Media

APARTHEID EN GRONDGEBIED

Apartheid is nie ‘n idee nie en gevolglik nie ‘n ideologie nie. Die beleid van apartheid het gespruit uit die ervaring wat die Blankes in hulle aanraking met die anderskleuriges in Suid-Afrika gehad het. Dit was dus gebaseer op die werklikheid. Telkens wanneer Blankes kontak met ander volke in Suid-Afrika gemaak het, is gevind dat skeiding die beste opsie is om vrede tussen die onderskeie volke in Suid-Afrika te bewerkstellig en te bewaar. Dit was die gevolg van harde realiteite wat deur die Blanke pioniers in hierdie land ervaar is dat skeiding ingestel is tussen Blank en Swart.

Hierdie leef ervaring het die Blanke ook tot die besef gebring dat die Blanke geroepe is om as afsonderlike groep in hierdie land voort te bestaan. Daarbenewens is besef dat vermenging ook verbastering, verworwing van kultuur, en uiteindelik, die uitwissing van die Blanke tot gevolg sou hê. Die gevoel tot skeiding was ‘n natuurlike impuls wat deur Blanke voorouers beleef is en was nooit gedwonge of geforseerd nie.

 

Toe die Voortrekkers die binneland van Suid-Afrika ingetrek het, is hierdie realiteit nogeens ervaar en is die proses van skeiding gehandhaaf en uitgebou. Wanneer die Voortrekkers dan gebiede beset het, het dit met hierdie besef en teen hierdie agtergrond geskied. Maar anders as in byvoorbeeld Amerika en Australië, wat eenvoudig deur ‘n beleid van verowering en uitdelging, dit wil sê deur offensiewe optrede gebiede bekom het, het die Voortrekkers gebiede beset wat óf aan niemand behoort het nie (die sogenaamde terra nullius), óf deur ooreenkoms verkry is. Bewyse hiervan bestaan in oormaat. Talle geskiedskrywers wys daarop dat groot gedeeltes van die binneland ontvolk was (as gevolg van die Difaqane) toe die Voortrekkers dit geokkupeer het. Ander gebiede is verkry uit hoofde van ooreenkomste (wat as bindende verdrae beskou kan word) ingevolge waarvan gebiede aan die Voortrekkers oorgedra is. Vir een so ‘n gebied moes Voortrekkers, nadat die verdrag vir die oordrag van daardie gebied onderteken is, barbaars vermoor word.

 

Wanneer dit derhalwe gekonstateer word dat hierdie land Blanke land is, is dit nie ‘n leë politieke slagspreuk nie, maar ‘n frase wat gerugsteun word deur die volkeregtelike wyses van die verkryging van grondgebied. Selfs vandag nog word hierdie wyses van verkryging van grond internasionaal erken, alhoewel verowering nie meer (amptelik) erken word nie.

 

Nou is dit so dat hierdie land egter in 1994 aan die kommunisties-beheerde ANC-regime oorhandig is. Die vraag is derhalwe of hierdie land steeds as Blanke land beskou kan word.

 

Effektiewe beheer van grondgebied

 

Ten opsigte van die eise wat bestaan op grondgebied, bestaan daar verskillende kategorieë waaronder hierdie eise hanteer kan word. In die eerste plek is daar die kategorie wat bekend staan as effektiewe beheer. Effektiewe beheer beteken die onbetwiste administrasie van die land en sy bevolking. Dit word normaalweg as die sterkste faktor beskou wanneer beslis moet word wie in beheer van sodanige grondgebied is. Ook in die Internasionale Reg speel effektiewe beheer feitlik deurgaans en sonder uitsondering die deurslaggewende rol. Effektiewe beheer beteken die deurlopende administrasie en effektiewe okkupasie van die land. Sedert 1994 is die ANC in effektiewe beheer van die land en neem hy politieke besluite wat die totale grondgebied van die land raak. Politieke gesag het effektiewe beheer daargestel. Die konsekwensie van die NP-oorgawe in 1994 was dus ‘n groot terugslag vir die Blanke se aanspraak op die grondgebied van Suid-Afrika en kan op die lange duur fataal wees.

 

Wanneer mense dus aangespoor word om hulle los te maak van die huidige bestel en hulle eie strukture op te rig, is ‘n belangrike stap geneem om, minstens ten opsigte van die Afrikaner (of ‘n groot gedeelte daarvan), beheer ten opsigte van die toekoms van die Afrikanervolk, in eie hande te plaas. Ook om hierdie rede is deelname en voortgesette deelname aan die bestel futiel.

