Media

Goudreserwes - Waar is dit? (Deel 1)

Goud2'n Nuusbron ('n internetwerf verwys daarna as “RT”; Reuters?) berig dat Duitsland se sentrale bank sy goudreserwes wat in die VSA en Frankryk gehou word, terug eis. Die stap volg glo na 'n oudit wat die Bundesbank vir wanbestuur gekritiseer het, omdat die reserwes nog nooit "fisies nagegaan" is nie. Dis nie die eerste so 'n berig wat die rondte doen nie. Dat groot internasionale katte groot benoude spronge maak is klaarblyklik.

In die jongste senuagtigheid het die Bundesbank planne aangekondig om sy hele 374 ton goud te onttrek van die Bank van Frankryk in Parys, en 300 ton van die 1500 ton wat tans gehou word deur die New York Federal Reserve. Die Duitse regering wou nie kommentaar lewer op die verslae voor die aanbieding van 'n nuwe plan vir die bestuur van sy goudreserwes Woensdag nie. Duitsland spog met die wêreld se tweede grootste goud reserwes van 270.000 goudstawe ($177.5 miljard), net na dié van die VSA.

 

Duitsland se goudvoorraad is na die buiteland verskuif gedurende die Koue Oorlog te midde van vrese van 'n moontlike Sowjet-inval. Daar is nou geen rede om die oorsese voorraad daar te hou nie, het die Bundesbank gesê. Van nou af, sal die bank slegs klein hoeveelhede goud in die buiteland hou vir doeleindes van handeldryf. Ongeveer 30 persent van Duitsland se goudreserwes word tans in die land gehou by die fasiliteite van die Frankfurtse Bundesbank. "Die politieke veiligheidsituasie het verander," het Bundesbank raadslid Carl-Ludwig Thiele aan verslaggewers gesê Woensdag. Hy het bygevoeg dat die goud 'n belangrike bron van "vertroue in die geldeenheid en in die ekonomiese mag van ons land is."

Die stap volg op 'n verdoemende verslag deur die Duitse Hof van Ouditeure op die bestuur van die Bundesbank se buitelandse goudvoorraad. Ouditeure het gesê dat die goud "is nog nooit fisies geverifieer nie," en nie onder behoorlike beheer nie. Die Bundesbank is uit die veld geslaan deur die kritiek, en het beklemtoon dat daar geen noodsaaklikheid vir spekulasie oor Duitsland se oorsese stoorplek is nie en dat "daar is geen twyfel oor die integriteit van die buitelandse stoorplekke is nie." Die sentrale bank word wyd beskou as een van die mees betroubare instellings in die Duitse samelewing. Hierdie salvo kan die begin van die einde van die Amerikaanse dollar as die reserwegeldeenheid van keuse beteken. Amerika en Brittanje se ekonomieë op laaste bene Hier volg 'n berig oor hierdie onderwerp wat op hierdie webwerf verskyn het: Die wêreld berei hom voor vir die opdoek van die Amerikaanse dollar en die Britse pond as deurslaggewende internasionale betaalmiddele.

Aankondigings in Hong Kong, die Verenigde Arabiese Emirate, Switserland en Duitsland, stel dit bo alle twyfel dat die Anglo-Saksiese finansiële stelsel op sy laaste bene is. ‘n Aankondiging op 3 September 2009 in Hong Kong het die finansiële wêreld geruk. Hoewel die nuusmedia die berig op hul agterblaaie gebruik het, verdien dit meer aandag. Wat behels die nuus eintlik? China eis sy goud terug. “Hong Kong onttrek al sy fisieke goudplasings uit Londen se goudkluise,” is aangekondig. Die aankondiging te midde van die wêreldwye ekonomiese krisis stuur ‘n ondubbelsinnige boodskap: Brittanje is in veel dieper finansiële moeilikheid as wat algemeen aanvaar word. En China glo hy hoort sy goud uit daardie land te kry terwyl hy nog kan. Ondertussen haal goud die een na die ander rekord-hoogtepunt. Regerings het ‘n nare geskiedenis om beslag te lê op edelmetale in krisistye, selfs dié van Amerika. In 1933, in ‘n poging om die monetêre stelsel te stabiliseer, het Franklin D. Roosevelt ‘n bevel uitgevaardig waarvolgens alle goud in private besit in Amerika gekonfiskeer is. Later, in 1968, het Lyndon B. Johnson ‘n proklamasie uitgevaardig dat alle Federale sertifikate vir silwer bloot magtigende aanbiedinge is en nie in silwer self oorgesit kan word nie. Toe, in 1971, het die Amerikaanse regering die goudopsie heeltemal uitgeskakel en verklaar dat buitelandse regerings nie langer by magte is om Amerikaanse dollar vir die goud in te ruil wat veronderstel was om die dollar te rugsteun nie.

China se besluit egter om sy goud terug te eis is méér as ‘n wantrouemosie teen die pond. Dis ‘n regsreekse uitdaging aan die hele Anglo-Saksies-oorheerste geldstelsel. China wil sy eie deur-goud-gesteunde geldsentrum daarstel. Om hierdie doel te bereik het hy bekend gemaak dat hy ‘n goudbank in Hong Kong ingestel het om met Londen en New York mee te ding. Chinese amptenare sê hulle sal eersdaags ‘n bemarkingsveldtog begin om Asië se banke te oortuig dat hulle hul goudvoorrade na Hong Kong se goudskure oorplaas. In die hedendaagse wêreld van papier betaalmiddele het baie die goue reël vergeet: Hy wat die goud besit, is baas. Beijing het dit nooit vergeet nie en net saamgespeel. Die Chinese administrasie is nie teen papier betaalmiddele nie. Hy geniet dan ook die mag wat dit verskaf om die skatte van ‘n land so te sê te konfiskeer en sodoende ‘n aanslag te doen op die land se belastingbasis. Amerika en Brittanje skuld China en ander lande triljoene dollar. So lank as wat Washington en Londen nie sigbaar hul vermoë om papiergeld te druk misbruik nie, was Beijing dolgelukkig om uit te leen. Maar met 'n wêreldwye ekonomiese krisis steeds ‘n wesenlike gevaar het Amerika en Brittanje albei erken hulle is skuldig aan “kwantitatiewe verligting” (‘n tegniese term vir die skep van geld uit die dun lug): om daarmee in die mark in te meng en skuld te vereffen.