Media

DIE VOORTSLEPENDE DEBAT OOR DIE VOLKSTAAT

Daar is talle organisasies wat hulle op die een of ander wyse vir ‘n volkstaat bewyer. Dr Dan Roodt se PRAAG, Boerevryheid en die VVK kan hier vermeld word. Nog ‘n organisasie wat die lig gesien het is OASE waarvan meer op PRAAG se webblad gelees kan word. En dan is daar natuurlik Orania wat waarskynlik al hierdie pogings voorafgegaan het.

Pas het Roodt weer ‘n artikel of twee oor die volkstaat die lig laat sien. In een daarvan verwys hy na die baanbrekerswerk wat dr Willem van Heerden jare gelede gedoen het om te bepaal waar die hartland van die Afrikaner lê.

Die werk wat dr Van Heerden gedoen het is weliswaar kosbaar in baie opsigte. Die vraag oor die Afrikaner se toekomstige staat, en dan veral waar sy grondgebied gaan wees, sal in die jare wat voorlê prioriteit geniet. Maar die vraag of die Afrikanervolk enigsins, as die speerpunt van die Blankedom, hom moet beywer vir 'n volkstaat ("kerngebied") êrens binne die grense van die Republiek van Suid-Afrika, en die wyse waarop dit gaan plaasvind, moet allereers beantwoord word.

 

Die HNP was tot en met 2007 die enigste politieke party wat van mening was dat die herwinning van politieke mag, eerder as die aanwys van die gebied, voorrang moet geniet. Die Afrikaner Volksparty het sedertdien daardie standpunt ingeneem waar die HNP verkies het om hom by die beleidsrigting en planne van die VVK te skaar.

Volkstate as uitgangspunt

Dat elke volk sy eie staat moet hê, behoort elke nasionalis se uitgangspunt te wees. Dit is in ooreenstemming met die reg op selfbeskikking wat wêreldwyd erken word as 'n reg wat elke volk kan opeis. Die beleid van dr Verwoerd was  daarop gerig dat daar vir elke volk in Suid-Afrika 'n onafhanklike staat tot stand moet kom waarin daardie volk homself kan regeer. Die tuislandbeleid het uitvoering aan daardie beleid gegee. So is Zoeloeland en Transkei dan ook byvoorbeeld as tuislande geïdentifiseer wat buite (Blank) Suid- Afrika sou bestaan. Die Transkei het onafhanklikheid verkry en was enige tyd meer "onafhanklik" as meeste Afrikastate. Lesotho, Botswana en Swaziland was immers self state waarin Sotho’s, Tswana’s en Swazi’s gewoon het voordat hulle onafhanklik geword het. Kritiek teen die tuislandbeleid het gerieflikhiedshalwe van hierdie feite vergeet.

Na dr Verwoerd se dood is die beleid van afsonderlike ontwikkeling ("selfbeskikking") stelselmatig afgetakel as sou dit onprakties gewees het. Onlangs skryf ds Mossie van den Berg se seun in Die Hervormer dat die beleid van apartheid misluk het. Sommer so. Sonder enige bewys. Hy het duidelik nie sy geskiedenis gelees nie, of hy verstaan niks daarvan nie.

Dit was juis die doel van die geldmagte om die beleid van apartheid af te takel en mense te laat glo dat dit tot mislukking gedoem is. Daarin kon hulle net slaag indien hulle mense soos Verwoerd van die toneel kon verwyder of verhoed het dat hulle beheer van die Nasionale Party oorneem. Die produk van hierdie diaboliese proses is die sogenaamde verenigde Suid-Afrika wat ons vandag het, met sy toenemende wrywing tussen die volkere en anargie wat dreig om die hele staatsorde ten gronde te rig. Integrasie het oral misluk en sal ook in Suid-Afrika misluk.

Nasionaliste is dit gevolglik eens met mekaar dat elke volk sy eie staat moet hê.

