Robert Mugabe te kritiseer omdat hierdie diktators hul Afrika-eersgeboortereg, dis om met 'n land se grondwet te maak wat hulle wil, verontagsaam. Hierdie liberaliste het nie slegs hulle self met 'n valse morele kompas betrap nie, hulle betrap ook die gewone Blanke in ons land daarmee. Ja, daagliks word ons met hierdie valse morele kompas, veronderstel om aan ons rigting in die land te gee, ons oorlewing te verseker, te verseker dat ons bloed en die bloed van volksgenote nie Afrika-bodem bevlek nie, betrap.
Maar die Broadway-vertoning wat Pax-Americana op die spoor van Pax-Britannica in die parlementsgebou in Kaapstad gereël het, moet voort. Die Afrikanervolk sit ademloos vasgenael en kyk na die slottonele. So hier en daar is daar nog 'n liberalis besig om 'n potyster morele kompas in 'n Afrikaanse koerant in die lug te hou en baie onoortuigend te gil: Volg my!
Behoede ons.