 

Historiese eise op grondgebied

 

Benewens effektiewe beheer is daar die eis op grond van ‘n geskiedkundige basis. Historiese eise stel die grootste emosionele basis van alle eise ten opsigte van grondgebied daar, aangesien dit te doen het met die geheue en verwagtinge van ‘n volk en aangesien geskiedenis sentraal staan in die self-identiteit van ‘n volk. Alle historiese eise is gebaseer op prioriteit of langdurigheid. So sal ontdekking die sterkste saak daarstel vir prioriteit en sal die besetting en beheer van ‘n  grondgebied vir ‘n langdurige tydperk ‘n baie sterk historiese basis daarstel.

 

Die bepaling van prioriteit word selde teruggevoer na die begin van die geskiedenis. Dit  word eerder teruggevoer na die beginpunt van die huidige twis oor ‘n bepaalde grondgebied. Die Blanke se eis op die grondgebied van Suid-Afrika is steeds gefundeer op historiese gronde uit hoofde van die besetting van die gebied en die langdurige effektiewe beheer wat daaroor uitgeoefen is. Veral ten opsigte van die Boere-Republieke en veral dan die gebiede van Transvaal en die Oranje-Vrystaat maak die feit dat hierdie gebiede regmatig geokkupeer en deur oordrag bekom is, die historiese eis op hierdie gebiede feitlik onaanvegbaar. Die feit dat hierdie republieke boonop bereid was om in ‘n oorlog betrokke te raak ter wille van die behoud daarvan, het die historiese eis op hierdie gebiede verder verstewig.

 

Wanneer ‘n volk boonop ‘n gebied as sy “tuisland” sien, synde dit gebaseer is op prioriteit en die langdurigheid van die besetting van die gebied, ontstaan daar ‘n simbiose tussen die volk en die grond. Die volk en die grondgebied word een. So word die grondgebied ‘n onmiskenbare deel van die volk se self-identiteit. In hierdie verband kan gedink word aan die voorbeeld van die Jode in Palestina. Die Jode (ongeag die geregverdigde kritiek wat teen hulle gelewer kan word) wou geen ander grond hê as dié in Palestina nie, ongeag wie dit geokkupeer het, en ongeag die hindernisse op die pad daarheen (“defying all odds”). Dieselfde geld vir die Afrikaner. Die Afrikaner sal waarskynlik geen aantrekking vind in gebiede wat nie (minstens) dele van die eertydse Transvaal en die Vrystaat sal insluit nie.

 

Deelname aan die huidige bestel is dus ook ‘n erkenning van die regmatigheid van die ANC se historiese aanspraak op grondgebied wat nog altyd as die grondgebied van die Blanke beskou is. Dit versaak die historiese eis van die Afrikaner. Wegvlug (of toevlug) na ‘n ander deel van die land of die wêreld is eweneens ‘n afstanddoening van die historiese aanspraak van die Afrikaner en ‘n erkenning van die ANC se aanspraak.

 

Ander eise op grondgebied

 

‘n Verdere kategorie van eise (wat verband hou met die historiese) is daardie wat gebaseer is op die groepsgevoel of samehorigheidsgevoel van die volk. Dit word ook gedefinieer  as die “nasionaliteit” synde ‘n gevoel van die volk in ‘n bepaalde gebied dat daardie volk lojaliteit, nie net teenoor mekaar het nie, maar ook ‘n lojaliteit het jeens die grondgebied. Die volk voel algaande dat sy wortels in daardie gebied geplant is en dat hy op geen ander plek sal aard en op geen ander plek sal groei as net in daardie gebied nie. So kon Afrikaners nie Afrikaners bly in Argentinië nie en sal hulle dit ook nie kan bly in Australië of enige ander plek in die wêreld nie.

 

Daar is ook verdere kategorieë van eise ten opsigte van grondgebied wat nie hier bespreek sal word nie. Dit sluit in die territoriale integriteit wat ‘n gebied verkry en ingevolge waarvan ‘n volk voel dat die integriteit van sy gebied nie geskaad moet word nie, ekonomiese eise wat insluit dat daardie gebied vir hom ‘n ekonomiese voordeel inhou, ensomeer.