Historiese aansprake

Die verskille tussen wat ek die “republikeine” en die "volkstaters" noem, is wesenlik. Die verdeling van Suid-Afrika in verskillende volkstate kan net op 'n basis geskied wat histories geregverdig kan word. 'n Volk kan slegs op grondgebied (staat) aanspraak maak uit hoofde van sy historiese aanspraak daarop. Dit lewer dikwels sy eie probleme op. In hierdie verband is daar "suiwer" en "omstrede" aansprake. Eritrea kan as 'n goeie voorbeeld van 'n suiwer aanspraak beskou word. Die Eritrieërs het 'n suiwer historiese reg gehad op Eritrea (ter uitsluiting van Ethiopië). Daarbenewens het die inwoners in 'n referendum hulle oorweldigend ten gunste van die onafhanklike staat Eritrea uitgespreek en is Eritrea internasionaal erken. Suid-Soedan se aanspraak op die suide van daardie land is moontlik omstrede. Tyd sal leer. Die Jode se aanspraak op Palestina is baie omstrede. Juis omdat die aanspraak van die Jode op Israel (ten spyte en as gevolg van hulle besetting in 1948 en daarna) omstrede is, en van meet af deur die Palestyne betwis is as histories onsuiwer en volkeregtelik ongeregverdig, sal die stryd in Palestina onbepaald voortduur.

Indien dit so eenvoudig was om 'n kaart van Suid-Afrika te neem en 'n deel ("kerngebied") te identifiseer, en daardie deel eenvoudig "te vat", sou die debat oor volkstate oorbodig gewees het. Historiese oorwegings en teenstrydige aansprake bemoeilik die saak. Dat mense dikwels uit radeloosheid met ons huidige toestand gryp na die gedagte van 'n volkstaat (sodat die Afrikaner "tog net iets kan hê wat sy eie is"), word begryp. Die saak is egter veel groter as dit.

Sekere historiese regte is in Suid-Afrika gevestig en het die Blankes in 1961 soewereiniteit in die ganse Suid-Afrika gevestig met die daarstelling van 'n republiek. Daarmee het die Blankes ook te kenne gegee dat hulle die hele republiek (wat Natal en Kaapland ingesluit het) sal regeer as Blanke gebied, en nie meer net die Transvaalse en Vrystaatse republieke soos tot en met 1902 nie. Die RSA is deur die ganse wêreld erken. Daar is volkeregtelik kennis geneem en erkenning gegee aan die RSA.

Onregmatige regerings

Dat die gesag oor die RSA in 1994 (onregmatig) oorhandig is aan 'n terroristebende het niks aan die historiese aanspraak van die Blankes verander nie. Die huidige "demografiese werklikheid" is tydelik. Om op grond daarvan na 'n volkstaat ("kerngebied") êrens te gryp, is om die historiese regte wat die Afrikaner in die res van Suid-Afrika gevestig het, eenvoudig te verwerp. Historiese regte kan deur niemand geïgnoreer word nie en kan na verloop van baie jare "herleef". Skep die instroming van miljoene onwettige immigrante ‘n “nuwe demografiese werklikheid”? Een wat nie ongedaan gemaak kan word nie? Tog sekerlik nie.

Toe drie klein staatjies, naamlik Litoue, Letland en Estland in 1939 deur die geheime Von Ribbentrop-Molotov-akkoord by die USSR ingelyf is, was die inwoners van hierdie state magteloos om hulleself te verset. Daardie situasie het vir vyftig jaar voortgeduur en hierdie drie state is onder kommunistiese bewind geplaas. So is ook onder andere gepoog om 'n nuwe "demografiese werklikheid" te skep wat, indien die historiese aansprake geïgnoreer sou word, aan daardie state nooit weer hulle selfbeskikkingsreg in hulle eie vaderlande sou kon teruggee nie. In 1990 en na verloop van vyftig jaar, het hierdie drie state, toe die geleentheid daarvoor reg was, besluit om hulle historiese regte op te eis en hulle onafhanklikheid terug te neem.

Waaroor dit gaan, is dat 'n demografiese werklikheid wat deur 'n onregmatigheid geskep is, nie historiese regte kan uitwis nie. Die RSA is deur Blankes regeer en die Blankes het nie vrywillig van hulle reg om die RSA te regeer, afstand gedoen nie, maar is daartoe beweeg deur 'n stuk bedrog van 'n Blanke regering wat nie die instemming van die Blanke kiesers gehad het om dit te doen nie. Of dit nou twintig of vyftig jaar neem om daardie posisie reg te stel, maak nie saak nie. Die geleentheid sal hom weer voordoen om dit te doen.

Watter gebied?

