“Ons wil gemeenskappe aanmoedig om deurgaans ʼn professionele ingesteldheid te hê en waarsku dat hulle nooit aggressief moet optree nie.”
Die AVP se kommentaar op hierdie raad van AfriForum is dat dit ‘n séker resep is om ‘n lang en uitgerekte teistering te verseker, nie net deur die onwettige besetters nie maar ook deur die polisie. Dat dit noodsaaklik is vir grondeienaars om dadelik op te tree indien hulle grond onwettig beset word en die oortreders onmiddellik in kennis gestel moet word dat hulle die eiendom onwettig betree en dat hulle die perseel dadelik moet verlaat, is goeie logika.
Om egter die gereg te verkla by ‘n ander regsinstansie omdat hulle nie volgens die reg optree nie, is raad wat daarop dui dat AfriForum weet wat die verloop gaan wees. Die patroon is goed gevestig en die doel is om tyd te wen en te ontwrig, te intimideer en uiteindelik te slaag met die afdrywing van die regmatige eienaar van sy eiendom af. Dit is die Rhodesiese model wat ook nou deur Malema propageer word. Net een so ‘n suksesvolle besetting sal die begin wees van ‘n vloedgolf besettings.
Die AVP se raad is dus, voorkom die besetting teen alle koste. Kry soveel moontlik Afrikaners bymekaar en indien dit nie betyds kan gebeur om die besetting te voorkom nie, verwyder dan die oortreders sodra gewillige Afrikaners opgedaag het om jou by te staan om jou eiendom te beveilig en te beskerm. Begin dit reeds vandag al beplan! Hoekom klink AfriForum al meer soos die FW Stigting?
AfriForum se raad:
AfriForum het ʼn dokument beskikbaar gestel wat wenke aan gemeenskappe gee oor optrede teen onwettige besetters van hul grond. Die organisasie kry weekliks klagtes van regoor die land oor plakkers wat hulle onwettig op grond vestig. AfriForum meen dat dit noodsaaklik is vir grondeienaars om dadelik op te tree indien hulle grond betree word. Besetters moet onmiddellik in kennis gestel word dat hulle die eiendom onwettig betree en dat hulle die perseel dadelik moet verlaat. Dit is ook noodsaaklik dat 'n beëdigde verklaring by die plaaslike Polisiestasie afgeneem word en dat die Polisie versoek word om die betreders te verwyder. Klagtes kan by die Direkteur van Openbare Vervolgings aanhangig gemaak word indien die Polisie nie volgens die korrekte regulasies optree nie. Onwettige grondbesetting het dikwels politieke motiewe en as gevolg hiervan kan openbare ampsdraers met politieke motiewe probeer om die proses deur intimidasie te ontspoor. Landsburgers en grondeienaars moet dan dadelik klagtes van intimidasie teen die individue aanhangig maak. AfriForum sê: “Ons wil gemeenskappe aanmoedig om deurgaans ʼn professionele ingesteldheid te hê en waarsku dat hulle nooit aggressief moet optree nie.” Die dokument is op aanvraag beskikbaar by Ian Cameron van AfriForum by 073 388 0474 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
