Media

DIS EENVOUDIG OF 'N NUWE VIRUS, 'N NUWE SOORT HELP-MY-KRAP, OP DIE LIBERALE MENSDOM TOEGESAK HET.

altSoos ons land moet ook hierdie dag van Mandela af teruggevat word.

Elke pienk en rooi liberale twak is vandag weer op sy stukke, die Mandela-afgod verjaar glo (dit sal eers vasgestel moet word of hy inderdaad op hierdie dag in die wêreld gekom het, die geskiedenis van die Swarte is op 'n oorvertel-tradisie geskoei, dis net waar dit pertinent met die Westerse kalender kruis dat hul datums, veral die geboortedae van Swartes vroeër in die vorige eeu, met sekerheid aanvaar kan word.)  Soos verwag kan word word sommer die hele krat stroop met die prentjie van Simson se dooie leeu daarop in Naspes en ook Engelstalige linkse publikasies oor die sterfling uitgegooi. Twee Naspes-vrouejoernaliste is afgevaardig om te gaan kyk na 'n huis in Soweto, een van die plekke van waar Mandela sy terreur teen die Afrikanervolk en die Blankes gevoer het, en o, die epogale liberale holle romantiek. Soos hulle skryf sal jy sweer dit was CNA-verspreidingspunt vir word-gou-gesond en verjaardagkaartjies en nie maar net nog 'n ANC-nes nie.

 

Ook daardie sluipkommunis FW de Klerk het 67 minute te mors op hierdie sogenaamde staatsman, die enigste geskrif waaraan Mandela se staatsmanskap getoets kan word 'n handgeskrewe eksemplaar van How to be a good communist. Ja, 'n klomp mense het al gewaag om oor hierdie veelgeroemde staatsmanskap te gorrel, die bekendste een die boek A long walk to freedom. Dis eenvoudig of 'n nuwe virus, 'n nuwe soort help-my-krap, op die liberale mensdom toegesak het.

 

Laat ons nugter oor die saak wees, ons as behoudende Afrikaners het ons gewone gang, reeds geyk en verryk deur ons stryd vir die Afrikanervolk. Bog met 'n 67 minute vir 'n veroordeelde terroris. Ons stryd is dalk 'n beskeie een, gewone elkedagse dade as deel van ons aardse arbeid.

 

Die behoudende Afrikaner is reeds by 'n velerlei organisasies ingeskakel wat op een of ander wyse 'n stryd vir ons volk voer. Laat u suiwer, gewone arbeid en middele, dáár geld.