 

Apartheid as fundering

 

Terwyl die feite dus vanself spreek dat hierdie land Blanke land geword het, moet ook kennis geneem word van die feit dat dit gedoen is met die besef dat dit deur elke moontlike maatreël Blanke land sal moet bly. Die realiteite van Afrika met magshonger Swart hordes moes verreken word. Daarom het apartheid neerslag in wette gevind. Ook wette wat Blanke grondgebied gereserveer het vir die Blanke. Deurgaans was daar die besef dat weens die feit dat die Swarte aantrekking gevind het in, en rondom, die werksplek van die Blanke (en dan ook te maklik deur die Blanke geakkommodeer is), daar nie aan die Swarte permanent verblyfreg in Blanke gebied gegee kon word nie. Dr Verwoerd het dit sy erns gemaak om die proses van skeiding te versnel. Die (meerderheid) teenwoordigheid van Swartes in Blanke gebied, ongeag die feit dat alternatiewe maatreëls getref is om aan hulle aparte maar gelyke regte op van die vrugbaarste grond in Suid-Afrika te gee, het aan die internasionale gemeenskap die stok gegee om die Blankes mee te slaan. Uiteindelik is die Blanke se beleid van leef en laat leef (en veral toe die politieke mag in die ruggraatlose John Vorster en sy opvolgers gesetel het) verdoem as sou dit ‘n sonde teen die mensheid was.

 

Historiese verantwoordelikheid

 

Die Afrikaner het hom uit hoofde van ‘n historiese verantwoordbare eis ten opsigte van die grondgebied bekend as Blank Suid-Afrika geïdentifiseer met hierdie land. Dit is gedoen in die besef van sy afsonderlikheid; om apart te wees. Dit is vir die Afrikaner onmoontlik om as volk op enige ander gebied in die wêreld voort te bestaan as in Suid-Afrika. Soos die Mopanie van Ellisras om die dood nie sal groei in Kaapstad nie en die Kameeldoring eintlik maar net eie aan die Kalahari is, so aard die Afrikaner in sy tuisland, sy geboortegrond - sy land van son en veld. Hierdie gebied (land) word deur Afrikaners beskou as die opgegaarde stof van sy voorvaders waar sweet en bloeddruppels van derduisende mense lê, met grafte en monumente wat deurgaans die herinnering is van wat opgeoffer is vir hierdie land, van berge en riviere wat gedoop is deur die bewoners daarvan; wat een geword het daarmee - wat ons uiteindelik met reg kon laat uitroep: Hierdie land is ons land!

 

Hierdie gebied kon alleen beskerm word indien maatreëls in plek gestel was om die Afrikaner se aanspraak op hierdie gebied te bevestig. Dit is gedoen deur apartheidswette en deur nie die stemreg aan Swartes in sogenaamde Blanke gebied te gee nie.

 

Politieke mag

 

Ons het kennis geneem hoe Blankes in Zimbabwe eenvoudig van hulle plase weggejaag word. Hulle het geen heenkome nie en het ook geen vergoeding vir hulle eiendom verkry nie. Hulle is vreemdelinge en bywoners in hulle eie land. Sam Nujoma wou dieselfde doen in Namibië. Hy sê dat dit onaanvaarbaar is dat soveel Blankes (en ook buitelandse Blankes) eiendom het wat eintlik “ongebruik” daar staan. Môre sal Zuma en Malema ook argumenteer dat die strandhuise van Blankes vir elf maande van die jaar ongebruik staan; dat dit deur Swartes bewoon moet word. Die “ongebruikte”’ dele van Blankes se erwe of plase is tans reeds in die spervuur.

 

Die politieke mag in ‘n land is alles. Daarom is politiek die kroonrat van ‘n volk se bestaan. Daarom moet mense wat Afrikaners uit die politiek wil hou berispe word. Hulle verkondig ‘n illusie dat politiek misluk het en ons ons weg moet soek in ander oplossings. Ook daardie Afrikaners wat hulle tot die huidige bestel wend, is besig om die eis op grondgebied vir die Afrikaner in Suid-Afrika prys te gee.

 

Waar die Afrikaner nou effektiewe beheer oor hierdie gebiede verloor het, sal daar deurgaans druk op die geheue van die volk geplaas moet word, ten einde hulle te herinner aan die Afrikaner se reg op hierdie land. Dit moet gedoen word deur buite hierdie bestel te verkondig dat ons ons eis op hierdie land nie laat vaar het nie. Dit gee aan ‘n politieke organisasie of -party geloofwaardigheid.

 

Die eis op Blank Suid-Afrika moet weer in ons volk se ore weerklink sodat dit sal oorgaan van ‘n historiese eis na een van effektiewe beheer!