Benewens voormelde gaan die volkstaatgedagte mank aan eenstemmigheid oor welke gebied gekies moet word. Terwyl daar aan die een kant geredeneer word dat 'n stuk grond beset moet word wat "niemand anders wil hê nie" (soos Orania), word daar uit 'n ander oogpunt geredeneer dat daar gekyk moet word waar in Suid-Afrika die meerderheid (of 'n baie groot groep) Afrikaners woon ("kerngebied") en dat 'n volkstaat dan daar "uitgeroep" (of "gevat") moet word.

Daar kan kwalik erns wees by sekere volkstaters en hulle voorneme om met 'n Afrika-regime te onderhandel om 'n stuk van "sy land" af te staan soos wat sommige volkstaters (bv. die VVK) beoog. As die Swartes nie eers 'n deel van die Karoo wil afstaan aan die Blankes nie (al kan hulleself niks daarmee doen nie), wat nog van 'n sleutelgebied soos Pretoria?

Wat besef moet word met die "kerngebied"-opsie, is dat wanneer 'n volkstaat uitgeroep word (d.w.s. nie deur onderhandeling nie), dit met die nodige erns sal moet geskied. Word dit nie gedoen nie, sal die Afrikaner hom die gramskap en spot van elke liberalis op die hals haal en sal die Afrikaner kwalik weer ernstig opgeneem word oor 'n volkstaat. Word dit wel met die nodige erns gedoen en 'n staat (republiek) word formeel geproklameer (d.w.s. die staat skei af), sal die regering van die "moederland" (die ANC-regime) dit as 'n vyandige daad sien en 'n skending van sy "territoriale integriteit".

So 'n stap word beskou as 'n vyandige afskeiding (sesessie), en sal met behulp van state soos die V.S.A., met geweld onderdruk word. Die gebied sal homself dus fisies moet kan beskerm, anders sal dit, soos Katanga en Biafra elders vroeër in Afrika, met geweld binne dae of maande onderdruk word. Afskeiding sal met geweld afgedwing moet word, iets wat kwalik op hierdie stadium met erns bedink kan word. Daarbenewens sal daar ook geen erkenning verleen word aan hierdie staat, hetsy deur die regering van die dag, hetsy deur die res van die wêreld nie.

Dit sal dus veel meer verg as die blote "proklamering" ("vat") van 'n staat en die "verf van die oranje-blanje-blou" of die hys van die Vierkleur. Daar is geen historiese basis daarvoor om net 'n deel van Suid-Afrika as volkstaat ("kerngebied") te verklaar nie, juis omdat die Blankes se territoriale magsbasis oor die totaliteit van Suid-Afrika gevestig was.

Sesessie (Afskeiding)

Vir afskeiding in die Volkereg om te slaag, moet die volgende gebeur:

  • die mense van die gebied wat afskei, moet 'n onderskeidende groep (volk) wees met 'n eie taal, kultuur en geskiedenis;
  • daardie groep moet 'n duidelike historiese reg op daardie gebied hê;
  • die gebied moet onder die beheer van die huidige staat gekom het as gevolg van die een of ander onregmatige gebeurtenis;
  • die wil van die mense van daardie gebied moet in 'n referendum ten gunste van afskeiding uitgespreek word;
  • die menseregte van daardie mense moes gruwelik misken gewees het;
  • die nuwe staat moet voldoen aan die vereistes van staatskap soos uiteengesit in die Montevideo Konvensie, naamlik 'n spesifieke gebied, permanente bevolking, die vermoë om buitelandse betrekkinge aan te gaan en effektiewe regering;
  • menseregte moet erken word.

Die wil van die mense van die gebied moet dus eers getoets word voor die staat geproklameer word. Indien hierdie nuwe staat boonop geen internasionale erkenning ontvang nie, kan dit 'n futiele poging wees.

Van die vrae wat ontstaan is onder andere:

· Wat gebeur met die res van Suid-Afrika waar die spoor van die Afrikanerdom oor sowat 360 jaar lê?

· Word daardie gebied (die res van die land) "afgeskryf"?

· Word daardie gebied of dele daarvan (as verdere "kerngebiede") later by die volkstaat ingelyf?

· Gaan inlywing van verdere gebiede openbaar gemaak word aan Blankes in daardie gebiede en aan die wêreld?

Die volkstaatgedagte is beslis nie behoorlik deurdink nie. Mense word op hol gejaag met 'n volkstaat terwyl die volkeregtelike aspekte daarvan hoegenaamd nie verreken is nie.

