“Wat de f** het die student gedink? Oh, my G_d! As sy een van mý studente was, het sy baie groot moeilikheid gehad.”
Op hierdie webwerf is verlede week verklaar die dood of nie van Nelson Mandela het 'n groot verleentheid vir die Wit liberaliste en die kommuniste geword, so 'n gebeurtenis is vir hulle niks anders as 'n verraderlike fopmyn nie.
Toe kom 'n universiteit in Bloemfontein se sogenaamde rektor wat besig is om Afrikanerstudente te breinspoel, ene Jonathan Pavlov Jansen, en sit sy voet óp die fopmyn en verklaar: Hy wens Mandela gaan nou dood.
Net so. En hy stel boonop 'n eienaardige voorbeeld vir die leiers van more deur te vra“wat de f**” het 'n Swart student van Ikeys gedink deur in 'n peiling vas te stel dat Witmense die mooiste is.
“Wens julle nie ook hy (Mandela) wil nou doodgaan nie?” het Jansen gister volgens 'n Naspes-koerant aan sowat 250 leerlinge van oor die land heen gevra wat ’n sogenaamde leiersberaad in Bloemfontein bywoon. Die leerlinge was glo “duidelik geskok” toe hy die vraag stel en het hul asem glo hoorbaar ingetrek. “Elke keer hoor ons hy is in die hospitaal en almal dink hy gaan dié keer sterf. ‘Big’ Mac (Maharaj, presidensiële woordvoerder) lieg as hy sê Madiba gaan vir roetine-ondersoeke. “As jy 94 is, gaan jy hospitaal toe om dood te gaan; nie vir roetinetoetse nie,” het Jansen gesê.
Lacea Loader, Jansen se woordvoerder, het gesê Jansen wil nie verder kommentaar lewer nie. Sy boodskap het glo gesentreer om die afwesigheid van leierskap in Suid-Afrika. Dit wat hy gesê het, is glo voorbeelde. Sy het gisteraand laat gesê Jansen se bedoeling met sy uitlatings was dat Mandela uitgelos moet word om in vrede te sterf. Intussen is Mandela eergister ontslaan nadat hy in ’n Pretoriase hospitaal vir ’n longkwaal behandel is. Hy sterk nou in sy huis in Johannesburg aan.
Maharaj, woordvoerder van die presidensie, was glo woedend toe Volksblad, Beeld se susterkoerant, sy kommentaar vra. “Ek wil eers mooi dink en oorweeg voordat ek amptelik kommentaar lewer.” Hy het gesê hy sal vandag ’n verklaring uitreik. Keith Khoza, ANC-woordvoerder, het gesê hy is geskok oor Jansen se uitspraak. “Sy uitsprake plaas hom in dieselfde kategorie as ’n sadis,” het Kohoza verklaar.
“Hoe dink hy moet Madiba se familie voel? Hy is ’n opvoedkundige wat sy mag misbruik om kinders te mislei.”
Gideon van der Watt, 'n sogenaamde teoloog en Vrystaatse bestuurslid van die verlinkse en pro-kommunistiese Suid-Afrikaanse Raad van Kerke het glo gesê mense kan nie besluit wanneer iemand wat oud is, nie meer ’n rol het om te speel nie. “Dis aanmatigend vir ons as mense om te besluit die lewe van iemand wat oud en broos geword het, kan nou maar tot ’n einde kom, so asof dit nou nie meer waarde het nie,” het Van der Watt glo bygevoeg.
Jansen het voorts uitgevaar teen Qamran Tabo, studente-joernalis aan die Universiteit van Kaapstad (UK), wat ’n meningspeiling oor die aantreklikste ras gedoen het. “Wat de f** het die student gedink? Oh, my God! As sy een van mý studente was, het sy baie groot moeilikheid gehad.” Hier slaan die werklike Jansen soos n vetkol deur! Dit herinner aan die Kleurling regsgeleerde wat ‘n tydjie gelede in die nuus was omdat hy die Landros toegesnou het, jou ma se
Jansen het ook gesê hy verstaan nie waarom het die UK-bestuur verskoning gemaak nie. “Hoekom verskoning vra omdat swart studente gesê het wit studente is aantrekliker?” Jansen het ook uitgevaar teen die algehele gebrek aan leierskap in Suid-Afrika. “In die Katolieke Kerk word honderde seuns elke week gemolesteer deur priesters; daar is ’n tekort aan leierskap in die kerk.”
Volgens Jansen is die slagting by Marikana en in die Sentraal- Afrikaanse Republiek nie noodwendig die skuld van die polisie en die weermag nie, maar dié van politici. Hy het Mandela, Mohandas Gandhi, Martin Luther King jr. en Albert Luthuli as sý rolmodelle vir leierskap beskryf. “Al dié leiers het die eienskappe van goeie leiers soos durf, helder denke, versoening en nederigheid uitgeleef.”
En dié man is aan die stuur van een van die eertydse trotse Afrikaanse Universiteite! Behoede sy eie mense, wat nog Afrikaners!!
