Media

GELYKE BETALING VIR GELYKE WERK, OF GELYKE BETALING VIR GELYKE VERANTWOORDELIKHEID?

altVerantwoordelikheid is iets wat slegs by die blankes van die apartheidsera tuishoort!

Die liberales het nog altyd betoog dat daar gelyke betaling vir gelyke werk moes wees terwyl die Nasionaliste se standpunt was dat jy slegs gelyke betaling vir gelyke verantwoordelikheid kan hê, indien vooruitgang die oogmerk is. By gebruik van die term “gelyk” was produktiwiteit, kundigheid, ervaring en vermoë nooit in die liberaliste se berekenings in aanmerking geneem nie.

Terwyl feitlik elke blanke in poste wat saak maak in landsregering vervang is met swartes en hulle besoldiging meer as dubbel hulle blanke voorgangers s’n is, is Suid Afrika besig om in chaos te verval met die erodering van sy infrastruktuur wat blankes oor eeue opgebou het.

Ten spyte daarvan dat die liberales hulle sin gekry het en die internasionale magte wat die ANC agter die skerms help aan bewind stel het en steeds betrokke is om die Afrikanervolk weg te hou van politieke beheer, sink Suid Afrika steeds die diepte in sonder dat die ANC se bondgenote daarin kan slaag om hulle te help om selfs net die bestaande strukture in stand te hou!.
Sedert die Marikana voorval is betogers besig om miljarde se skade aan te rig en die beste wat die verantwoordelike regime-amptenare kan doen, is om verklarings uit te reik. Gwede Mantashe, sekretaris generaal van die ANC sê in Durban volgens ʼn berig in die Beeldkoerant dat werkers wat geweld gebruik tydens stakings, vernietig hulle reg om te staak. Niemand wat ander se regte vertrap kan self regte hê nie, sê Mantashe. Pragtige retoriek, maar sonder enige verantwoordelikheid. Daar word niks gedoen om diesulke stakers se regte in te perk of aan bande te lê nie. Vergelyk die optrede in Sasolburg en De Doorns.

Tony Ehrenreich, Wes-Kaapse sekretaris van Cosato dreig openlik dat as daar nie sukses is met samesprekings met die Boere nie, sal “slegte Boere” ruïneer word. In dié verband skryf Jan Gerber van die Beeld: “Cosato en Agri SA is dit eens: Die Landboubedryf móét verander”. Daarvoor, sê Johannes Möller , president van Agri SA, het hulle ʼn spesiale transformasiekomitee.

Dit is algemeen bekend dat elke stukkie grond wat van Blanke Boere weggeneem word en aan Swartes oorgedra word, op welke wyse ookal, van hoogs produktiewe- tot plakkerskampstatus afgerem word. Daar was nagenoeg 64 000 boere in 1994 waarvan omtrent die helfte, nl. +- 37 000 boere vandag oor is. Hoofsaaklik omdat daar net gepraat en verklarings uitgereik word, maar oop oë gesit en kyk word hoedat ten minste twee boere elke week vermoor word! Die regime se verantwoordelikheid vir veiligheid is ook beperk tot: “Ons ondersoek die saak” Verantwoordelikheid is iets wat slegs by die blankes van die apartheidsera tuishoort!