As dit so maklik was as om 'n gebied te "vat" en vlae te hys en daarmee 'n staat te hê, het ons waarskynlik lankal 'n volkstaat (of meer) gehad. Dat ons nog nie 'n volkstaat het nie, is miskien afdoende bewys dat dit heelwat moeiliker is as wat die voorstanders daarvan probeer voorgee.

Waaroor gaan dit?

In Suid-Afrika, soos in elke ander staat in die wêreld, gaan dit oor politieke mag. Politieke mag beheers elke faset van die staatsorde. Die Blankes en meer spesifiek die Afrikaners (as die een volk wat die Blankedom gedryf en verteenwoordig het) se regte op die RSA is internasionaal erken. Ons het 'n historiese aanspraak en reg op Blank Suid-Afrika. Die demografiese werklikheid van vandag kan veel anders lyk oor ‘n paar jaar gegewe dit wat tans in ons land ontplooi.

Wat nou nodig is, is nie om volkstate uit te roep nie, maar om eendrag binne ons geledere te bewerkstellig oor die feit dat hierdie bestel verwerp moet word, juis omdat dit onwettig is! Suid-Afrika moet opgeëis word deur 'n proses van opbouende verset (soos ná 1877) wat, indien die tyd daarvoor ryp is, die Afrikaner weer in staat sal stel om sy mag oor Suid-Afrika te vestig. Dit sal begeesterend inwerk op alle Blankes wat weer in 'n vrye onafhanklike staat wil bly.

Meeste burgers van die drie Baltiese state het in die 1980's, toe almal gedink het die Kommunisme is onaantasbaar, moedeloos gevra hoe dit moontlik gaan wees om die politieke mag aldaar te bekom. In 1989 en daarna was die val van Kommunisme in die USSR nie net skouspelagtig nie, maar vir meer as net hierdie drie state bevrydend.

Politieke mag (ook in ‘n volkstaat) word deur stryd bekom. En strydlustigheid ontkiem in 'n gees van verset. Enkele veldslae in 'n paar maande staan vandag as die Eerste Vryheidsoorlog bekend. Nie eers Paul Kruger het in Desember 1880 kon dink dat die Boere op 27 Februarie 1881 weer vry sou wees nie.

Ons kan nie en mag nie met 'n onwettige regering onderhandel oor ons land nie. Ons kan ook nie enige gebiede van ons land afstaan waarvoor ons voorouers bloed, sweet en trane geoffer het in ruil vir die utopia van 'n volkstaat nie. As Pretoria ons begeester as hoofstad van ons staat, dan tog sekerlik ook ons eie land, die Republiek van Suid-Afrika?

Slotsom

 

Dit is lankal reeds voorspel en moet maar net elke keer herhaal word: Ons sal as Afrikanervolk nie vreedsaam die mag in ons eie land (waarby ingesluit is in ‘n volkstaat) herwin nie. Die magte wat teen ons opgestel is begeer ons uitwissing. Hulle gebruik die Swartes daarvoor en dit is hulle wat telkens in die Swartes se ore fluister oor die “onreg van die verlede”. Onderhandeling met sulke magte (en sulke pionne) is tot mislukking gedoem.

 

Wanneer die geweld in alle erns uitbreek in hierdie land sal ons nie vanuit ‘n “kerngebied” of volkstaat onsself moet verweer en verdedig nie, maar vanwaar ons ons ookal bevind op daardie stadium. Om ons te bewyer vir selfwerksaamheid (soos wat baie volksgenote nou doen), is ‘n eerste stap om onsself te bevry van die juk en die bande van slawerny. Om as groepe in verskeie gebiede saamgebind te wees het beslis ook voordeel in sulke toestande. Daarby moet ons paraat word en bly, en soos die voorbeelde van onlangs, dade van lydelike verset beplan en doen om die geesdrif onder ons volksgenote aan te wakker.

 

Die aanskouingsles van Afrika is omvangryk. Een daarvan is dat swart state misluk. Daardie mislukkings gaan bykans altyd met geweld gepaard. Ons sal wanneer dit gebeur na die Republiek as geheel moet kyk en vanuit ‘n magsposisie weer grense vir elke volk in hierdie land moet trek. Ja, ook vir ons eie volk.